Previous Page  28 / 132 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 28 / 132 Next Page
Page Background

September 2018

26

Dít is waarom ek my volle heffing betaal

M

et strooptyd verby en meeste graan gelewer, het

produsente ook getrou hul heffingsbydrae tot Graan SA

gelewer. Daar is egter nog ‘n groot aantal produsente

wat glad nie lid is nie of wel lid is, maar nie bydra tot die

heffingsfonds nie. Produsente is genader om aan medeprodusente

te vertel wat Graan SA vir hom/haar as produsent beteken en ook

waarom produsente tot die heffingsfonds moet bydra.

Graan sa

Dirk Kotze,

ledebemarking- en kommunikasiebeampte, Graan SA

Graan SA-heffings:

Vul die leemte

Help my om weldeurdagte

besluite te neem

Onderhandel namens my

Sien om na my belange

George en Liezel Steyn van Ottosdal som dit só op:

In die huidige klimaat in ons land waar landbounavorsing nie die

voorkeur kry wat dit in ander lande wat voedselsekerheid eerste

stel kry nie, vul Graan SA dié leemte. Bewaringslandbouproewe

wat op verskeie plekke in die land gedoen word, het resultate

gelewer wat selfs die navorsers en die produsente betrokke, laat

besef het dat ons, om volhoubaar te kan boer, ons denke sal moet

vernuwe. Dankie Graan SA vir die rol wat julle speel in samespre­

kings met alle rolspelers in landbou – en veral met die regering,

waar die grondkwessie net deur debatvoering opgelos gaan

word. Ons weet watter kritiese rol julle gaan speel.

Dankie dat ek weet die heffingsgelde wat ons betaal, word só

aangewend dat dit tot voordeel van myself en al die produsente

is wat nie betaal nie en tot landbou as geheel se voordeel strek.

Ek wil al my medeprodusente aanmoedig: Kom ons dra almal by,

dan kan ons dít doen wat ons die beste doen en dit is om te bóér.

Dankie Graan SA.

Louis Wessels van Mareetsane se opinie:

Om ‘n lid van Graan SA te wees, is vir my en my boerdery van kardi­

nale belang. Die toegang wat ek tot daaglikse markpryse, tendense

en markverslae van kommoditeite sowel as insette kry, help my om

weldeurdagte besluite rakende die verskansing van my produkte te

neem en beplanning vir die nuwe seisoen se aanplantings te doen.

Die eerstehandse inligting wat ek vanaf Graan SA kry – hetsy op ‘n

daaglikse of weeklikse basis – help my om op hoogte te bly van wat

in die landbousektor aan die gang is. Sodoende kan ek my beplan­

ning en besluitneming met betrekking tot my boerderyaktiwiteite

aanpas. Die insiggewende artikels wat maandeliks in die

SA Graan/

Grain

-tydskrif verskyn, bevat voldoende en leersame inligting vir my

om in my boerdery toe te pas.

Nog ‘n faset van my boerdery waarin Graan SA ‘n groot rol speel,

is die dieselrabat. Ons as produsente weet dat die dieselrabat

die enigste voordeel is wat ons vanaf ons regering ontvang en

Graan SA help ons om te verseker dat die voordeel vir ons behoue

Dirk Laas van Ottosdal sê:

Landbou in Suid-Afrika is waarskynlik een van die sektore wat die

meeste aan politieke, ekonomiese en natuurveranderinge blootge­

stel is. Die kennis wat daar van jou as produsent vereis word om

suksesvol voort te bestaan, is so uiteenlopend dat tyd om aan jou eie

boerdery te spandeer, ‘n faktor raak.

Die heffing op my graan hanteer ‘n faset van my boerdery wat ek as

individu nie op my eie sou kon behartig nie. Agter die skerms finan­

sier ons bevoegde mense om namens ons as produsente te onder­

handel en ons belange en dié van Suid-Afrika eerste te stel.

Kontak ons

Graan SA bedank elke produsent vir sy bydrae. Indien produsente

onseker is of hulle wel tot die heffingsfonds bydra en/of ‘n nuwe

lid van Graan SA wil word, kan hul Patricia Mahlatsi (012 816 8000),

Dirk Kotze (082 492 3313) of Luan van der Walt (072 476 9365)

skakel.

Louis en Sanet Scheepers van Buitendag Boerderye Eiendomme,

Thabazimbi, sien dit soos volg:

Die graanprodusent van vandag is vasgevang in ‘n kosteknyptang.

Daarom moet die winsgewendheid van sy onderneming geoptimali­

seer wees. Graanprodusente moet deel wees van landbou-organisa­

sies wat na hul belange omsien. Graan SA is só ‘n organisasie wat die

belange van die graanprodusent eerste stel.

Ons boerdery, wat lid is van Graan SA, kry ‘n legio voordele wat

‘n bydrae lewer tot die volhoubaarheid van ons onderneming.

Graan SA het ‘n dieselrabat, wat tot ons voordeel is, met die

regering beding. Die kwaliteit van insette en uitsette word ook deur

Graan SA gemonitor deur gereeld steekproewe by verskaffers en

leweringspunte van grane te doen. Dit is maar enkele voorbeelde van

voordele wat ‘n lid van Graan SA kry. Dit hou vir graanprodusente

‘n magdom voordele in om hul ledegelde en graanheffings te betaal.

Die jaarlikse NAMPO Oesdag maak dit vir ons moontlik om bloot­

gestel te word aan die nuutste landboutegnologie – en dat ons dit

eerstehands ervaar. Ons kry ook gratis toegang tot die NAMPO-

terrein en kan in die ledeparkeerarea parkeer. Ons word hartlik in die

ledelokaal ontvang met ‘n koppie koffie en ‘n eetdingetjie. Ons gaan

ontspan ook daar nadat ons voete seer geloop is op die skouterrein.

Ek raai al my medegraanprodusente aan om lid te word van

Graan SA – en die bestaande lede om by te dra tot die heffingsfonds.

bly. Graan SA is ‘n organisasie waarop ek as landbouer en my mede­

landbouers trots kan wees.