Previous Page  42 / 68 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 42 / 68 Next Page
Page Background

Februarie 2019

40

Evalueer jou

beesboerdery

gereeld krities vir volhoubaarheid

D

ie pryse van speenkalwers, ou

koeie en slagbeeste het die af-

gelope jaar sywaarts beweeg.

Heelwat ontleders, soos Absa en

die vleispryse van mnr Chris Derksen, on-

dersteun dié stelling. Soos in die meeste

landboubedrywe is die beesbedryf ook

prysnemers.

Dit veroorsaak dat dit vir produsente ’n

uitdaging bly om aan te hou produseer.

Produsente moet seker maak dat effek-

tiwiteit en doeltreffendheid hoog is – en dan

bly winste nog steeds onder druk.

Ten einde die winsgewendheid te verhoog,

moet óf meer verkoop word óf die prys

waarteen verkoop word, verhoog word.

Beter bemarking vereis meer aandag, maar

weens die sikliese aard van produksie, is dit

’n enorme uitdaging om die groot aanbod

van vee op sekere tye vry te spring.

Verskillende stelsels en

winsgewendheid

Ongeag van watter produksiestelsel vee in

geproduseer word, die winsgewendheid

van die verskillende stelsels verskil nie veel

nie. In

Tabel 1

(op bladsy 43) word die ver-

skillende beesproduksiestelsels aangedui.

Gegewe hierdie inligting is dit duidelik dat

die winsgewendheid per stelsel, behalwe

wat die 36 maande-stelsel betref, nie veel

van mekaar verskil nie. Ons kan daaruit aflei

dat die stelsel waarbinne geboer word, die

winste nie noodwendig dramaties beïn-

vloed nie.

Daar is egter ander fasette van boerdery

wat ’n groter impak op winsgewendheid

het as wat ’n mens besef. Produsente ver-

geet hiervan en uiteindelik kan dit die

beesvertakking se winsgewendheid drama-

ties verlaag.

Hier volg ’n lys van die basiese faktore wat

in plek moet wees en in plek gehou moet

word:

Voldoende ruvoer moet ten alle tye

beskikbaar wees – met ander woorde,

genoeg kos regdeur die jaar.

Regte byvoeding om die diere se be-

hoeftes en dié van die voer te balan-

seer.

Om in siklus met die hulpbronne te pro-

duseer.

Voldoende skoon water.

Tydige en voorkomende siekte- en

parasietbeheer.

Bestuur jou

hulpbronne fyn

Die eerste faktor wat ’n groot rol speel,

is om binne die boerdery se natuurlike

hulpbronne te bly produseer. Met die opstel

van die begroting moet daar as standaard

OP PLAASVLAK

Winsgewendheid / Voervloei / Verskillende stelsels

Vee

PIETMAN BOTHA,

SA Graan/Grain

redaksiespan

Graan SA/Sasol fotokompetisie

– Adri Smith 2011

Vergewis jouself van

hoeveel diere jou

natuurlike hulpbron

kan dra. Stel vir jou

’n goed deurdagte

voervloeiprogram op en

bestuur die tekorte in

die voervloeiprogram...