Previous Page  89 / 132 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 89 / 132 Next Page
Page Background

September 2018

87

Bestuurspraktyke

Op plaasvlak

Reëngebruiksdoeltreffendheid

in die Mpumalanga-streek

Deel 4

Luan van der Walt,

landbou-ekonoom, Graan SA,

DR Hendrik Smith,

bewaringslandboufasiliteerder, Graan SA

en

Petru Fourie,

navorsingskoördineerder/produksiekoste-analis, Graan SA

lei na doelt reffendheid

Effektiwiteit

Reeks

i

n Deel 3 van die reeks is daar

gefokus op die Noordwes Provinsie

en die gebiede wat in hierdie ar­

tikel onder die kollig gekom het,

was Lichtenburg, Delareyville en

Schweizer-Reneke. In hierdie artikel

sal die kollig op die oostelike gedeelte van

die land val, met drie gebiede in Mpuma­

langa wat met mekaar vergelyk sal word.

Die berekening

Die inligting wat in die reeks artikels

gebruik word, is maandelikse reënvalsyfers

soos gemoniteer deur die verskillende

weerstasies, verskaf deur die LNR-Grond,

Klimaat en Water (LNR-GKW), asook die

Nasionale Oesskattingskomitee (NOK) se

opbrengsinligting per seisoen vir die spe­

sifieke streek. Die seisoen is bereken vanaf

Augustus tot April met die aanname dat

20% van die reën wat gedurende Mei tot

Julie voorkom deel vorm van die volgende

seisoen se plantbeskikbare water.

Effektiewe reënval per seisoen = (mm reën

Augustus, jaar 1 tot April, jaar 2) + (20% x

mm reën Mei tot Julie, jaar 1)

Kg graan/ha = NOK t/ha opbrengs x 1 000

Kg graan/mm water = kg graan/ha/reënval

per seisoen

Delmas

Volgens die data wat vanaf die LNR-GKW

verkry is, was die gemiddelde jaarlikse

reënval in die Delmas-area ongeveer

720 mm vanaf die 2001/2002-seisoen. Na

die aanpassing in die syfers om die ge­

middelde effektiewe (beskikbare) hoeveel­

heid reën te bereken, deur gebruik te

maak van die formule, was die gemid­

delde reënval per seisoen ongeveer

700 mm.

Volgens die NOK se inligting vir die

Delmas-omgewing was die gemiddelde

opbrengs sedert 2001/2002, 6,195 t/ha

(6 195 kg/ha). Dit beteken dat die gemid­

delde reëngebruiksdoeltreffendheid in die

Delmas-area ongeveer 8,84 kg graan per

millimeter water (effektiewe reënval) oor

hierdie tydperk was.

Grafiek 1

op bladsy 88

bevat die jaarlikse effektiewe reënval vanaf

2001/2002, asook kg graan per millimeter

reën vir die Delmas-area. Dit is belangrik om

die tendens oor tyd vas te stel, om sodoende

te beraam of daar oor tyd ‘n verbetering

in die reëngebruiksdoeltreffendheid was.

Grafiek 2

op bladsy 88 illustreer die per­

sentasie afwyking vanaf die gemiddeld

vir beide die reënval en die gemiddelde

opbrengs. Dit weerspieël duidelik die wis­

selvalligheid van reënval en opbrengste wat

die afgelope paar jaar voorgekom het. Dit is

belangrik om in gedagte te hou dat faktore

soos die verspreiding van reënval deur die

loop van die seisoen ‘n noemenswaardige

uitwerking op opbrengspotensiaal kan hê

– wat nie in die berekenings weerspieël

word nie.

Dit kan grootliks ‘n verduideliking wees vir

die wisselvalligheid in die afwyking van

die gemiddelde opbrengs gemeet teen die

gemiddelde reënval vir die seisoen. Die

uitdaging is om produksiestelsels meer

doeltreffend te maak om oesopbrengste

te midde van wisselvallige reënval meer

stabiel te kry.

Alhoewel die reënval in die Delmas-area

oor die afgelope paar jaar redelik stabiel

was, is dit duidelik dat die bogemiddelde

effektiewe reënval nie noodwendig bo­

gemiddelde opbrengste opgelewer het nie

(Grafiek 2).

Middelburg

Die syfers vir die Middelburg-area toon

dat die gemiddelde jaarlikse reënval vanaf

die 2001/2002-seisoen ongeveer 788 mm/

seisoen beloop het. Na die aanpassing vir

die effektiewe reënval is die gemiddeld

ongeveer 767 mm/seisoen – wat effens laer

as die jaarlikse gemiddeld is.

Die gemiddelde opbrengs vir die Middel­

burg-area oor hierdie tydperk, soos dit

deur die NOK gerapporteer word, is

5,04 t/ha (5 041 kg/ha). Die gemiddelde

reëngebruiksdoeltreffendheid vir die Mid­

delburg-area is 6,70 kg graan/mm effek-

tiewe reën, wat heelwat laer as die

potensiële 15 kg tot 20 kg graan/mm reën is

en aansienlike ruimte vir verbetering laat.

In

Grafiek 3

op bladsy 88 word die jaarlikse

gemiddeld aangedui. Dieselfde patrone

kom na vore waar reën nie doeltreffend

gebruik word nie en dan oorgedra word na

seisoene met hoë reënval.