Previous Page  27 / 132 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 27 / 132 Next Page
Page Background

graAn sa

2019-tot-2024-prioriteite

onder die soeklig

‘n

Afvaardiging van die Departement van Landbou, Bosbou

en Visserye (DAFF) het Graan SA onlangs besoek. Die

doel was om die graanbedryf se prioriteite vir die

volgende vyf jaar te bepaal. Dit was die eerste keer dat só

n i teraksie gehou is.

Van die prioriteite wat aan DAFF uitgelig is, is die volgende:

Oopmaak van internasionale markte – veral mielies en sojabone.

Uitbreiding van sojaboonproduksie en -vraag – veral in die

hoenderbedryf.

Ontwikkelende graanboere benodig hulp met opberging en het

beperkte verwerkingsfasiliteite.

Finansiering vir opkomende boere – hulle het geen titelaktes as

sekuriteit nie.

Eindpunttantiemebeleid vir alle selfbestuifde gewasse.

Finansiële ondersteuning vir landbou-ontwikkelingsprogram.

Die enkele grootste uitdaging is die winsgewendheid van die

graanbedryf. Die daling in fondse vir navorsing en die bedreigings

wat die mynbousektor inhou, is ook uitgelig as groot hindernisse.

Die impak van klimaatsverandering en die koringomdraaistrategie is

ook bespreek.

Daar was ‘n rits van onmiddellike samewerkingsaksies wat gelys

is. Meeste van die temas hou verband met biosekuriteit en wetge-

wing/regulasies wat met die huidige winsgewendheid van die sektor

verband hou.

Graan SA verwelkom hierdie tipe samewerking en sal graag met

die DAFF wil saamwerk om in die volgende vyf jaar ‘n verskil te

maak.

Jannie de Villiers,

uitvoerende hoofbestuurder, Graan SA

Infrastruktuur in afgeleë

landelike gebiede

Die gebrek aan paaie, verwerkingsgeriewe en opbergingsplekke

in afgeleë landelike gebiede het ook regstreekse nadelige gevolge

op die winsgrense van nuwe era-boere in hierdie gebiede.

Onbehoorlike opbergingsplekke vir produkte soos mielies hou

gesondheidsrisiko’s in, wat tot groter begrotingsvereistes ten op­

sigte van gesondheidsmaatreëls vir die regering kan lei.

Die gebrek aan behoorlike paaie om hul produkte by markte te kry,

voeg aansienlike uitgawes by boere se insetkoste. Weens swak

padtoestande stel sommige vervoermaatskappye nie eens daarin

belang om vervoer van produkte uit hierdie gebiede aan te pak nie.

Hierdie ekstra kostes verlaag natuurlik boere se winsgrense – wat

dit weer vir hulle ‘n groter uitdaging maak om ‘n volhoubare en

winsgewende boerdery te bedryf.

Huidige beleidsbelemmeringe

Graan SA is ook bewus van ‘n hele aantal suksesvolle vennootskap­

pe of gesamentlike ondernemings tussen kommersiële produsen­

te en nuwe era-boere. Daar is ‘n gewilligheid om hierdie soort van

samewerkende ooreenkomste aan te gaan, maar kommersiële

produsente is soms versigtig om die veld te betree weens onseker­

heid oor of watter ooreenkomste ook al aangegaan word, voldoen­

de sal wees om as grondhervorming beskou te word. Produsente

neem dus ‘n houding in van “wag en sien” in plaas daarvan om

die inisiatief te neem om sodanige samewerking te begin en

grondhervorming sodoende te bevorder.

Die huidige skuldlas van kommersiële produsente, hoofsaaklik

weens die droogte van 2016 en lae graanpryse, laat ook weinig

ruimte vir die voorsiening van finansieringsekuriteit om bystand

te verleen of ooreenkomste aan te gaan. Graan SA is van mening

dat beleidsraamwerke met duidelike riglyne tot ‘n groot mate daar­

toe kan bydra om grondhervorming te bevorder en te versnel.

25

September 2018

Miekie kén van

wetenskap

M

e Miekie Human is in April vanjaar as navorsings­

assistent by Graan SA aangestel. Dié gebore en getoë

Noordwester het op Nietverdiend grootgeword en aan

Afrikaanse Hoër Meisieskool in Pretoria gematrikuleer.

“Ek was besonder gelukkig om tot onlangs vol­

tyds te kon studeer en is tans besig om

my PhD af te handel. Alhoewel ek

die akademie geweldig geniet

het, wou ek graag ervaring

opdoen van hoe navorsing

prakties toegepas kan word,”

vertel sy. “Ek sien myself as

‘n ewige student en wil nooit

ophou om nuwe dinge te leer

nie.”

Haar kwalifikasies sluit

in BSc Mediese Weten­

skappe, BSc (Honneurs)

in Genetika, MSc Bioteg­

nologie en ‘n PhD Bio­

tegnologie, waarmee sy

tans nog besig is – al­

les aan die Universiteit

van Pretoria.

SA Graan/Grain

redaksiespan

Miekie Human