Previous Page  37 / 68 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 37 / 68 Next Page
Page Background

a

lhoewel die produksie van

grondbone en kanola laer is in

vergelyking met die meeste an-

der gewasse wat in Suid-Afrika

geproduseer word (oppervlakte-

en produksiegewys), is dit tog

belangrike gewasse vir produsente in dié

streke waar dit verbou word. Boonop het dit

’n tweeledige doel.

Eerstens speel dit ’n belangrike rol in di-

versifisering. Produsente plant dit ook as

alternatief vir ander gewasse om aspekte

soos prys- en produksierisiko met die plant

van ’n verskeidenheid gewasse te versprei.

Die volgende belangrike aspek van veral

kanola is dat dit vir wisselbou in die Wes-

Kaap aangewend kan word.

Wisselbou is uiters belangrik vir dié pro-

dusente en kanola speel as oliesaad ’n

beduidende rol in dié winterreënvalstreek

omdat dit in afwisseling met graangewasse

in ’n rotasiestelsel geplant word.

Kanola

Internasionale mark

In die internasionale konteks van kanola-

en raapsaad is die verwagting dat die

wêreldproduksie vir die 2018/2019-seisoen

ongeveer 5,4% laer as die vorige seisoen

se produksie behoort te wees. Die grootste

produksieverliese vir die seisoen word in die

EU, Australië, Kanada en Indië gerapporteer.

Alhoewel die verwagte produksie vir die

2018/2019-seisoen in Rusland, die Oekraïne

en die VSA hoër as die vorige seisoen se

produksie geskat word, sal dit nie genoeg

wees om die verliese in die ander lande

op te maak nie. Die produksie vir die

2018/2019-seisoen word ook as die laagste

wêreldproduksie vir die afgelope vier jaar

gerapporteer, maar die beginvoorraad vir

die 2018/2019-seisoen is aansienlik hoër

as dié van die vorige seisoene. Dit het

grootliks opgemaak vir die laer produksie

wat gedurende die 2018/2019-seisoen ge-

realiseer het.

Die totale wêreldverbruik vir die 2018/2019-

seisoen word op 61,81 miljoen ton geskat.

Dit is redelik in lyn met die vorige seisoene

se verbruik. Die verwagte toename in

verwerking wat in Rusland, die Oekraïne,

Kanada en China verwag word, sal na

die afname in die EU se verwerking vir

die seisoen die syfer weer in lyn met

wêreldverbruik bring.

Tabel 1

toon die wêreldvraag en -aanbod

van kanola en raapsaad oor die afgelope

vier seisoene. Ten spyte daarvan dat die

eindvoorraad vir die seisoen laer as die

vorige seisoen s’n sal wees, is dit steeds

redelik in lyn met die vorige seisoene se

eindvoorraad.

Plaaslike mark

Grafiek 1

is ’n grafiese voorstelling van

die plaaslike vraag-en-aanbodsituasie van

kanola sedert die 2000/2001-seisoen tot en

met die 2018/2019-seisoen. Uit die grafiek

kan ons aflei dat die plaaslike produksie

oor die algemeen genoegsaam is om in die

plaaslike verbruik van kanola te voldoen.

Die plaaslike produksie en verbruik was

oor tyd besonder naby aan mekaar – wat

beteken Suid-Afrika produseer genoeg

kanola vir die plaaslike verbruik. Sedert die

2015/2016-seisoen het die plaaslike verbruik

die plaaslike produksie oorskry.

Wanneer die totale beskikbare voorraad in

ag geneem word (dit sluit oordragvoorraad

en invoere in), is dit duidelik dat die plaaslike

voorraad genoeg is om aan die plaaslike

verbruik te voorsien.

35

February 2019

FOKUS

Kanola

Mini-

LUAN VAN DER WALT,

landbou-ekonoom, Graan SA

GRAANMARK

-oorsig

15 Januarie 2019

Grondbone en kanola:

Wat gebeur in dié markte?

2018/2019*

2017/2018

2016/2017

2015/2016

AANBOD

MILJOEN TON

Beginvoorraad

8,41

6,25

6,26

6,07

Produksie

62,9

66,52

63,22

64,25

Totale aanbod

71,31

72,77

69,48

70,32

VERBRUIK

Gepers

62,46

61,78

60,86

61,71

Ander verbruik

2,35

2,58

2,37

2,35

Totale verbruik

64,81

64,36

63,23

64,06

Eindvoorraad

6,5

8,41

6,25

6,26

Eindvoorraad

vir verbruik

10,0%

13,1%

9,9%

9,8%

Bron: Oilworld

* Skatting

TABEL 1: WÊRELDVRAAG EN -AANBOD VAN KANOLA EN RAAPSAAD.