Previous Page  29 / 68 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 29 / 68 Next Page
Page Background

27

February 2019

Die insette in die B- en C-lyn word

hoofsaaklik gebruik om die insette in die

A-lyn te evalueer/verifieer en is subjektief

van aard.

Inligting wat deur die onderskeie rolspe-

lers aan die Oesskattingskomitee verskaf

word, word saam met die inligting wat deur

die ander data-insetgewers verskaf is, by-

voorbeeld saadmaatskappye, onderskeie

gewasforums en verwerkers, bespreek en

deur middel van konsensus word daar op ’n

oesskatting besluit.

Net so belangrik as wat dit is om ’n be-

troubare oesskatting te maak, is ook die

strewe daarna om ’n akkurate skatting

vry te stel. Die graanbedryf het dus ’n

norm/grens vir die Oesskattingskomitee

vasgestel waarbinne die oesskattings

moet wees, naamlik om vanaf die eerste

tot die vierde skatting (Februarie tot Mei

vir somergewasse) nie meer as 8% van

die finale oes af te wyk nie en om vanaf

die vyfde tot die finale skatting (Junie tot

September vir somergewasse) nie meer as

5% van die finale oes af te wyk nie.

In

Grafiek 1

word die persentasie-afwyking

van die finale skatting teenoor die werklike

oesgrootte vir grondbone vanaf 2003 tot

2017, onderskeidelik, getoon.

Uit die grafiek is dit duidelik dat die

Oesskattingskomitee die grondboonoes

ewe veel kere oorskat of onderskat het. Dus

is daar nie ’n geneigdheid om die grond-

boonoes nét te onderskat of nét te oorskat

nie. In 2017 was die finale skatting gelyk aan

die finale oes van grondbone.

Die 2018-grond-

boonseisoen

Die 2018-seisoen (2017/2018-produksiesei-

soen) ten opsigte van grondbone sal deur

die onderskeie rolspelers in die bedryf as

’n seisoen vol uitdagings onthou kan word.

Eerstens was dit tydens planttyd te droog

om die beplande hektare te plant, gevolg

deur nat toestande tydens oestyd. Verder het

die uiters hoë temperature wat gedurende

Februarie 2018 geheers het, definitief ook

’n negatiewe impak op die gerealiseerde

opbrengste van die grondbone gehad.

Die eerste produksieskatting in Februarie

2018 het afgeskop met ’n opbrengs van

1,58 t/ha in vergelyking met die finale

opbrengs van 0,95 t/ha, soos gerealiseer

in September 2018 – wat ’n daling van 40%

verteenwoordig.

Oppervlakte

Vir 2018 het die skatting van die oppervlakte

beplant met grondbone 56 300 ha beloop

– effens meer as die 56 000 ha wat in 2017

aangeplant is. Dit is ook 9 175 ha meer

as die afgelope vyf jaar se gemiddelde

oppervlakte van 47 125 ha, en 6 057 ha meer

as die afgelope tien jaar se gemiddelde

oppervlakte van 50 243 ha.

Gedurende 2018 is 50% (28 000 ha) van die

grondboonaanplantings in die Noordwes

Provinsie gedoen, 39% (22 000 ha) in die

Vrystaat, 6% (3 500 ha) in Limpopo en 5%

(2 800 ha) in die Noord-Kaap.

’n Metode van gewasklassifikasie is met

behulp van afstandwaarneming ontwik-

kel. Alhoewel dit eers ná die seisoen be-

skikbaar gestel word, kan hierdie data die

oppervlakteberamings, soos bepaal deur

die Produsente Onafhanklike Oesskatting-

stelsel of PICES-opname, verifieer en ’n

meer ruimtelike voorstelling van grondge-

bruiksverandering van seisoen tot seisoen

verskaf.

PICES is ’n stelsel wat deur die LNR, in

samewerking met SiQ en GeoTerraImage,

ontwikkel is om akkurate skattings van

die oppervlakte van die somer- en win-

tergewasse te maak.

Die statistiese fondament van die stelsel is

gegrond op ’n punteraamwerkstelsel, wat

algemeen gebruik word as ’n statistiese

platform vir oesskattings.

Die uniekheid van die stelsel is geleë in

die manier waarop die data versamel

word. Ligte vliegtuie word gebruik waar

waarnemers (almal self produsente) ob-

jektief en visueel bepaal watter gewas op

die landerye geplant is. Só kan daar dan

statisties bepaal word wat die totale hektare

per gewas geplant, beloop.

Grafiek 3: Grondboonproduksie 2008 - 2018.

Grafiek 4: Grondboonopbrengs 2008 - 2018.