Previous Page  34 / 68 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 34 / 68 Next Page
Page Background

S

outhern Oil (SOILL) is geleë op Swellendam en is die

plaaslike leier in kanolaverbouing asook in die produksie

van kanola-olie en het boonop die grootste kanolasaadpers

in Afrika. Aan die begin van 1993, met die maatskappy se

stigting, is landbou in die provinsie omvorm met die doel om werk

te skep en aan produsente ’n alternatiewe inkomstestroom in die

groeiende kanolamark te bied.

Dit is goeie nuus vir plaaslike produsente dat die Suid-Afrikaanse

middelklas die groei in gewildheid van kanola-olie bevorder en ’n

geleentheid in die ekonomie skep om die plaaslike kanolamark te

vergroot.

Volhoubare landbou vir beter produksie

Die maatskappy werk hand-aan-hand met ’n netwerk van meer as

600 produsente. ’n Toegewyde landbouspan reis van produsent

tot produsent en verleen hulp ten einde die beste graanopbrengs

te verseker. Op hierdie wyse het ons goeie verhoudinge met die

produsente opgebou en groei dit steeds – danksy daaglikse kontak

en ware omgee op professionele sowel as persoonlike vlak.

Volhoubare en etiese landbou is die kern van ons visie. SOILL is

aan die voorpunt van positiewe, vooruitstrewende verandering

in die landbousektor in Suid-Afrika – danksy die ontwikkeling en

implementering van ’n program wat volhoubare landbou dryf.

Behendige, koste-effektiewe en

herhaalbare vervaardiging

SOILL se vervaardigingsproses, wat die verskaffing van volume en

kwaliteit soos vereis deur plaaslike sowel as internasionale kliënte,

kan lewer, is gevorm deur deurlopende analise en verbetering

van produksie. Vervanging en uitbreiding van belangrike apparate

het gelei tot ’n fabriek wat tot 500 ton kanola- en soortgelyke saad

per dag kan verwerk. SOILL is ’n alles-in-een-verskaffer van pers-,

ekstraksie- en verwerkingsdienste van kanola.

Ons is in staat om ’n wye verskeidenheid van verpakte produkte te

voorsien, wat onder andere insluit: Kook-, slaai- en diepbraaiolies,

baksproei, mayonnaise, toebroodjiesmere, asook slaaisous. Pro-

dukte word vir beide die kleinhandel- en voedseldiensindustrie

verpak. Verder is die maatskappy ook ’n leier in die verskaffing van

olie in grootmaat. Hulle kan die volgende olies voorsien: Kanola-,

mieliekiem-, druiwepit-, olyf-, sonneblom- en sojaolie. Olies is be-

skikbaar as rou-olie, koud-geperste of geraffineerde olie en kan na

spesifikasie gemeng word.

Kwaliteit is koning

SOILL is toegewyd daaraan om konstant, hoëkwaliteitprodukte,

wat veilig vir menslike gebruik is, te vervaardig. Dit word bereik deur

die implementering en instandhouding van ’n voedselveiligheid- en

kwaliteitstelsel, wat die behoeftes van die kliënt eerste stel en wat

gebaseer is op die skepping van ’n kultuur, houding en organisering

wat kwaliteit nastreef.

Die maatskappy voldoen aan die FSSC 22000-stelsel, ’n metode

waardeur die blootstelling aan voedselgevare in die voedsel-

verskaffingsketting ter wille van menslike gesondheid gemini-

maliseer word. SOILL doen meer as 50 000 kwaliteitstoetse per

jaar en volg beide statutêre en regulatoriese vereistes sowel as die

voedselveiligheidsvereistes van kliënte.

Met ’n opwindende paar jaar wat vir hierdie voortdurend-groei-

ende besigheid voorlê, kan die toekoms net rooskleurig wees.

Afrika se

Produkinligting

NEIL STEVENS,

bemarkings- en kommunikasiebeampte, SOILL

1: Kanolasaad gereed om vervoer te word.

2: ’n SOILL-trok op pad na Swellendam.

3: Vars-gestroopte kanolasaad.

1

2

3

FOKUS

Kanola

Mini-

Februarie 2019

32