

Januarie 2019
14
Tweekolspinmyte op mielies
onder die
ver
groot
glas
M
in produsente besef dat spinmyte algemeen in die
laat seisoen in rypwordende mielies voorkom. Omdat
die plante se blare in hierdie stadium besig is om van
onder af te verbruin, word die teenwoordigheid van die
spinmyte nie opgemerk nie. Omdat daar nie oesverliese ter sprake
is nie, word dit dus geïgnoreer.
As daar egter droogtetoestande is, is myte geneig om te floreer en
probleme is dikwels tot ’n mate aan karige reënval te wyte.
Plantgasheerreeks
Die tweekolspinmyt word wêreldwyd aangetref. Dit is bekend dat
hulle meer as 200 gasheerplante het waarop hul kan voed. Hierdie
spinmytspesie het die wydste gasheerreeks en is die algemeenste
spinmyt ter wêreld. Dit is ’n ekonomies belangrike plaag op baie
gasheerplante, maar is bekend om skade aan te rig aan tamaties,
komkommer, boontjies, rose, katoen, mielies, sojabone, aarbeie en
ornamentele plante.
Beskrywing
Die tweekolspinmyt is ’n mikroskopies klein bruin, strooikleurig
of groen, spinnekopagtige spinmyt met vier paar pote. Sy lyf is
ovaalvormig en aan weerskante van die lyf is daar twee kolletjies
(
Foto 1a
en
Foto 1b
). Die kleure van die spinmyte kan varieer as
gevolg van temperatuur en die mannetjies is kleiner as die wyfies.
Lewensiklus
‘n Tweekolspinmyt se lewensiklus bestaan uit drie verskillende
stadiums: Die eier, nimf en volwasse spinmyt. Die lewensiklus kan
binne tien tot 14 dae voltooi word by temperature van 25°C tot 30°C
en 45% tot 55% relatiewe humiditeit. Indien temperature hoër is
as 30°C kan die ontwikkelingstyd van eier na volwasse afneem na
slegs sewe dae.
Die tweekolspinmyt beskik oor
arrhenotokous partenogenese
:
Dit beteken dat bevrugte eiertjies wyfies sal wees en onbevrugte
eiertjies mannetjies. Alhoewel mannetjies en wyfies dieselfde aantal
ontwikkelingstadiums ondergaan, is mannetjies vir ‘n korter tydperk
in elke stadium as wyfies.
Die geslagsverhouding verskil van tyd tot tyd, maar oor die alge-
meen is die wyfiegetalle altyd meer as die mannetjies s’n. Seisoe-
nale verskille in die geslagsverhouding kan wees as gevolg van wyfies
wat “ballonvaren” kan doen. Dit beteken dat hulle op lugstrome kan
migreer as omgewingsfaktore ongunstig word, terwyl mannetjies dit
nie kan doen nie.
Wyfies lê gemiddeld 38 eiers in totaal, maar kan tot 100 eiers lê in
gunstige omgewings. Hulle lewe tussen drie tot vier weke.
Terwyl spinmyte op ’n nuwe plant is waarop daar nog min skade
aangerig is, is hulle uniformig versprei en in ’n sittende fase. Soos die
blare van die plant begin kwyn en daar ’n afname aan voedingspasie
is, sal die spinmyte na hoër blare beweeg. Sou die plant tot so ’n
mate beskadig wees dat daar geen voedsel oor is nie, sal spinmyte
van die sittende fase in ’n verspreidingsfase oorbeweeg.
Tydens die verspreidingsfase, spin die spinmyte spindrade waarmee
hulle dan oor lang afstande deur die lug beweeg (“ballonvaren”).
Spinmyte kan ook versprei deur te “ryloop” deur op ander organis-
mes te klim en op só ’n manier per ongeluk versprei word.
Die reproduksie van die wyfiespinmyt neem toe soos wat die plant
waarop gevoed word, kwyn. Wyfies wat versprei oor die plant of na
ander plante skuif, beweeg gewoonlik na die blaarare en begin om
’n web te produseer. Eiertjies word gedeponeer onder die web en
nimfontwikkeling vind daar plaas.
Hierdie web vorm die grens van die kolonie en soos die kolonie
groei, word die web groter gemaak. Die web dien ook as ’n habitat
waar die spinmyte beskerm word teen reën, wind en predatore
(
Foto 2
). Indien hierdie web baie dig gespin is, kan dit spinmyte teen
plaagdodertoedienings beskerm.
Spinmyte begin oorwinter as temperature afneem en die daglengtes
korter word. Wyfies of eiers is die algemene stadium waarin
spinmyte kan oorwinter. Tydens hierdie oorwinterende fase word
daar nie gevoed of eiers gelê nie, maar vind die spinmyte skuiling
tussen boombas, grondkluite en afvalblaarmateriaal.
Die oorwinterstadium kom tot ’n einde sodra die daglengtes langer
word en die temperature begin styg. Lae humiditeit kan voordelig
wees vir reproduksie.
OP PLAASVLAK
Simptome / Lewensiklus / Beheer
Geïntegreerde plaagbeheer
DR ANNEMIE ERASMUS,
LNR-Graangewasse, Potchefstroom
AKTIEWES
FORMULASIE
KONSENTRASIE
PRODUKNAAM
L NO
MAATSKAPPYNAAM
Amitraz
EC
200 g/liter
Evict 200 EC
7976 Gouws & Scheepers
(Plaaskem)
Amitraz
EC
200 g/liter
Mitac
4560 Volcano Agroscience
Bifenthrin
EC
100 g/liter
Bifenthrin 100 EC
9125 Sharda International Africa CC
Bifenthrin
EC
100 g/liter
Ramba 100 EC
9899 Villa Crop Protection
Bifenthrin
EC
100 g/liter
Seizer 100 EC
7471 Adama SA
Bifenthrin
EC
100 g/liter
Tempes 100 EC
9946 Universal Crop Protection
Bifenthrin
EC
100 g/liter
Zumba 100 EC
9963 Crop Asure
Propargite
EC
800 g/liter
Comite EC
3230 Cromptom Chemical
* Tabelinligting saamgestel uit
A guide to crop pest management in South Africa
, CropLife, AVCASA
TABEL 1: GEREGISTREERDE PLAAGDODERS VIR DIE BEHEER VAN DIE TWEEKOLSPINMYTE.