Previous Page  87 / 132 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 87 / 132 Next Page
Page Background

VISIT GSIAFRICA.CO.ZA

STORAGE

+ CONDITIONING

+ MATERIAL HANDLING

+ STRUCTURES

THE PROFIT CENTER

124 Ridge Road, Laser Park,

Honeydew, Ext 15, Gauteng

P O Box 4012, Honeydew, 2040,

South Africa

Phone: +27 (011) 794 4455

Fax: +27 (011) 794 4515

Email: sales@gsiafrica.co.za

Website: www.gsiafrica.co.za

TURN YOUR OPERATION INTO

PROFIT CENTER

®

Dit is belangrik om kennis daarvan te neem dat SACTA se akte van

oprigting bepaal dat die heffing aan die geregtigde saadmaatskap-

pye uitbetaal moet word. Wat ook belangrik is om in ag te neem, is

dat dié heffing volgens ‘n statutêre heffing ingesamel word. Hier­

volgens word bepaal dat 20% van die heffing vir transformasie­

projekte geallokeer moet word.

SACTA sal ook hierdie fondse bestuur en op meriete op ‘n projekba­

sis uitbetaal.

Wat is wie se verantwoordelikheid?

Dit is belangrik om kennis te neem dat dié statutêre heffing ‘n

verpligte heffing is en ‘n beroep word op die sojaboonbedryf gedoen

dat almal sal saamwerk.

Produsente se verantwoordelikheid

Produsente moet hul kultivars tydens lewering so akkuraat as

moontlik rapporteer.

Leweringsinstansies se verantwoordelikheid

Dit is belangrik dat maatskappye wat gelewerde sojabone ontvang,

goed moet boekhou van die hoeveelhede van die verskillende

kultivars wat ontvang is.

Saadmaatskappye se verantwoordelikheid

Om nuwe saadverkope so akkuraat as moontlik aan SANSOR weer

te gee.

Wat is die voordeel vir die bedryf?

Graan SA sien die goedkeuring en implementering van hierdie

sojaboonteling-en-tegnologieheffing as ‘n groot deurbraak. Dit sal

meebring dat ons produsente toegang het tot die nuutste kultivars

en tegnologie ten einde met ander lande te kan kompeteer.

Daar is tegnologie beskikbaar, onder andere die Roundup Ready 2-

tegnologie, wat die potensiaal het om onmiddellik ‘n meer as

10%-opbrengsverhoging vir produsente teweeg te bring.

Hierdie tegnologie sou nie na Suid-Afrika toe kon kom as die bedryf

nie hierdie tipe befondsingstrukture tot stand gebring het nie.

In kort is die voordeel vir produsente:

Toegang tot die nuutste kultivars;

toegang tot die nuutste tegnologie;

nuwe toetreders tot die sojaboonsaadmark; en

beter kompetisie in die mark.

‘n Voorbeeld van ‘n skrale 10%-opbrengsverhoging (teen huidige

pryse) sal R435/ton ekstra in ‘n sojaboonprodusent se sak beteken.

Die Buro vir Voedsel- en Landboubeleid (BFAP) het ook onlangs in ‘n

verslag bekend gemaak dat die investering in saad en saadtegnolo­

gie, wat moontlik gemaak word deur die teling-en-tegnologiehef­

fing, ‘n addisionele jaarlikse inkomste vir die bedryf kan beteken.

Hierdie berekening is gedoen op grond van die voordele afkomstig

uit die heffings wat tans op gars, koring en sojabone van krag is, wat

R1 miljard addisionele jaarlikse inkomste in die sojaboonbedryf

teweeg gaan bring.