

a
fhangende van die gewas, kan
kunsmis tussen 30% en 50% van
’n graan- en oliesadeprodusent
se
lopende
produksiekoste
uitmaak. Omdat kunsmis so
groot deel van ’n produsent se
koste uitmaak, kan die prys daarvan be-
palend wees vir die winsgewendheid van
die gewas.
Anders gesien, kan die verhouding tus-
sen die prys van kunsmis en die markprys
van grane ook ’n aanwyser wees van die
“bekostigbaarheid” van kunsmis. Byvoor-
beeld, sou mieliepryse styg en kunsmis-
pryse konstant bly, sou kunsmispryse meer
bekostigbaar wees. Of sou kunsmispryse
styg en mieliepryse konstant bly, sou
kunsmis relatief “duurder” wees.
Deur na hierdie relatiewe verhouding
te gaan kyk, het Graan SA ’n bekostig-
baarheidsindeks ontwikkel, waar daar op
’n maklike manier gesien kan word hoe
bekostigbaar kunsmis in vergelyking met
die verlede is.
Die bekostigbaarheidsindeks is basies die
verhouding in die prys van ureum teenoor
die mielieprys op ’n gegewe tydstip. Uit
Grafiek 1
kan gesien word dat kunsmis
tans minder bekostigbaar is as in die tyd-
perk tussen 2015 en 2017, asook teenoor
Januarie 2006.
Op ’n ander manier uitgedruk:
Grafiek 2
toon aan hoeveel ton mielies oor tyd nodig
was om ’n ton ureum aan te koop. Die
tendens strook goed met wat gesien is in
Grafiek 1. Die feit wat die langer termyn
grafiek ten toon stel, is dat die verhouding
tussen kunsmis- en mieliepryse oor tyd
verswak het.
Die voorlopige ruilvoet vir die nuwe sei-
soen is 3,4 ton mielies vir ’n ton kunsmis,
Kunsmis tans
relatief
“DUURDER”
as normaal
CORNÉ LOUW,
senior ekonoom, Graan SA
INSET
-oorsig
OP PLAASVLAK
Januarie 2019
18
Grafiek 1: Bekostigbaarheidsindeks.
Grafiek 2: Hoeveelheid mielies nodig om 1 ton ureum te koop.
* Voorlopig