Previous Page  32 / 68 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 32 / 68 Next Page
Page Background

S

kaars 20 jaar gelede was kanola net ’n gedagte onder

die graangeledere, maar die gewas het vinnig wortel

geskiet in baie dele van Suid-Afrika waar die geel blomme

geil in die nasomer staan met beloftes van gesonde

kookolie en smeermiddels vir vars brood wat meer as die gewone

winkelrakprodukte bied.

Sonder twyfel is só ’n kanolaland in volle blom nie net prentjiemooi

vir mense nie, maar ook magneties vir enige sespotige dierasie

wat na nektar en stuifmeel soek. Bye is bestuiwers en kan op geen

manier ’n kanolalandery vermy nie. Dit is van groot waarde, want

dié heuningmakers bestuif die gewas sodat die plant sy kosbare

oliedraende saad kan voortbring.

2018 was ’n kneljaar vir sommige produsente, veral vir dié wat met

bye boer en bestuiwingsdienste aan gewasprodusente voorsien.

Net toe die kanola mooi in blom is, toe begin die bye in die Wes-

Kaap die gees gee. Nadere ondersoek het bevind dat die probleem

ontstaan het omdat profenofos as insekdoder op die kanola gespuit

is terwyl die plante in volle blom was. Nodeloos om te sê, dit het

bye ’n nekslag toegedien en letterlik honderde kolonies is uitgewis.

Dit het groot onmin tussen byeboere en kanolaprodusente

veroorsaak, maar gelukkig het die partye bymekaar gekom en sake

uitgepraat.

Die vraag is of kanolaproduksie met bye versoenbaar is, veral gegewe

die feit dat insekdoders soms noodwendig gespuit sal moet word

om die gewas teen skadelike insekte te beskerm. Die afgelope twee

jaar was daar op party plekke ernstige plae van Afrika-bolwurm en

almal hou asem op vir die vernietigende herfskommandowurm wat

gelukkig nog nie in kanola aangetref is nie. Sonder insek-, swam- en

onkruiddoders sal kanolaproduksie swaar kry, maar sal die gebruik

van dié middels bye noodwendig benadeel?

Insekdoders giftig vir bye

Daar is volgens CropLife Suid-Afrika se AgriIntel 67 plaagdoders vir

gebruik op kanola geregistreer. Onkruiddoders is oor die algemeen

nie giftig vir bye nie en dieselfde geld vir die meeste swamdoders.

Insekdoders is egter meestal giftig vir bye ongeag die chemiese

klas van die aktiewe bestanddele.

Daar is twee metodes waardeur bye met insekdoders vergiftig

word. Eerstens is dit deur direkte kontak met die by se liggaam

soos wanneer ’n by in ’n spuitnewel rondvlieg of op ’n oppervlak

land waar die spuitmengsel steeds nat is. Tweedens kan bye die

plaagdoder inneem wanneer dit byvoorbeeld nektar drink of

stuifmeel versamel. Dit is interessant dat direkte kontak in die geval

van sommige plaagdoders dikwels gevaarliker vir bye is as wanneer

die plaagdoder oraal ingeneem word. ’n Mens moet noodwendig

aanvaar dat die insekdoders almal giftig vir bye is en daarom moet

daar met groot omsigtigheid gehandel word as daar bye in of naby ’n

gewas aan die werk is. Dit is veral belangrik in ’n gewas soos kanola

wat deur bye bestuif word.

Neem etikette se voorskrifte ter harte

Al die insekdoders wat vir gebruik op kanola geregistreer is, het

spesiale waarskuwings om bye teen vergiftiging te beskerm. Die

algemene voorsorgmaatreëls stel dit duidelik dat die insekdoders

nie aangewend mag word na blomknopvorming nie en ook nie as

bye naby of in die gewas werk nie. Tegnies gesproke is dit moontlik

dat selfs insekdoders aangewend kan word sonder om bye te

benadeel as die etikette se voorskrifte en waarskuwings ter harte

geneem word.

Kanola, soos enige ander gewas, sal op een of ander stadium die

teiken van skadelike insekte word. Daar is oorgenoeg ses- en

agtpotiges wat altyd saam wil eet aan die produsent se opbrengs

en hy moet hulle met plaagdoders fnuik. Hoe op aarde gaan die

produsent die peste aanvat sonder om die bye te benadeel?

Die antwoord lê in presisielandbou. Daar moet ’n paradig-

maverskuiwing kom by gewasproduksie, veral met ’n hoë-

waardegewas soos kanola wat nog boonop bye aanlok. Enige

kanolaprodusent wat sy sout werd is, behoort te weet wat die uit-

dagings van plantpeste, -siektes en onkruide vir sy gewas in die

komende seisoen gaan wees. Dit is belangrik om te beplan vir eni-

ge moontlike plae en dan te besluit watter plaagdoders daarvoor

benodig sal word. Let daarop dat slegs plaagdoders wat vir kanola

en die verwagte plae geregistreer is, aangewend mag word.

Gereelde monitering

’n Baie belangrike aspek van plaagbeheer is gereelde monitering.

Dit gebeur ongelukkig selde en wanneer die produsent sy oë uitvee

is die kanolalanderye vol ruspes wat soos goederetreine deur die

gewas ploeg. Voorafkennis is ’n gedugte wapen teen peste. As

daar byvoorbeeld teen laatmiddag swerms motte waargeneem

word, moet die alarmliggies outomaties aanskakel, want dan is daar

heel waarskynlik ’n Lepidoptera-infestasie op pad. Sulke plae kom

gewoonlik baie vroeg in die produksieseisoen voor. Dit kan dan met

insekdoders onder beheer gebring word sonder om bye te benadeel,

want daar is geen blomme wat nektar en stuifmeel produseer nie.

Kan

KANOLAPRODUKSIE

en

BYE

saamleef?

Februarie 2019

30

DR GERHARD H VERDOORN,

CropLife Suid-Afrika

Mini-

F KUS

SA GRAAN/GRAIN

Kanola