

8
Produsentgebaseerde
maatskappye ondersteun Graan SA
I
n die hedendaagse tye het ’n boerdery ’n besigheid geword
wat kundigheid op alle vlakke verg. Volgens me Lize Morris
(
SA Graan/Grain
, Julie 2018) gebeur dit selde dat een persoon al
die kundigheid het; om jou dus met kundige mense te omring,
het die wagwoord geword. Met dit in gedagte, het daar al heelwat
produsentgebaseerde maatskappye/organisasies ontstaan wat
boerderye help om meer effektief en winsgewend te wees.
Van hierdie produsentgebaseerde maatskappye het die besluit
geneem om die Graan SA-heffingsfonds ten volle te ondersteun en
sodoende ’n bydrae te lewer tot die saak van die graanprodusent in
Suid-Afrika. Graan SA het met drie van die maatskappye gesels en
gee graag erkenning aan hierdie ondernemings.
Wie is van die maatskappye?
VS Groeiersgroep
VS Groeiersgroep is ’n Suid-Afrikaanse maatskappy wat deur
kommersiële produsente in die Vrede en omliggende areas in die
Noordoos-Vrystaat gestig is. Die produsente fokus hoofsaaklik op
graan- en/of veeproduksie.
Hulle het eerstens ten doel om lede (produsente) se insetbehoeftes
te kombineer en as ’n eenheid aankooppryse te onderhandel
met verskillende insetverskaffers. Hierdie gesamentlike onder-
handelinge stel beide groot en kleiner kommersiële produsente in
staat om met gunstige pryse, terme en dienste meer winsgewend
te produseer.
Die groep se verhoudinge met verskaffers is uiters belangrik
en verskaffers word as vennote in die produksieproses beskou.
Tweedens verleen die groep ook bystand met verhandeling van
graan, die aankoop van bates asook korttermyn- en oesversekering.
Derdens word daar gefokus om die lede se ledebelang te belê
sodat die lid in die groei daarvan deel. VS Groeiersgroep is laas-
tens ’n platform waar lede inligting rakende landbousake en akti-
witeite kan deel.
VS Groeiersgroep stel sy lede in staat om op die lang termyn
volhoubaar te produseer en dit skep geleenthede vir produsente
om die waardeketting van hulle produkte te bestuur om sodoende
maksimum voordeel daaruit te trek.
Die groep bestaan slegs uit kommersiële produsente. Huidige
lede bestaan uit 133 geregistreerde entiteite wat 210 produsente
verteenwoordig. ’n Direksie van nege lede – benoem en verkies
uit die lede – bestuur en sien om na die belange van die groep. Die
geografiese ligging van lede het die afgelope twee jaar uitgebrei
en sluit verskeie streke in Suid-Afrika in naamlik Gauteng, Vrystaat,
Noordwes Provinsie, Mpumalanga en Noord-Natal. Dit is gestig
deur produsente en word bestuur deur produsente ten bate van die
produsente.
’n Passie vir landbou, ’n liefde vir lewegewende grond, ’n toekoms-
visie en behoefte aan dienslewering, kwaliteit produkte en
vooruitgang, is wat ’n groep mense jare gelede laat besluit het om
’n droom in werklikheid te omskep.
Platkop Kontrakgroeiers (PKG)
Platkop Kontrakgroeiers (PKG) is in die 1992/1993-seisoen gestig – in
’n kombuis op Rietkuil – maar in vergelyking met waar die maatskappy
vandag staan, was daardie begin maar ’n druppel in die emmer.
PKG is ’n privaat maatskappy waaronder ’n hele groep maatskappye
sorteer onder andere Sonskyn Kunsmis, Sonskyn Handel, Nkulu
Landbouers, Groot XVIII Eiendomme en Groot XVIII Beleggings,
Stanvaal Chemikalieë, PKG Makelaars & Finansiële Dienste en
PKG Presisie Boerdery. Die doel van elkeen is om nog beter in
die behoeftes van ons produsente te kan voorsien en ’n redelike
“eenstopdiens” aan produsente te kan lewer.
Die groep bestaan uit 45 lede – ’n gerekende landbougroep wat
van krag tot krag groei. Dit is hulle strewe om geloofwaardigheid en
integriteit uit te dra en om die nodige orde en dissipline te handhaaf.
Dit is ’n organisasie vir produsente wat vir produsente welvaart
skep. Die produsent se insetadministrasie word so te sê uit sy hande
geneem en hy kan fokus op sy boerdery. Hul administrasieproses
is eenvoudig, redelik foutloos en deursigtig en vorm deel van die drie
bene naamlik finansiering, bemarking en versekering.
Wes-Kaap Graanprodusente
Na die deregulering van die koringbedryf in die 1990’s is die Wes-
Kaap se koringprodusente oorgelaat aan die onbekende van die
vryemark. Daar is ’n maatskappy gestig wat die produsente se
koring in die vorm van ’n eenkanaal-sisteem bemark het. Na ’n
onaangename ondervinding met dié maatskappy is daar besluit om
’n ander maatskappy te stig wat na die belange van koringprodusente
as aandeelhouers se bemarking van hul produk omsien.
ALZENA GOMES,
skakelbeampte, Graan SA
LEDE-LANDSKAP
‘n 180°-blik op ons lede en tak-akt iwiteite
DIRK KOTZE,
ledebemarking- en kommunikasiebeampte, Graan SA
Januarie 2019