

salueer vir oom Vic
’n
Groot gees in die graanbedryf,
mnr Vic Mouton (74), is op
2 November 2018 na ’n kort
siekbed oorlede.
“Oom Vic het sy lewe aan die graanbedryf
gewy,” het mnr Neels Ferreira (voormalige
voorsitter van Graan SA) aan
SA Graan/
Grain
gesê. “Hy het sy lewe opgeoffer
vir georganiseerde landbou – eers die
mieliebedryf en later Graan SA en baie
motorkarre agter sy medeprodusente aan
opgery.” Ferreira onthou hom as ’n wyse
man wat altyd probeer het om konfronta-
sie te vermy en geskille op ’n ordelike wyse
op te los.
Hy was in 1995 en 1996 visevoorsitter
van die destydse Nasionale Mielieprodu-
sente-Organisasie (NAMPO) en voorsitter
van die Mielieraad vanaf 1996 tot en
met die finale afsluiting van die raad op
31 Julie 2009. Volgens mnr Leon du Plessis
(L&L Landboudienste) was oom Vic in-
strumenteel tot die finale besluite oor die
bepalings van die Mielietrust-akte, die
oordrag van die raad se laaste bates aan
die trust en die Suid-Afrikaanse Graan
Laboratorium asook die finalisering van die
raad se werksaamhede.
Oom Vic was op die eerste gekose hoof-
bestuur van die Graanprodusente Orga-
nisasie (GPO) tydens die stigtingskongres
op 10 Junie 1999 op NAMPO Park. Hy was
tot 2003 ’n hoofbestuurslid van Graan SA,
waaronder ook ‘n dagbestuurslid van die
organisasie, en was vanaf 2003 tot 2009
’n gekoöpteerde lid tot die Hoofbestuur.
Hy was die eerste voorsitter van Graan SA
se Bedryfsheffingkomitee en volgens
Ferreira het oom Vic en die komitee baan-
brekerswerk met die insameling van die
vrywillige heffing gedoen. “Die heffingsin-
komste dra tot vandag toe in ’n groot mate
by tot Graan SA se voortbestaan en sukses.”
Dié strydros van die graanbedryf was
ook van 2001 tot 2005 voorsitter van die
NAMPO Oesdag. By Kongres in 2010 het
Graan SA ’n spesiale toekenning aan oom
Vic gemaak vir sy betrokkenheid en posisies
beklee in georganiseerde landbou.
“Ons wil ook graag hulde bring aan sy vrou,
Drizette, en sy vier kinders en hulle bedank
dat hulle hul man en pa afgestaan het om
vir die saak van die graanprodusent in
te tree,” het Ferreira gesê. Die huidige
Graan SA-voorsitter, mnr Jaco Minnaar
en die vorige vyf voorsitters van NAMPO/
Graan SA (mnre Cerneels Claassen, Japie
Grobler, Bully Botma, Neels Ferreira en
Louw Steytler) het oom Vic se begrafnis as
’n finale eerbetoon bygewoon.
GRAAN SA
In memoriam
ESTIE DE VILLIERS,
redakteur,
SA Graan/Grain
Oom Vic Mouton,
met wie dit altyd
“
goed genoeg
”
gegaan het.
Sponsors
provide
mill, thresher
and spreader
Thanks to the kind sponsorship of
Piet and Helena Roets from Africa
Implements (who donated a hammer
mill and maize threshing machine)
and Michris Janse van Rensburg from
Backsaver Farming Equipment (who
sponsored a fertiliser spreader):
Jenette Shoba’s workload on the farm
has been made a lot easier.
Jenette, on the far right, is the 2018
Grain SA/Absa/John Deere Financial
Subsistence Farmer of the Year. With
her at the Africa Implements’ maize
thresher are some of the Mpumalanga
farmers who shared in the excitement
of her success on the Day of Celebration
in September 2018. Her mentor, Jerry
Mthombothi, is second from the left.
– Louise Kunz,
SA Graan/Grain
editorial
team