Previous Page  26 / 132 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 26 / 132 Next Page
Page Background

September 2018

24

Só lyk die ware struikelblokke

vir grondhervorming

D

ie regering se nalating om titelaktes – en dus volle besit­

reg – vir grond wat vir hervormingsdoeleindes aangekoop

is oor te dra, is op die oomblik die enkele grootste

struikelblok wat graanprodusente in die gesig staar. Dit

het tot gevolg dat nuwe era-boere nie finansiering kan bekom om

grond te bewerk en gewasse te produseer nie.

Hierdie is een van die prominente aspekte wat deur Graan SA

uitgelig is in die voorlegging wat kort gelede by die Parlementêre

komitee oor grondhervorming ingedien is. ‘n Gebrek aan steun­

programme nadat grond aan nuwe era-boere beskikbaar gestel is,

asook die groot leemte wat in die identifisering van begunstigdes

aan wie grond oorgedra kan word ontstaan het, sluit nou hierby

aan. Verskeie ander probleemareas is ook deur Graan SA uitgelig.

Finansiering is ‘n dilemma

Die finansieringsuitdaging strek wyd. Selfs die Land Bank kan in­

gevolge sy huidige mandaat nie ongewaarborgde lenings aan nuwe

era-boere gee nie. Dit geld ook vir

ander finansiële instellings. In die

huidige bestel kwalifiseer nie een

van die begunstigde nuwe era-

boere vir lenings nie. Die verwyte

dat hulle nie as boere slaag nie,

is dus misplaas. Hulle misluk nie

omdat hulle swak boere is nie,

maar omdat finansiële aspekte en

die kwessie van behoorlike eien­

domsbesitreg dit vir hulle on­

moontlik maak om te slaag. Dit is

die stelsel wat misluk, nie die boe-

re nie.

Die beste oplossing vir dié uit­

daging is om volle titelregte aan

begunstigdes van grondhervor­

ming te gee. Dit sal hulle in staat stel om finansiering te bekom of

om geloofwaardige aandele in vennootskappe met kommersiële

produsente te bekom.

‘n Alternatiewe metode wat ook betekenisvol kan wees, is om

die grond aan die betrokke begunstigdes te verkoop op terme

en voorwaardes wat gunstig genoeg vir hulle is om volhoubare

boerdery te begin en te bedryf. Só ‘n stap kan duisende hektaar

grond vir produksie ontsluit. Dit sal ook die getal nuwe era-boere

onmiddellik en aansienlik verhoog.

Bystand na vestiging

Die gebrek aan bystand nadat begunstigde boere op grond

hervestig is, is ook ‘n groot struikelblok in die bevordering van

volhoubare grondhervorming. Om net op grond te woon, sal nie die

menswaardigheid van diegene wat negatief deur optredes van ‘n

vorige bedeling geraak is, verhoog nie.

Ontsluiting van die waarde van grond ten einde welvaart te skep,

is die eintlike doel van grondhervorming. Dit kan slegs geskied

indien ‘n behoorlike bystandstelsel daargestel en ordentlik in

stand gehou word. Vennootskappe met veral kommoditeitsorgani­

sasies is van uiterste belang.

Vennootskappe en gesamentlike ondernemings met bestaande

kommersiële produsente is ook die sleutel tot beduidende vorde-

ring in hierdie opsig.

Identifisering van begunstigdes

Nog ‘n belangrike aspek ten opsigte van die geslaagde vestiging

van nuwe boere is die identifisering van begunstigdes. Op die

oomblik is daar, sover bekend, geen kriteria vir die identifisering

van begunstigdes nie. Die aard van herkapitalisasie-begunstigdes

wat deur die Departement van Landelike Ontwikkeling en

Grondhervorming uitgesoek is, hou bitter min verband met die

vereistes wat geld vir

bona fide

-boere.

Die suksesvolle vestiging van nuwe era-boere in Graan SA se

Ontwikkelende Landbouprogram word daaraan toegeskryf dat

voorligtingsbeamptes daardie

mense uitgewys het wat die

beste potensiaal vir boerdery

getoon het of waar die nuwe

era-boer sy eie bydrae tot die

koste van produksie kon lewer.

Die huidige wantroue tussen

die regering en die privaat

sektor oor die identifisering van

begunstigdes het ‘n uiters na­

delige invloed op die vordering

na behoorlike grondhervorming.

Staatsbegroting vir

grondhervorming

en ondersteuning

Ontledings van onvoldoende

bewilligings vir grondhervorming wat deur verskeie instansies,

waaronder die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing, gedoen

is, laat twyfel ontstaan of die Departement van Landelike Ont­

wikkeling en Grondhervorming werklik ernstig was om die tempo

van volhoubare grondhervorming te verhoog.

Groot was die verbasing oor fondse wat vir projekte soos bemar­

king en verwerking deur Agriparke bewillig is in plaas daarvan dat

dit na nuwe era-boere gekanaliseer is. Besteding aan bemarking

en verwerking asook infrastruktuur, kan slegs gedoen word nádat

produksievermoë geskep is. Geen produksie is egter moontlik

sonder finansiering nie.

In teenstelling daarmee, het boere wat in samewerking met

Graan SA die voordele van die Departement van Landelike

Ontwikkeling en Grondhervorming se herkapitalisasieprogram be­

nut het, feitlik onmiddellik na die vlak van kommersiële produsente

beweeg. Van hulle het bykomende grond aangekoop met die

inkomste wat hulle uit eie oeste verkry het en die nuwe plaas het

dadelik as sekuriteit gedien om oesfinansiering vir albei plase te

verkry.

Graan sa

Grondhervorming

Mariëtta Cronjé,

SA Graan/Grain

medewerker

Graan SA-voorlegging aan Grondkomitee

Dit is die stelsel

wat misluk, nie die

boere nie.