Previous Page  31 / 132 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 31 / 132 Next Page
Page Background

29

September 2018

sojabone. Ontkieming van kankerroossade

vind in die lente en somer plaas en die

onkruid kan tot 1,5 m hoog groei.

Hierdie is ‘n halfkruidagtige eenjarige on­

kruid wat ‘n stewige, diep penwortel vorm

en uiters sterk met die gewas kompeteer.

Kankerroos vorm tussen 200 en 2 000

vrugte per plant, met twee sade wat in elke

vrug voorkom. Die hoeveelheid vrugte wat

per plant geproduseer word, hang af van

hoe welig die plant groei – wat op sy beurt

weer bepaal word deur die hoeveelheid lig,

water en voeding wat die plant ontvang.

Die twee sade binne in elke vrug verskil

in grootte. Die groter saad ontkiem nog

in dieselfde seisoen terwyl die kleiner

saad dormant bly om eers die volgende

seisoen of selfs later te ontkiem. Hierdie

eienskap dra daartoe by dat die onkruid

met moeite beheer word. By lewering van

mielies is slegs sewe kankerroossade per

kg verteenwoordigende mieliesaadmonster

toelaatbaar.

Daar is ‘n hele aantal onkruiddoders ge­

registreer vir die effektiewe beheer van

kankerroos. Produsente moet hulself egter

deeglik vergewis van wat op die etiket van

die onkruiddoder staan sodat hulle seker

daarvan is dat die gekose onkruiddoder op

die gewas waarin die kankerroos beheer

moet word, geregistreer is. Alhoewel ‘n

hele aantal voor-opkomsonkruiddoders vir

die beheer van kankerroos in mielies ge­

registreer is, is beheer soms wisselvallig.

Net soos met olieboom beheer na-opkoms­

onkruiddoders kankerroos meer effektief

– mits die onkruide met toediening nie reeds

te groot is nie. Produsente wat wisselbou

toepas, moet in ag neem dat daar bepaalde

onthoudingsperiodes geld voordat opvolg­

gewasse na die aanwending van die doders

weer geplant kan word.

Vlak grondbewerking na opkoms van on­

kruidsaailinge kan effektiewe beheer te­

weeg bring. Vir produsente wat geen- of

minimumbewerking toepas, is daar ander

opsies om te oorweeg. Kankerroos hou nie

van oorskaduwing nie (weerhouding van

sonlig). Deur ‘n gewas te kies wat vinnig ‘n

blaredak bo-oor die onkruid vorm, kan die

gewas beter met die onkruid kompeteer.

Nouer rywydtes kan ook ingespan word.

Kundiges noem verder dat, in gebiede

waar kankerroos ‘n groot uitdaging is,

plantdatums ontleed kan word. Deur die

gewas te plant sodat dit kan vestig voor

die optimale ontkiemingstyd van die

onkruid, gee aan die gewas self ‘n inheren-

te voorsprong.

Hierdie maatreël vereis egter dat daar

voldoende grondvog asook grond- en

lugtemperature teenwoordig is, wat nie die

gewas sal benadeel nie.

Purperwinde

Purperwinde of

Morning glories

(

Ipomoea

purpurea

L.) is ‘n kruidagtige, someronkruid

wat rankers van tot 2 m kan vorm. Net soos

oliebome en kankerroos, kom purperwinde

wydverspreid in Suid-Afrika voor.

Die plante het wit en/of pers tregtervormige

blomme en kenmerkende, hartvormige

blare. Hierdie onkruid het ‘n relatiewe vlak

verspreide penwortelstelsel. ‘n Enkele

purperwindplant kan tot soveel soos

1 000 saadjies produseer. Net soos met

kankerroos, word slegs sewe saadjies per

kg verteenwoordigende mieliesaadmonster

toegelaat by lewering.

Wanneer purperwinde nie doeltreffend

beheer word nie, lei dit tot oesskade.

Aangesien die plante teen die gewas kan

oprank, kan ernstige infestasies daartoe

lei dat die gewas verdwerg word omdat

dit toegroei. In só ‘n geval is daar dan

opbrengsverliese terwyl die oesproses self

ook ‘n aansienlike uitdaging word.

Soos met enige ander onkruid, moet hierdie

rankende onkruid nie toegelaat word om te

blom en saad te vorm nie. Purperwinde het

die vermoë om dwarsdeur ‘n groeiseisoen

te ontkiem. Dit gebeur daarom dikwels

dat dié sade wat die eerste rondte van

beheer (meganiese of chemiese beheer)

vrygespring het, ernstige uitdagings láát

in die seisoen veroorsaak. Kundiges is van

mening dat die beste beheer verkry sal

word indien meer as een beheermaatreël

gekombineer word.

Kundiges beveel diepbewerking tesame

met chemiese beheer wat deurgaans

regdeur die seisoen opgevolg moet word,

aan. Daar is verskeie geregistreerde on­

kruiddoders op die mark vir die beheer

van purperwinde in mielies. In gevalle

waar glifosaat-tolerante (Roundup Ready™)

mieliekultivars geplant word, kan glifosaat

na opkoms gespuit word.

Sommige glifosaatetikette dui egter daarop

dat purperwindbeheer wisselvallig kan

wees en dat ‘n opvolgbespuiting nodig mag

wees. Purperwindemoet met toediening van

die doder nog in die saailingstadium wees

(vier tot ses blare) aangesien effektiewe

beheer afneem namate die plante groter

word – veral as dit begin rank.

Waar moontlik kan lande net na plant

geskoffel word sodra die saailinge opge­

kom het. By hoë infestasies moet wissel­

bou toegepas moet word in ‘n gewas

waarop ander onkruiddoders vir die

beheer van purperwinde geregistreer is.

Gewasrotasie dra daarom by tot ‘n groter

reeks onkruiddoders waaruit gekies kan

word en lewer ‘n bydrae om te verhoed dat

weerstandigheid teen ‘n spesifieke doder

ontstaan. Deur gewasse te kies wat vinnig

‘n digte blaredak vorm, kan die groei van

hierdie onkruid onderdruk word. Rywydtes

en plantpopulasie kan ook aangewend word

om die infestasievlakke te verlaag.

Opsommend

Kortom, die beheerstrategie van onkruide

waarvan die saad potensieel in graan kan

beland, is dus dieselfde. Onkruidsade ont­

kiem regdeur die seisoen, wat hulle in staat

stel om die aanvanklike beheerstrategieë

van vroegseisoen-skoffelaksies en che­

miese beheer te ontsnap. Hierdie plante

wat ontsnap, se saad beland dan weer in

die saadbed, wat die uitdaging jaar na jaar

net groter maak.

Die strategie wat produsente moet volg

om hierdie uitdaging die hoof te bied, is

om dwarsdeur die seisoen onkruidbeheer

op die korrekte groeistadia van die pro­

bleemonkruid toe te pas. Indien die pro­

bleem vererger, kan wisselbou en ander

agronomiese praktyke soos rywydte,

plantestand en plantdatum oorweeg word.

Die goue reël bly egter om na die etiket

te kyk. Maak seker dat die doder vir die

gewas geregistreer is en let ook op die

onthoudingsperiodes – wat krities is waar

gewasrotasie toegepas word.

Produsente is welkom om

onkruidkundiges by die LNR-

Graangewasse te kontak by

018 299 6100.

2: Kankerroos.

3: Purperwinde.

2

3