Previous Page  30 / 68 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 30 / 68 Next Page
Page Background

Februarie

2019

28

FOKUS

Grondbone

Mini-

Inligting wat tydens die PICES-opname

versamel is, word gebruik as insette

tydens die klassifisering van satellietbeelde

om ’n tipe gewas vir elke individuele

land te identifiseer. Gedurende die pro-

duksieseisoen word beide die Landsat 8-

en Sentinel 2-satellietbeelde gebruik om

’n gewasklassifikasie te doen. Daarom kan

grond- en gewasproduksie-inligting nou

op sub-provinsiale vlak, byvoorbeeld op

distriksvlak, onttrek word vir die Vrystaat,

Noordwes Provisie en Mpumalanga.

Vernaamste distrikte

Die persentasie aanplantings van grond-

bone vir 2018 word deur die metode van

gewasklassifikasie verkry.

Noordwes Provinsie

Gedurende 2018 is die meeste grondbone

in die Noordwes Provinsie in die Vryburg-

distrik geplant, naamlik 49%, gevolg deur

Schweizer-Reneke met 21%.

Vrystaat

Wat die Vrystaat betref, is die meeste

grondbone gedurende 2018 in die Hoop-

stad-distrik geplant, naamlik 51%, gevolg

deur Bultfontein met 11%.

Produksie

Die finale produksieskatting van grond-

bone vir 2018 beloop 53 750 ton. Dit

verteenwoordig ’n afname van 42% vanaf

die 2017-oes van 92 050 ton. Die 2018-

oes is 7% minder as die afgelope vyf jaar

se gemiddelde oes van 57 606 ton en 22%

minder as die afgelope tien jaar se ge-

middelde oes van 68 758 ton.

Gedurende 2018 is die verwagte oes in

die Vrystaat op 19 800 ton (37%) geraam,

gevolg deur die Noordwes Provinsie met

19 600 ton (36%), Limpopo met 7 350 ton

(14%) en die Noord-Kaap met 7 000 ton

(13%).

Opbrengs

In 2018 was die gemiddelde opbrengs

0,95 t/ha, wat 42% minder is as die

1,64 t/ha van die vorige seisoen. Dit is

ook 22% minder as die vorige vyf jaar se

gemiddelde opbrengs van 1,22 t/ha, asook

31% minder as die vorige tien jaar se

gemiddeld van 1,37 t/ha.

Produsente se rol

Die belangrikheid van inligting wat deur

produsente aan die Oesskattingskomitee

verskaf word, kan nie genoeg beklemtoon

word nie. Hoe meer produsente per gebied

(landdrosdistrik) akkurate insette aan die

Oesskattingskomitee lewer, hoe beter kan

die uiteindelike skatting wees.

In

Grafiek 5

is daar duidelik ’n dalende

tendens ten opsigte van die deelname

van produsente aan die opname van die

Departement van Landbou, Bosbou en

Visserye (DLBV) sigbaar.

Die redes waarom produsente gereeld

hulle inligting deur middel van vraelyste,

wat maandeliks voltooi word aan die Oes-

skattingskomitee moet stuur, is soos volg:

Oppervlakte-inligting is naas dié in-

ligting, soos verkry vanaf die kon-

sortium, die belangrikste inset.

Opbrengsinligting dien deurlopend as

’n belangrike inset gedurende die sei-

soen.

Die voorneme van produsente om ge-

wasse te plant word slegs gebaseer op

insette van produsente.

Groter deelname lei tot beter verteen-

woordiging.

Beter verteenwoordiging lei daartoe dat

produsente se inligting ’n groter gewig

dra in die bepaling van die skatting.

Verskille/afwykings kan gouer uitgewys

word.

Opbrengsinligting op landdrosdistriks-

vlak kan akkuraat bereken word.

Groter rol deur verwerkers

As gevolg van die dalende tendens in

die deelname van produsente aan die

maandelikse oesskattingsopname, het die

verwerkers van grondbone in Suid-Afrika

onderneem om die Oesskattingskomitee

behulpsaam te wees in die uitvoering van

hierdie belangrike taak.

Aangesien die meeste produsente deur

verwerkers van grondbone gekontrakteer

word om dié gewas aan te plant, sal die

verwerkers voortaan die inligting ten op-

sigte van die gekontrakteerde oppervlakte,

sowel as opbrengsinligting aan die Oes-

skattingskomitee deurgee.

Beide die inligting ten opsigte van die

oppervlakte beplant en verwagte opbrengs

sal in Februarie aan die komitee deurgegee

word, waarna slegs opbrengsinligting in

April, Junie en September deurgegee sal

word.

Tydens die Grondboneforumvergadering

in Oktober verlede jaar is daar ’n model

(sien kassie) voorgestel wat as basis kan

dien vir die verwerkers ten einde ’n meer

akkurate opbrengssyfer te bereken en te

verseker dat almal dieselfde model gebruik

ten einde die verwagte opbrengs van die

gekontrakteerde grondbone te bereken.

Grafiek 5: Aantal produsente wat deelneem aan die Departement van Landbou, Bosbou en

Visserye se opname.

Oesskattings in

perspektief