29
February
2019
Die Oesskattingskomitee wil graag die produsente en verwerkers wat getrou deelneem en bydra tot die sukses van
die oesskattingsproses, hartlik bedank. Ons wil terselfdertyd die hoop uitspreek dat meer produsente en verwerkers
voortaan sal saamwerk om die komitee behulpsaam te wees in die uitvoering van hierdie belangrike taak.
1. Bepaling van hoeveelheid meter in 1 ha (Byvoorbeeld: 10 000/0,9 m rywydte = 11 111 m = 1 ha).
2. Trek plante uit op ’n meter en bepaal hoeveel pitte daar per meter is.
3. Teoretiese opbrengsskatting = pitte/m x 11 111 m x 0,35 g.
4. Vir ’n realistiese skatting moet daar dan nog tussen 20% - 30% afgetrek word vir verliese.
5. Dus, teoretiese skatting x 70% of 80%.
Bron: Lourens de Kock. Kontak hom by
lourens@roba.co.za
.
Die donkergekleurde blokkies is veranderlikes wat deur die produsent ingevul word
’N VOORBEELD VAN DIE BEREKENING VAN ’N GRONDBOONOPBRENGSSKATTING MET ’N RYWYDTE VAN 0,9 M,
PLANTESTAND VAN AGT PLANTE/M EN 248 PITTE/M.
BEPALING VAN GEMIDDELDE PITGEWIG
PERSENTASIE
G/PIT
Keur 1
13% x 0,5 =
0,065
Keur 2
29% x 0,4 =
0,116
Diverse
31% x 0,3 =
0,093
Pers
27% x 0,2 =
0,054
Gemiddelde pitgewig:
0,328
Volg die QR-kode na die
Excel sigblad om jou eie
berekeninge te doen.