Previous Page  39 / 68 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 39 / 68 Next Page
Page Background

37

February 2019

FOKUS

Kanola

Mini-

GRAANMARK-OORSIG

Oor die algemeen vind daar nie oormatige

invoere van kanola plaas nie, aangesien die

plaaslike voorraad die meeste van die tyd

genoeg is vir die plaaslike verbruik.

Na verwagting sal die kanolamark in die

2018/2019-seisoen weer in terme van voor-

raadvlakke en verbruik bitter naby aan ’n

gelykbreeksituasie wees.

Grondbone

Internasionale mark

Die internasionale grondboonmark is tans

vasgevang tussen laer voorraadvlakke

en ’n afname in die vraag na grondbone.

Internasionaal word verwag dat die wê-

reldproduksie vir die seisoen ongeveer

29,35 miljoen ton sal wees, wat 7,2% laer is

as die vorige seisoen se produksie.

VSA, China en Indië sal na verwagting die

grootste afname in grondboonproduksie

toon. Die wêreldverbruik van grondbo-

ne word vir die 2018/2019-seisoen op

29,89 miljoen ton geskat – wat 4,38% laer is

as die vorige seisoen se verbruik.

Grondbone was die afgelope twee sei-

soene in die globale handel reeds onder

druk. ’n Verdere afname word vir die res

van die 2018/2019-seisoen verwag. Die

verbruik van grondbone in China het af-

geneem – wat ook ’n negatiewe impak

op die grondboonuitvoere na China toe

het.

Tabel 2

(op bladsy 39) toon die wê-

reldvraag en -aanbod van gedopte grond-

bone vir die afgelope vier seisoene.

Plaaslike mark

Die plaaslike grondboonmark is die af-

gelope drie tot vier jaar gekenmerk deur ’n

ongelooflike wisselvalligheid in produksie.

Dit is hoofsaaklik as gevolg van die wis-

selvalligheid in die weerstoestande wat die

afgelope twee tot drie jaar voorgekom het

– met veral uitdagende omstandighede wat

gedurende planttyd geheers het.

Gedurende die 2016/2017-seisoen is die

laagste grondboonproduksie nóg in die

land gerapporteer. Die daaropvolgende jaar

was weer ’n uitsonderlike jaar met uit-

stekende kwaliteit. Die 2018/2019-seisoen

is weer hoofsaaklik gekenmerk deur uit-

dagende omstandighede. Gebrekkige kwa-

liteitskwessies was kenmerkend aan dié

seisoen se produksie.

Na verwagting sal die nuwe seisoen

(2019/2020-seisoen) wat op 1 Maart 2019

begin, weer ’n uiters uitdagende jaar in die

plaaslike grondboonmark wees. Warm en

droë toestande, wat die grootste gedeelte

van die plaaslike plantseisoen geheers het,

het ’n negatiewe uitwerking op aanplan-

tings gehad.

Grafiek 1: Grafiese voorstelling van die vraag en aanbod van kanola in Suid-Afrika.

Bron: Graan SA en SAGIS

* Skatting

NOTA: NOK = Nasionale Oesskattingskomitee

Grafiek 2: Grafiese voorstelling van die vraag en aanbod van grondbone in Suid-Afrika.

Bron: Graan SA en SAGIS

* Skatting

** NOK voorneme om te plant

NOTA: NOK = Nasionale Oesskattingskomitee