Previous Page  36 / 68 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 36 / 68 Next Page
Page Background

Februarie 2019

34

Kanolakultivars

wys hul staal in die

Wes-Kaap, Overberg en Suid-Kaap

A

gricol se kanolakultivarpakket het die afgelope seisoen weer

wyd welslae in die kanolastreek gelewer. Verskeie produsente

het hul suksesverhale met ons gedeel.

Diamond, die juweel van Agricol se kanolapakket, het in 2018 ’n

rekord-kanola-opbrengs van 3,437 t/ha tydens die Proteïennavor-

singstigting (PNS) se opbrengskompetisie behaal. Mnr Melt van der

Westhuizen van die plaas Klipheuwel naby Moorreesburg was die

wenner van hierdie gesogte kompetisie. Van der Westhuizen het

sy kanola op 21 April teen ’n plantdigtheid van 3 kg/ha op ’n land van

34 ha geplant.

Mnr Jaco Kriel van die plaas Eendrag op Porterville het uiteindelik

geluk aan sy kant gehad met goeie reënval wat die afgelope sei-

soen by hom voorgekom het. Sy kanolapakket het bestaan uit

Diamond, Tango en Atomic TT. Kriel het ’n gemiddeld van

2,76 t/ha op Tango, 2,77 t/ha op Diamond en 2 t/ha op Atomic

gerealiseer. Hierdie drie kultivars sal weer deel wees van sy be-

planning vir 2019. Hy was verras met Tango en sê die baster lewer

’n bydrae waar daar nie reën laat in die seisoen voorkom nie.

Kriel glo Tango staan Diamond goed by omrede dit ’n vinniger

groeier is. “’n Groot voordeel van die kanolabaster, Diamond, is die

spoed waarmee die baster uit die grond te voorskyn kom en ontwik-

kel. Die kultivarblomtydperk is relatief lank – wat effektiewe bestui-

wing positief beïnvloed het,” sê hy. Diamond stroop ook betreklik

maklik. Kriel plant die TT-baster, Atomic, op lande waar breë-

blaaronkruide voorkom en is in sy skik met die feit dat hy suksesvol

daarin is om sy lande skoon te hou. Atomic TT is ’n langer groeier

met ’n goeie opbrengspotensiaal.

Mnr Rennie Brink van Groot Phisantekraal Boerdery naby

Durbanville het ’n gemiddelde opbrengs van 2,5 t/ha met sy kanola-

kultivars behaal. Volgens hom vaar die kanolabasters Diamond

en Agamax, wat opbrengs betref, die beste op sy plaas. Brink sê

dit is belangrik om betyds te spuit ten einde plae en siektes te

beheer, aangesien dit ’n beduidende invloed op opbrengste kan hê.

Diamond het die beste opbrengs met 3,1 t/ha getoon, gevolg deur

Agamax met 3 t/ha. Die plantdigtheid van die twee kultivars was

3 kg/ha. Hy gaan vanjaar weer Diamond en Agamax plant.

Mnr Pierre du Plessis van die plaas Grootzanddrift in die Bredas-

dorp-area het 1,95 t/ha op 100 ha met Diamond gerealiseer, ten

spyte van relatiewe min reën en redelike windskade in die eerste

helfte van die seisoen. “Ek sal beslis weer Diamond plant, omdat

dit nog altyd ’n goeie opbrengs gelewer het en heelwat korter groei

as van die ander kultivars. Diamond is beslis die beste kortgroeier

wat nou beskikbaar is. Dit help ook dat produksieprosesse beter

ingepas kan word – veral met die platsny,” het hy gesê.

Gedurende die groeiseisoen het mnr Josias le Roux van die plaas

Langhoogte naby Botrivier 294 mm reën ontvang. Hy het Diamond

en Atomic reeds vanaf 24 April teen 3,5 kg/ha gevestig. Diamond

en Atomic se gemiddelde opbrengs was onderskeidelik 2,64 t/ha en

2,17 t/ha na aftrekkings.

Sy grootste uitdaging was die hittegolf en die sterk winde wat van

die lande tydens oestyd getref het. Hy is, ten spyte van die uitdagings,

uiters dankbaar vir hoe die oes afgeloop het en sal Diamond en

Atomic beslis aanbeveel. Atomic (triasien-weerstandbiedende

baster) maak dit vir hom moontlik om breëblaaronkruide en sekere

eenjarige grasse in kanolalande te beheer. Diamond se uitstaande

opbrengsvermoë en die eienskap dat die kultivar ’n kortgroeier is,

het hom geweldig beïndruk.

Mnr Franco le Roux van Klipdale Boerdery het Alpha TT, die nuwe

toevoeging tot Agricol se kanolakultivar-reeks in 2018, beproef.

“Die groeikragtigheid en staanvermoë van Alpha TT was beduidend

beter as die ander TT-kultivars wat aangeplant is,” sê Le Roux.

“Dit het die swaar drag peule goed hanteer.”

PROMOSIE-ARTIKEL

JAN BOTES,

gewasbestuurder: Kanola, Agricol

Diamond, Agricol se vlagskip-kanolabaster, aangeplant naby Bredasdorp.