

Die doelwit van die nuwe maatskappy was die implementering van
inisiatiewe om die kompeterende posisie van die koringprodusent,
wat ’n aandeelhouer van die maatskappy is, te bevorder.
’n Ouditeur van Malmesbury, mnr Chris de Jager, het ’n paar
koringprodusente begin nooi vir gereelde gesprekke oor die pro-
bleme in die koringbedryf en moontlike oplossings daarvoor. Met
die inligting wat tydens die gesprekke versamel is, is daar besluit
om die maatskappy Malmesbury Graanboere Beperk te stig. Na die
eerste finansiële jaar was daar slegs 24 aandeelhouers, maar dit
het gegroei tot 118 aandeelhouers tans.
Malmesbury Graanboere Beperk se aandeelhouers was hoofsaaklik
gekonsentreer in die Swartland-omgewing, maar soos die be-
langstelling gegroei het, is daar uitgebrei na die Suid-Kaap. Die
maatskappy het sy naam gedurende Mei 2010 verander van
Malmesbury Graanboere Beperk na Wes-Kaap Graanprodusente
(Edms) Bpk (WKG) om sodoende die hele Wes-Kaap te betrek. WKG
brei jaarliks uit en hanteer ’n groot gedeelte van die Wes-Kaapse
koringoes.
Slegs bona fide-graanprodusente mag aandeelhouers van die
maatskappy wees en die direksie moet ook bona fide-graanprodu-
sente wees. Die maatskappy het begin met een werknemer en
vandag is daar slegs drie – wat ’n aanduiding is van die lae koste-
struktuur van die maatskappy en die doeltreffende funksionering
met ’n klein personeelkomponent.
Die maatskappy was van meet af suksesvol op beide finansiële en
bedryfsgebied. Die grondslag van hierdie sukses is die integriteit,
vertroue, lojaliteit en respek tussen aandeelhouers, direksie en
bestuur.
WKG volg ’n strategie van lae risiko. Die regte en betroubare
markinligting speel ’n baie groot rol in besluitneming. As ’n produ-
sent wil dobbel, moet hy dit vir sy eie rekening doen.
WKG is nie opposisie vir enige iemand in die mark nie. Die maatskap-
py kan met enige iemand besigheid doen. Hulle verkies egter ko-
pers wat op die dag die beste basis en diens bied met die laagste
risiko.
Met ’n baie lae oorhoofse kostestruktuur is WKG nie winsbejag nie.
Die maatskappy word soos ’n koöperasie bestuur om die missie te
eerbiedig.
WKG het ’n baie goeie verhouding met Graan SA en al die
nodige samewerking word gegee wat tot voordeel van die pro-
dusentaandeelhouer is. Die Graan SA-heffing word gevorder by
alle tonne wat deur WKG hanteer word, tensy ’n produsent skriftelik
kennis gee dat dit nie moet gebeur nie.
Dit is baie duidelik dat die grondslag en sukses van produsent-
gebaseerde ondernemings gebou moet word op vertroue, respek
en dissipline. Die einddoel is om sake vir die produsent te verge-
maklik en toe te sien dat produsente ’n onderhandelingsbasis het
vanwaar besigheid winsgewend gedoen kan word.
Wees ingelig
G
raan SA hou aan die begin van die jaar weer ’n reeks
inligtingvergaderings regoor die land om ons produ-
sente in te lig oor die stand van sake in die graanbedryf
en die pad vorentoe. Die vergaderings begin reeds op
15 Januarie.
Die skedule van die vergaderings word gereeld op Graan SA se
webwerf opgedateer. Gereelde kennisgewings sal ook aan alle
lede gestuur word via SMS en Telegram.
’n Volledige skedule is op Graan SA se webwerf beskikbaar by
https://www.grainsa.co.za/pages/events/regional-meetings.
Graan SA nooi alle lede uit om die vergaderings by te woon.
9
January 2019
DIRK KOTZE,
ledebemarking- en kommunikasiebeampte, Graan SA
Skandeer dié QR-kode of besoek
https://www.grainsa.co.za/pages/
events/regional-meetings
vir
meer inligting oor die logistieke
reëlings rondom die inligtingsver-
gaderings.
1: Die WKG direksie. Agter: Fanie Walters, Michiel Smuts
en Nico Laubscher. Voor: Truter de Kock (ondervoorsitter),
Dirkie Herholdt (voorsitter) en André Kirsten.
2: Reinette Scholtz (adminbeampte), Neels Welman
(bestuurder) en Pieter van Wyk (bemarkingsbestuurder).
1
2