I
n 2018 het produsente verskeie
probleme met die kwaliteit van
kanolasaad ervaar. Dit is egter vir my
aangenaam om te kan rapporteer dat
die spesifieke maatskappy sy verantwoor-
delikheid nagekom het en nie kanolapro-
dusente in die steek gelaat het nie.
Onder die Plantverbeteringswet word saad
se kieming en suiwerheid beskerm. Die
minimum ontkiemingsvereistes vir kanola
onder die Plantverbeteringswet is 60%.
Gesertifiseerde saad se ontkieming moet
ten minste 70% wees, maar die meeste
maatskappye waarborg tussen 80% en
90% of 90% en 100%.
Uiters belangrik:
Uit ervaring moet ons u waarsku dat
dit belangrik is dat saad by ’n erkende
maatskappy met ’n bewese rekord in
Suid-Afrika gekoop word.
Dit is altyd beter om ’n kontrole te hê
om na te verwys. Probeer om nie net
een kultivar aan te plant nie.
As jy vermoed daar is
fout met saad, volg
hierdie wenke
Indien jy enige probleme met saadkwaliteit
vermoed of ervaar, moet jy die volgende
stappe doen:
Dring by die saadverteenwoordiger op
’n ondersoek ter plaatse aan.
Hou rekord van datums en gesprekke.
Versamel en stel soveel moontlik in-
ligting op skrif, neem foto’s of maak
video-opnames.
Indien die situasie nie opgelos word nie,
moenie te lank wag voordat die volgende
stappe oorweeg word nie:
Tree in verbinding met ’n onafhankli-
ke wetenskaplike om ’n ondersoek ter
plaatse te doen.
Lede kan Graan SA in kennis stel indien
die saadmaatskappy nie die nodige
aandag aan die kwessie skenk nie.
Neem die saak met die Departement van
Landbou, Bosbou en Visserye op indien dit
steeds nie opgelos word nie. ’n Handels-
kontrole-ondersoek sal ingevolge die Plant-
verbeteringswet gedoen word.
Kontakpersone
Kontak die Wes-Kaapse streeksverteen-
woordiger, Christo Gouws op Stellenbosch,
by 021 809 1709 of by
christog@daff.gov.za.
Die departement het ook die volgende
wenke:
Produsente word aanbeveel om rekord
van lot- of kodenommers te hou.
Tydens die aankope van saad behoort
’n ontledingsertifikaat van die kwaliteit
van die spesifieke saadlot wat deur ’n
geregistreerde saadlaboratorium uit-
gereik is, aangevra te word. Hierdie
uitslae behoort nie ouer as drie maande
te wees nie.
Produsente word ook aangeraai om die
fisiese sak en etikette wat aan die sak
aangebring is, sowel as die faktuur wat
uitgereik is, te bewaar.
31
February 2019
Spreek probleme met
kanolasaadkwaliteit tydig aan
CORNÉ LOUW,
senior ekonoom, Graan SA
As monitering nie plaasvind nie, word plae te laat ontdek om dit op
’n omgewingsversoenbare wyse te beheer en dan gaan dit bars
vir bye wat aan insekdoders onderwerp word tydens plaag-
beheeraksies.
Watter plaagdoders is beskikbaar?
Die produsent moet homself ook vergewis van watter plaagdoders
beskikbaar is. Agri-Intel (
www.agri-intel.com
) lys feitlik alle plaag-
doders wat in Suid-Afrika op alle gewasse geregistreer is. Deur
van die omvattende soekenjin in AgriIntel gebruik te maak, kan die
produsent presies bepaal watter plaagdoder nodig is.
Dit is ongelukkig so dat verkeerde aanbevelings soms deur agente
gemaak word. Kyk na die etiket en as dit nie na kanola verwys nie,
mag dit nie gebruik word nie. Die fiasko vroeg in 2018 is veroorsaak
omdat agente profenofos, wat nie vir kanola geregistreer is nie, op
kanola in volle blom aanbeveel het. Die verantwoordelikheid vir die
korrekte en verantwoordelike gebruik van plaagdoders berus by
agente sowel as by produsente. Wanneer dit in krisistye nodig raak
om wel plae in kanola te beheer, moet die produsent verseker dat
daar geen byekorwe in die nabyheid is nie.
CropLife Suid-Afrika ondersteun die uitrol van ’n nuwe selfoon-
toepassing genaamd BeeMap Africa, wat ’n koppelvlak tussen
die byeboer en die gewasprodusent is. Beide partye registreer en
noteer hulle byekorwe of gewasse op dié toepassing. Wanneer die
gewasprodusent plaagdoders moet aanwend, maak hy ’n nota op
die toepassing en die byeboer word outomaties in kennis gestel
sodat byekorwe uit die gevaarsone verwyder kan word. Die
toepassing is nog in die ontwikkelingstadium en kan getoets word
deur kontak te maak met Oscar Mandlmeier by 082 388 0170. Dit
behoort baie kopsere vir gewasprodusente en byeboere uit die weg
te ruim.
Een van die belangrikste aspekte is om altyd die etiket van die
plaagdoder streng na te volg. Elke plaagdoder word vir ’n bepaalde
doeleinde ontwikkel, met ander woorde om ’n spesifieke probleem
in ’n spesifieke gewas op te los. As die plaagdoder aangewend
word vir ’n ander probleem of op ’n ander gewas as waarvoor dit
ontwikkel is, is nadelige gevolge onafwendbaar.
Verantwoordelike gebruik van plaagdoders
Dit is maklik om die wette oor plaagdoders voor produsente te
gooi en te dreig met vervolging, maar dit is nie ’n wenslike situasie
nie. CropLife Suid-Afrika probeer eerder die verantwoordelike
gebruik van plaagdoders bevorder met die eenvoudige slagspreuk:
Volg die etiket. Dit beteken dat ongeag wat enige persoon mag
aanbeveel of die produsent probeer wysmaak, die etiket die
uiteindelike riglyn bly waarvolgens die plaagdoder gebruik
moet word.
Partye moet saamwerk
Bye is onlosmaaklik deel van landbou en is van deurslaggewende
belang as bestuiwers vir baie van die wêreld se voedselgewasse
en natuurlike blomplante. As kanolaprodusente en byeboere kan
saamwerk en inligting oor die stand van korwe en spuitprogramme
op die BeeMap Africa-toepassing uitruil, sal beide partye hul doel
bereik, naamlik volhoubare landbouproduksie.
CropLife Suid-Afrika gaan gedurende 2019 groot pogings aanwend
om bye te beveilig en al hierdie inisiatiewe sal in samewerking met
gewasprodusente en byeboere geskied. Vir verdere inligting besoek
www.croplife.co.za
.