

GRAAN SA/SASOL FOTOKOMPETISIE
#
Lief
Boerdery
Amateurfotograwe het vanjaar die geleentheid om deur hulle unieke foto’s te wys hoekom hulle so lief is vir
boerdery...
#LiefBoerdery
. Is dit die reuk van nat grond na ’n bui reën of dalk groen koringare wat in die wind
roer wat jou hart vinniger laat klop? Dalk ’n pienk sonsondergang oor die familieplaas wat aan jou
hartsnare pluk? Of wanneer jy na ’n pasgebore kalfie kyk of jou seunskind op die trekker dophou wat jou so
#LiefBoerdery
maak?Wys ons jou
#LiefBoerdery
foto’s.
Wen elke maand
Vanaf Januarie 2019 word daar vir twaalf uitgawes ’n wenner deur ’n paneel beoordelaars aangewys. Elke
wenner sal ’n kontantprys van
R1 500
ontvang. Die twaalf finaliste kom in aanmerking vir die groot pryse:
R15 000 (wenner)
,
R10 000
(naaswenner)
en ’n
derde prys
van
R5 000
– met komplimente van Sasol.
KOMPETISIEREËLS
1. Inskrywings moet die tema
#LiefBoerdery
uitbeeld.
2. Slegsamateurfotograwe (ditwilsêpersonewatnie ’nbestaanmaakuitdie
neem van foto’s nie) mag vir die kompetisie inskryf.
3. Die fotograaf moet ’n fotobyskrif, asook sy posadres en telefoonnom-
mer/s, saammet die foto verskaf.
4. Persone op die foto moet geïdentifiseer word (verskaf noemnaam en van).
5. Slegs e-posinskrywings sal aanvaar word. Die foto’s mag nie kleiner as
1 MB of groter as 10 MB elk wees nie – in JPG-formaat.
6. Foto’s wat ingeskryf word, moet uniek wees en nie oor dieselfde onder-
werp handel as foto’s wat vir ’n ander fotokompetisie ingeskryf is nie.
Foto’s wat ingeskryf word, mag ook nie voorheen gepubliseer wees nie.
7. Gemanipuleerde foto’s sal nie aanvaar word nie. Onaanvaarbare manipu-
lasie van foto’s behels in wese die byvoeging van visuele elemente wat
aanvanklik nie in die foto was nie (byvoorbeeld wolke of plantegroei),
asook die uithaal van beeldelemente wat die konteks of tema van die
foto verander (byvoorbeeld ’n onooglike en substantiewe beeldelement
iewers in die foto). Aanvaarbare manipulasie behels die volgende: Die
verandering van die foto se oorspronklike dimensies (
cropping
– gegewe
dat dit nie die konteks of onderwerp verander nie), verstellings aan onder-
beligte of oorbeligte dele (
exposure adjustments
) en verstellings aan die
kleurtemperatuur (die algemene kleurtint van die foto –
colour tempera-
turecorrection
). Indientwyfelontstaanoordiematevanmanipulasie,mag
die beoordelaars versoek dat die oorspronklike, ongemanipuleerde foto
beskikbaar gestel word.
8. Deelnemers kan ’n maksimum van drie foto’s (waarvan die onderwerpe
verskil) per uitgawe inskryf. Indien meer as drie foto’s ingestuur word, sal
die eerste drie foto’s wat ontvang word, vir die kompetisie in aanmerking
geneem word.
9. ’n Deelnemer wat ’n maandwenner is, mag vir die daaropvolgende drie uit-
gawes nie inskryf nie.
10. Fotograwe kan elke maand tot en met die afsnytyd hul foto’s instuur. In-
skrywingswatnádieafsnytydontvangword,salvirdievolgendemaandse
kompetisie in aanmerking kom.
11. GraanSAbehoudieregvooromfoto’swatonduidelik isofnieaandiekom-
petisiereëls voldoen nie, af te keur.
12. ’n Paneel, wat bestaan uit twee professionele fotograwe asook verteen-
woordigers van
SA Graan/Grain
en Sasol, sal die foto’s maandeliks beoor-
deel.
13. Alle inskrywings word die eiendom van Graan SA. Die foto’s sal in ’n data-
bank gebêre word en Graan SA en Sasol mag dit vir toekomstige promo-
sie-, bemarkings- en publikasiedoeleindes gebruik. Deur in te skryf, stem
die deelnemer in daartoe en geen eise van derde partye vir skending van
kopiereg kan ingedien word nie.
14. Werknemers van Sasol, Graan SA of Infoworks mag nie vir die kompetisie
inskryf nie.
6WXXU IRWR·V QD
elmien@infoworks.biz
2QWKRX RP MRX QDDP
SRVDGUHV WHOHIRRQQRPPHU HQ ¶Q E\VNULI YLU GLH IRWR VDDP WH VWXXU
SLUITINGSDATUMs:
terwyl die gemiddeld sedert 1990, 2,7 ton
mielies is. Dit is ’n goeie aanduiding dat die
winsgewendheid van graanproduksie tans
onder enorme druk verkeer, gegewe die ge-
wig wat kunsmis bydra tot ’n produsent se
lopende produksiekoste.
Tyd van aankope
deur die seisoen
Omdat kunsmispryse gedurende die jaar
uitermatig kan wissel, kan die tyd van
aankope ’n reuse verskil in kostebestuur en
wins maak.
Graan SA het uit plaaslike kunsmispryse
sedert 2004 die gemiddelde maandelikse
prys bereken, dit teen die totale jaarlikse
gemiddeld geweeg om ’n indeks te vorm
en dit op ’n grafiek geplot. Hierdie resultate
gee dan vir ons ’n idee wanneer kunsmis-
pryse tradisioneel en/of op ’n gemiddelde
basis op sy hoogste of laagste is. Dié
indeks vir ureum is in
Grafiek 3
geplot,
wat aandui dat op ’n gemiddelde basis,
ureumpryse vroeër in die jaar goedkoper is
as later.
Grafiek 3: Ureum – seisoenale indeks.
Februarie 2019: 24 Januarie
Maart 2019: 13 Maart