Indien dit ‘n droë seisoen is, verbeter dit
die reëngebruiksdoeltreffendheid van die
volgende seisoen, soos die geval was in
2011/2012.
Die grafiek dui daarop dat ‘n aansienlike
volume reën oor die lang termyn nie
doeltreffend gebruik word nie. Dit word
verloor deur afloop, verdamping of diep
dreinering. In
Grafiek 4
is die persentasie
afwyking vanaf die gemiddeld vir die
streek (van beide reënval en opbrengste)
aangebring.
Uit Grafiek 4 is dit duidelik dat dit oor hier
die tydperk ook uiters wisselvallig was,
maar dat daar wel jare was waar bo
gemiddelde opbrengste met ondergemid
delde reënval geproduseer is – wat weer
eens daarop dui dat reënwater van ‘n nat
na ‘n droë seisoen oorgedra is.
Standerton
Die Standerton-area se gemiddelde reënval
vanaf die 2001/2002-seisoen was 690 mm/
kalenderjaar. Die effektiewe reënval ná
die aanpassing was ongeveer 670 mm/
seisoen. Volgens die NOK se syfers is die
gemiddelde opbrengs vir die streek onge
veer 4,448 t/ha (4 480 kg/ha) per jaar.
Dit beteken dat die reëngebruiksdoeltref
fendheid vir die streek ongeveer 6,63 kg
graan/mm reën is, wat redelik goed in lyn is
met dié van die Middelburg-area, maar on
geveer 2 kg/mm laer as die Delmas-area is.
Dit is egter steeds heelwat laer as die
potensiële reëngebruiksdoeltreffendheid
van 15 kg tot 20 kg graan/mm reën – wat
dui op aansienlike ruimte vir die ver
betering in die doeltreffendheid van die
produksiestelsels.
Die jaarlikse syfers vir die Standerton-area
is in
Grafiek 5
aangebring. Dit is duidelik
dat reëngebruiksdoeltreffendheid in die
Standerton-area oor die afgelope vyf jaar
wel verbeter het.
Grafiek 6
illustreer die
gemiddelde persentasie afwyking vanaf die
gemiddeld vir beide effektiewe reënval en
opbrengste vir die streek.
Dit is hieruit duidelik dat die opbrengste ook
uiters wisselvallig was – gegewe die reënval
vir die seisoen. Daar is in sommige jare met
ondergemiddelde reënval bogemiddelde
opbrengste gelewer en andersom, wat dui
op ‘n mate van (onbenutte) grondwater
oordrag vanaf nat na droë seisoene.
Grafiek 6 bewys ook dat die opbrengste
van die afgelope vyf jaar elke jaar boge
middeld was, terwyl die effektiewe reënval
twee van die vyf jaar ondergemiddeld was.
op plaasvlak
Bestuurspraktyke
September 2018
88
Reëngebruiksdoeltreffendheid
Grafiek 1: Effektiewe reënval en kg graan/mm reën per seisoen in die Delmas-area.
* 2004/2005-seisoen nie ingesluit in berekening nie as gevolg van gebrek aan data vir die spesifieke seisoen
Bron: LNR-GKW; NOK
Grafiek 2: Persentasie afwyking vanaf gemiddeld vir effektiewe reënval en opbrengs per seisoen:
Delmas-area.
Bron: LNR-GKW; NOK
Grafiek 3: Effektiewe reënval en kg graan/mm reën per seisoen in die Middelburg-area.
Bron: LNR-GKW; NOK