Previous Page  35 / 132 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 35 / 132 Next Page
Page Background

33

September 2018

Daar is ‘n hele paar rooi ligte wat reeds flikker en produsente moet

bedag wees op die faktore wat die risiko van weerstandige onkruide

kan bevorder. In

Tabel 3

is ‘n samevatting van sekere faktore wat ‘n

groot rol kan speel in die tempo waarteen weerstandige onkruide

kan ontwikkel en die risiko daaraan verbonde.

Die aktiewe bestanddeel van ‘n onkruiddoder dui die meganisme van

werking van onkruiddoders aan. Die meganisme van werking (

mode

of action

) word gedefinieer in terme van hoe ‘n spesifieke onkruid­

doder ‘n plant beïnvloed.

Daar is tans 15 verskillende meganismes van werking waarin alle

aktiewe bestanddele ingedeel word, geïdentifiseer. Dit is belangrik

dat produsente die groepe onkruiddoders ken en sorg dat daar nie

herhaaldelike toedienings van aktiewe bestanddele wat in dieselfde

groep val, plaasvind nie. Die groepe word aangetoon as hoofletters

op ‘n etiket; so byvoorbeeld is Gramoxone

®

se aktiewe bestanddeel

parakwat en die groep is D.

Weerstandsbestuur

Die gebruik van geïntegreerde onkruidbeheermetodes is krities vir

die beskerming van die bestaande chemie wat vir die beheer van

onkruide gebruik word.

’n Holistiese benadering tot die bestuur van weerstand moet gevolg

word – wat praktyke sal insluit soos:

Gewasrotasie/gewasbestuur;

bewerkings-/agronomiese praktyke; en

chemiese praktyke.

Opsies vir die beheer van weerstandbiedende onkruide is beperk en

die produsent sal die produkte tot sy beskikking met oorleg moet ge­

bruik ten einde die volhoubaarheid van gewasproduksie te verseker.

Die gebruik van onkruiddoders met ‘n alternatiewe meganisme van

werking of nuwe produkte, is nie alleen meer ‘n langtermynoplos­

sing vir die bestuur van onkruiddoderweerstand nie en die gebruik

van geïntegreerde praktyke is noodsaaklik.

Die doel van ‘n suksesvolle weerstandsbestuurprogram is om:

Die verspreiding van onkruidsaad te voorkom;

saadvorming te beperk;

saad wat gevorm is, te vernietig; en

die weerstandsituasie om te keer.

Om die sukses van ‘n weerstandbestuursprogram te verseker, is dit

van kardinale belang om die getalle van die weerstandige onkruid­

populasie te verminder. Onkruide wat tans die grootste uitdagings

vir produsente inhou, is raaigras en vaalskraalhanse.

Raaigras

Raaigras (

Lolium

spp.) is tans die nommer een onkruid in kleingraan.

Dit kom wydverspreid in hoë populasies in die Wes- en Suid-Kaap

voor.

Dit is een van die onkruide waar weerstand teen onkruiddoders die

maklikste ontwikkel omdat:

Dit geneties besonder divers is;

verpligtend kruisbestuiwend is; en

feitlik geen saadrusperiode het nie.

Die gebrek aan die toepassing van geïntegreerde onkruidbeheerstel­

sels en die oorgebruik van onkruiddoders met dieselfde meganisme

van werking, kan ook as redes gesien word vir die ontwikkeling van

onkruiddoderweerstand. Daar is reeds wydverspreide weerstand

van raaigras teen onkruiddoders soos die ACCase-inhibeerders

(Groep A) sowel as die ALS-inhibeerders (Groep B) in eenjarige ge­

wasse aangeteken.

Weerstand teen na-opkomsgrasdoders in kleingraan het die pro­

dusente genoop om oor te skakel na ‘n voor-opkomsbeheerstrategie

van veral raaigras. As gevolg hiervan was produsente gedwing om

oor te skakel na die gebruik van planters in plaas van die tradisionele

uitstrooi- en toekrapmetode wat met saai aangewend is.

Daar is tans verskeie produkte wat met groot sukses vir die voor-

opkomsbeheer van raaigras in kleingraan gebruik kan word, naamlik

trifluralien, triallaat (Avadex), prosulfokarb (Boxer) en piroksasulfoon

(Sakura).

Afgesien van die feit dat van die voor-opkomsonkruiddoders relatief

nuut op die mark is, is daar reeds aanduidings dat die onoordeelkun­

dige gebruik van die onkruiddoders ook tot die ontwikkeling van

weerstand kan lei.

Tabel 3: ‘n Aanduiding van faktore wat as risiko’s kan dien in gewasverbouing om weerstandigheid te

bevorder – wat gegroepeer is as laag, matig en hoog.

* Gewasverbouingspraktyke sluit onder andere in verskillende grondbewerkings, stoppelbestuur, kultivarkeuse, planttyd, plantpopulasies en kompetisie­

vermoë van gewas

BESTUURSOPSIES

RISIKO VIR WEERSTAND

LAAG

MATIG

HOOG

Onkruiddodermengsels/onkruid­

doders wat in rotasie gebruik word

Meer as twee meganismes van

werking

Twee meganismes van

werking

Een meganisme van

werking

Onkruidbeheer in gewasverbouing Optimale gewasverbouingsprak­

tyke*, meganiese bewerking,

chemiese beheer

Meganiese bewerking,

chemiese beheer

Slegs chemiese beheer

Die gebruik van onkruiddoder met

slegs een meganisme van werking

Een keer toegedien

Meer as een keer toege­

dien

Opeenvolgende toe­

dienings

Verbouingspraktyke

Volle gewasrotasie

Beperkte gewasrotasie Geen gewasrotasie nie

Weerstandstatus van onkruiddoder Onbekend

Beperk

Algemeen

Onkruiddruk

Laag

Matig

Hoog

Onkruidbeheerstatus van afgelope

drie jaar in spesifieke land

Goed

Afname in effektiewe

beheer

Swak

Die risiko van

weerstandige onkruide

Fokus

Geïntegreerde plaagbeheer