Previous Page  28 / 68 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 28 / 68 Next Page
Page Background

Februarie 2019

26

D

ie doel van die Oesskattings-

komitee is om betroubare, akku-

rate, objektiewe en onpartydige

oesskattingstatistieke vry te stel

tot voordeel van al die rolspelers in die

sektor,

inter alia

, produsente, finansiële in-

stellings, insetverskaffers, kopers, vervoer-

agente, verwerkers, landbou-ekonome en

ander besluitnemers.

Met verwysing na die betroubaarheid van

die berekening van die oesskatting, wil die

Oesskattingskomitee die versekering gee

dat hy die afgelope klompie jare sy skat-

ting op ’n wetenskaplike manier doen.

Vanaf 2002 is daar ’n konsortium, onder

leiding van die LNR, aangestel om ’n stelsel

te ontwikkel wat oesskattings op ’n meer

statistiese en wetenskaplike manier doen,

naamlik die Produsente Onafhanklike Oes-

skattingstelsel of Producer Independent

Crop Estimate System (PICES), asook ’n

metode van gewasklassifikasie sowel as

objektiewe opbrengsmeting in die veld. Dit

word later in die artikel bespreek.

Die inligting waarop ’n oesskatting geba-

seer word, word geklassifiseer volgens ’n

orde van belangrikheid deur middel van

die tipe metodiek wat gevolg word, naamlik

opnames, modellering, persoonlike kontak

met produsente/studiegroepe/landboube-

sighede/verwerkers asook maandelikse ver-

slae deur verskeie rolspelers.

’n Illustrasie hiervan is in

Tabel 1

aange-

bring. Die insette soos gespesifiseer in die

A-lyn, word gebruik om die oppervlakte en

produksie/opbrengs te bepaal en daarom

word die grootste gewig daaraan toege-

ken. Die insette is objektief, wetenskaplik

en statisties van aard.

Oesskattings in

p

er

s

p

e

k

ti

ef

FOKUS

Grondbone

Mini-

MARDA SCHEEPERS,

senior statistikus: Voedselsekerheid en Oesskattings,

Departement van Landbou, Bosbou en Visserye

OPPERVLAKTE

OPBRENGS

PRODUKSIE

A-lyn Konsortium: (Ligte vliegtuie en

telefoniese opnames)

Konsortium: (Objektiewe opbrengs

– meting in lande)

SAGIS

(einde van seisoen)

B-lyn Departement van Landbou, Bosbou

en Visserye (DLBV)

(E-pos/Pos-opnames: Produsente)

Konsortium: (Subjektiewe opbrengs

– telefoniese opnames)

SANSOR

C-lyn Risikospe-

sialiste

DPO Kunsmismaat-

skappye

Grondboon-

verwerkers

Forums/

werkgroepe

Landbou-

besighede

Provinsiale

Departement

van Landbou

SACOTA Hande-

laars/

verslae

TABEL 1: ‘N ILLUSTRASIE VAN DIE INLIGTING WAAROP ’N OESSKATTING GEBASEER WORD.

Grafiek 1: Persentasie-afwyking van die finale skatting teenoor die werklike oesgrootte vir

grondbone 2003 - 2017.

Grafiek 2: Grondboonoppervlakte beplant 2008 - 2018.