Previous Page  43 / 68 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 43 / 68 Next Page
Page Background

41

February 2019

Grafiek 1: Die effek van te veel vee vir die hulpbron en een ekstra baal hooi word voorsien binne ’n

tradisionele speenkalfstelsel (R/GVE).

Grafiek 2: Verskillende kalfmortaliteitpersentasies se effek in ’n tradisionele speenkalfstelsel

(R/GVE).

Grafiek 3: Verskillende kalfpersentasies se effek binne ’n tradisionele speenkalfstelsel.

een baal hooi per dier in die winter ingereken

word. Dit beteken dat daar vir een maand

hooi verskaf moet word. Sodra hierdie

voerperiode na twee maande verleng word,

is die winsgewendheid wesenlik onder

druk. In

Grafiek 1

word die effek van een

ekstra baal hooi per dier getoon.

Grafiek 1 mag dalk effe skeef getrek

word, omdat die hoeveelheid grootvee-

eenhede (GVE) wat nou gedra word, meer

mag wees. Dit kan opmaak vir die hoër

produksiekoste.

Vergewis jouself van hoeveel diere jou

natuurlike hulpbron kan dra. Stel vir jou

’n goed deurdagte voervloeiprogram op

en bestuur die tekorte in dié program met

aangekoopte of opgebergde voer.

Die bestuur van aangeplante weiding is

net so belangrik. Bemes die aangeplante

weiding volgens die potensiaal van die

gewas. Die duimreël is dat 1 ton droë

materiaal per hektaar ongeveer 100 mm

reën benodig. Verder produseer groeiende

diere 1 kg vleis per hektaar per millimeter

reën.

Indien aangeplante weiding gesny, gebaal

en verwyder word, kan die volgende ont-

trekkingsyfers gebruik word:

N: 20 kg - 25 kg N per ton droë materiaal

P: 1,2 kg fosfaat per ton droë materiaal

K: 15 kg kalium per ton droë materiaal

Grond-pH en ontledings bly die basis

waarvolgens bemes moet word. Praat met

jou kunsmisverteenwoordiger om te besluit

wat die beste vir jou boerdery sal wees. Die

algemeen aanvaarde norm is om eerder ’n

gedeelte té veel te bemes as om die hele

oppervlakte net gedeeltelik te bemes.

Onthou net dat as die aangeplante weiding

bewei word, die bemesting wat benodig

word dramaties van die norm verskil.

Rus van natuurlike weiding is belangrik.

Navorsing wat op Nooitgedacht Landbou-

ontwikkelingsentrum gedoen is, het bewys

dat weiding wat ’n volle groeiseisoen gerus

het, se produksie die daaropvolgende jaar

dubbel dié van geweide weiding is. Dit maak

dus sin om weiding in die winter te rus, te

benut en dan weer die volgende seisoen te

benut.

Mortaliteitsbestuur

Produsente mag dalk dink dat enting

nie die moeite en koste werd is nie.

Dit is mos net nog ’n kalf wat vrek. In

Grafiek 2

word die effek van verskillende

kalfmortaliteitspersentasies geïllustreer. Die

aanname word gemaak dat die produsente

met die 3,5% mortaliteitspersentasie alle

entings doen, terwyl die ander geen entings

doen nie.