

15
January 2019
Skadesimptome
Tweekolspinmyte voed aan die onderkant van die blare en het steek-
en suigende monddele waarmee sap gesuig word. Hierdie suigaksie
veroorsaak klein kolletjies op die blare wat wit of grys verkleur waar
die blaar gesteek is.
Die spinmyte suig plantsap en in die proses word die epidermisselle
van die blare sodanig beskadig dat die plant uitermatig vog verloor.
Die effek is dus soortgelyk aan dié van droogtetoestande en as ’n
bepaalde omgewing droogte ondervind, kan ernstige verliese binne
een week aangerig word.
Ontblaring, verbruining van blare en selfs die dood van ’n plant kan
die gevolg van spinmytskade wees. Voeding geskied eers op die
onderste blare, maar kan later na hoër plantdele beweeg.
Beheer
Spinmyte is een van die moeilikste plae om te beheer. Slegs
die gebruik van beperkte produkte gee voldoende beheer. Dit
is belangrik dat tydens toediening van plaagdoder die doder só
toegedien moet word dat daar voldoende oppervlakte bedek word,
veral die oppervlak onder die blaar. Die spinmyte is onder die blare
en skuil ook tussen die web wat beheer bemoeilik.
Dit is belangrik om seker te maak dat die doder op die regte plek
toegedien word asook teen die regte druk om klein druppels te vorm
wat die teikenareas effektief sal bereik. Die eiertjies word nie deur
die plaagdoders beheer nie, wat ’n opvolgbespuiting soms nodig
maak.
Die uitbraak van spinmyte kan soms vererger. Dit gebeur wanneer
piretroïde teen laat besmetting van stamboorders toegedien
word, veral as dit onder spilpuntbesproeiing is waar die totale
oppervlakte behandel word en nie net op die ry toegedien word
nie. Piretroïde beheer nie die spinmyte nie, maar vernietig hulle
natuurlike vyande. Omdat die spinmyte vinnig aanteel, lei dit dan tot
bevolkingsontploffings. Produkte wat geregistreer is teen spinmyte
op mielies word in
Tabel 1
gelys.
Die plant is vanselfsprekend besonder vatbaar tydens die periode
wanneer die pitte gevul word. ’n Drumpelwaarde vir die chemiese
beheer bestaan ongelukkig nie. As die pitte egter begin induik of
naby dié stadium is, is dit waarskynlik nie die koste werd om te
beheer nie. Op vroeër stadiums is beheermaatreëls noodsaaklik.
Spinmyte ontwikkel maklik weerstand teen plaagdoders en daarom
is dit baie belangrik om verskillende doders te gebruik. ’n Paar
eksterne faktore kan ook ’n rol speel om die gewas meer vatbaar
te maak vir spinmytskade. Dit sluit in die oormatige toediening van
stikstof, plante wat naby stowwerige plekke soos ’n grondpad groei
en plante wat onder stres verkeer as gevolg van lae vog en hoë
temperature.
Onkruidbeheer is ook belangrik aangesien sommige onkruidspesies
alternatiewe voedselbronne vir spinmyte kan wees. ’n Belangrike
manier van infestasie is deur die beweging van mense, diere en
implemente. Die beweging tussen besmette landerye en onbe-
smette lande moet liefs vermy word. Deur hierdie faktore te probeer
beheer, kan spinmytgetalle afneem.
Dit is van belang om mielielande voortdurend te ondersoek vir
tekens van spinmytprobleme. Onthou om veral aan
die onderkant van blare te kyk. Tree vroegtydig op
voordat spinmytpopulasies onbeheerbaar raak.
Verdere leesstof
Brits, J. 2016.
Tweekolspinmyt op mielies – veral probleem in Noordwes Provinsie
en Noord-Vrystaat
.
SA Graan/Grain
Mei 2016 p 38 - 39.
1a en 1b: Die tweekolspinmyt se lyf is ovaalvormig en aan weerskante
van die lyf is daar twee kolletjies.
2: Spinmyte op mieliebaard.
“
“
Spinmyte ontwikkel
maklik weerstand
teen plaagdoders
en daarom is dit
baie belangrik om
verskillende doders
te gebruik.
1a
2
1b