

SÓ
gesels besoekers
en kie oor NAMPO Kaap
“E
k wil eers die Kaap sien,” is die
Afrikaanse idioom wat beteken
dat ek eers wil gaan reis, die
wêreld sien”. Dit is presies wat
produsente, verskaffers en besoekers aan
die eerste NAMPO Kaap sê ná hul ervaring
van dié eerste streekskou.
Produsente
Salo en Kiley Poggenpoel, Sandfontein,
Albertinia:
“Ons is baie tevrede. Lekker baie
landbougoed. Ons sal meer bees en skaap
wil sien. Die juweliersware en die huisgoed
is baie oulik.”
Jan Schoonwinkel, Swellendam:
“Ek is
regtig beïndruk. Die stalletjies is van baie
hoë gehalte.”
Johan Bester, Swellendam:
“Die verbe-
teringe is puik teenoor wat ons die laaste
jaar of so gehad het.”
Taaiman Jongbloed, Limpopo (Elsenburg-
student):
“NAMPO Kaap is ’n mooi plek. Ek
het baie
drones
gesien, wat my interesseer.”
CD du Toit, Riversdal en Napier:
“Dis die
regte ding. Ek is bly dat die boere die ding
doen. So jammer dat oom Neil (Gilliomee)
dit nie kan beleef nie. Ek plant as dit NAMPO
op Bothaville is, so dit is ideaal.”
Schalk Rabe, Limpopo (Elsenburg-
student):
“Dit is puik. Al die produkte op
een plek en die mense sê vir jou als wat jy
wil weet.”
Uitstallers
Driaan Swarts, JD Implemente, Swellen-
dam:
“Ons is baie tevrede. Baie goeie
voete en navrae. NAMPO se naam het baie
bygedra. Ons gaan definitief terug wees.”
Kevin Robertson, Bester Graan en Voere:
“Dit is die beste en mees positiewe
ontvangs. As jy dit saam die beste doen, is
die netto effek puik. Dit kan net beter raak.”
Edmund Beukes,
Landbouweekblad:
“Dit is
baie beter as wat ons ooit verwag het. Kyk
net na al die voete. Interaksie met lesers is
onmeetbaar. Uitstekend om kennis te deel.”
James Jackson, Bester Graan en Voere,
Heidelberg:
“Baie, baie goed. Besoe-
kersvriendelik, netjies met breë loopplek.
Dit is fantasties om die getalle te sien.”
Roderick Julies, Outpost Trading:
“Dit is
ongelooflik. Die uitstallers en die tegnolo-
gie maak dit die moeite werd.”
Jacques Louw,
Radio Overberg
:
“Wat ’n
wonderlike ervaring. Uit die boeke uit. Ons
is bly dat ons deel hiervan was. Uitsteken-
de reëlings. Baie professioneel. Om in
die Nedbank-medialokaal te werk en ons
stemme te kon laat rus, was spesiaal. Ons
voetspoor gaan verseker nou wyer loop.”
Hugo Lochner,
Plaas Media
:
“Hier’s ’n
saligheid onder almal wat by die reëlings
betrokke was. Almal het vrede. Die getalle
en ondersteuning oortref verwagtinge.
Die gees is positief en die uitstallers het
baie moeite gedoen. Baie produsente het
nie geweet wat om te verwag nie en is
stomgeslaan oor wat hulle hier kry. Die
groen matte in die BKB-uitstalsaal en die
netheid van die terrein beïndruk. Mense
in en van buite landbou is beïndruk met
die vlak van tegnologie wat hier is. Daar is
sprake dat die vrugte- en die wynbedryf in
2019 gaan inkom en ek dink hier is ruimte
vir die vragmotor- en die konstruksiebedryf.”
Besoekers
Albert en Edith Hansen, Montagu:
“Ons
geniet dit werklik. Puik uitstallings. Die mooi
klere roer my vrouehart.”
Stones Fourie, Struisbaai:
“Ek is beïndruk.
Hierdie is nommer een!”
Jacobus en Philip Viljoen, Paarl:
“Dit is ’n
uitstekende skou, baie goed gereël.”
Karen Joubert, Port Owen:
“Dit was
amazing
, baie oulik. Asemrowend is die
woord. Die klein donkies en miniatuur perd-
jies is absoluut oulik.”
Marilize de Kok, Bredasdorp:
“Dit is
uitstekend. Die Vroueprogram en die
vrouestalletjies staan uit. Gaan voort en bou
uit.”
Charné Sauerman, Stilbaai:
“Ek dink
NAMPO Kaap is ’n fantastiese plek met
lekker baie diere om te sien. Hier is nog nie
genoeg vir vrouens nie.”
Danie Fourie, Napier:
“Fantasties – alie pad.
Dit lyk net beter en mooier. As ek die Bybel
kan oorskryf, sal ek nou die stukkie oor ‘Jy
mag nie begeer nie’ uitlaat...”
Tinus Swart, Bredasdorp:
“Hoor hier, dit is
uitstekend. Ek is nou 35 jaar op Bredasdorp.
Dit is die beste ooit.”
11
January 2019
GRAAN SA
Terugblik op NAMPO Kaap
JAN GREYLING,
SA Graan/Grain
medewerker