Previous Page  32 / 132 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 32 / 132 Next Page
Page Background

September 2018

30

Die risiko van

weerstandige onkruide

vir gewasverbouing

O

nkruiddoderweerstand het die afgelope paar jaar ‘n al­

gemene besprekingspunt onder produsente geword. Die

grootste uitdaging hiervan is om weerstand positief te

identifiseer en te bewys. Daarna moet beheerstrategieë

sorgvuldig bepaal word om die spesifieke populasie uit te roei of om

die verspreiding daarvan sover as moontlik te beperk.

Onlangs is daar in die media berig oor die voorkoms van

Amaranthus

palmeri

, Palmer Amarant, wat nou ook sy opwagting in Suid-Afrika

gemaak het. Dit het opnuut weer die vergrootglas op onkruiddoder­

weerstand geplaas. In Suid-Afrika is daar tans weerstand aangeteken

teen nege onkruidspesies en ses onkruiddodergroepe.

Die eerste bevestigde geval van onkruidweerstand met selektiewe

onkruiddoders is aangeteken in 1986 teen wildehawer (

Avena fatua

)

in koring. Daarna het verskeie gras- en breëblaaronkruide gevolg

– soos in

Tabel 1

aangedui.

In die vroeë 2000’s is onkruiddoderweerstand teen gras- en breë­

blaaronkruide ook aangeteken teen nie-selektiewe onkruiddoders,

wat hoofsaaklik in voor-saaisituasies en meerjarige boordgewasse

(

Tabel 2

) gebruik word.

Alhoewel daar verskeie ander onkruidspesies is waarvan die beheer

in die afgelope paar jare ‘n al hoe groter uitdaging geword het, is daar

tans nog geen nuwe bevestigde gevalle van weerstandbiedendheid

in rygewasse in die Hoëveldstreke nie. Dit is daarom noodsaaklik om

te onderskei tussen weerstand, “natuurlike tolerante” en moeilik be­

heerbare onkruide.

In meeste gevalle wat onlangs in die noordelike streke ondersoek

is, is weerstand teen onkruiddoders nie bevestig nie en kan swak

beheer eerder toegeskryf word aan oneffektiewe onkruiddodertoe­

diening en/of die morfologiese eienskappe van spesifieke onkruide.

Produsente moet egter geensins te gerus wees dat onkruiddoder­

weerstand net tot sekere gebiede in Suid-Afrika beperk is nie.

Fokus

Geïntegreerde plaagbeheer

DR Erik Eksteen,

verkoopsbestuurder: Wes-Kaap, Syngenta,

dr Elbé Hugo,

tegniese produkbestuurder: Onkruiddoders,

Syngenta en

Francois Viljoen,

tegniese bestuurder: Onkruidbeheer, Syngenta

ONKRUID

HRAC GROEP GESKATTE HA*

Avena fatua

– 1986

ALS, ACCase

15 000

Lolium rigidum

– 1993

ALS, ACCase

400 000

Amaranthus hybridus

– 1993 Triasiene

5 000

Raphanus raphanistrum

– 1997 ALS

50 000

Phalaris minor

– 1999

ALS, ACCase

5 000

Stellaria media

– 2002

ALS

25 000

Bromus diandrus

– 2010

ALS

20 000

Tabel 1: Eenjarige gewasse.

Tabel 2: Meerjarige gewasse.

ONKRUID

GROEP

GESKATTE HA*

Lolium rigidum

– 2001

Glisiene (G)

90 000

Lolium rigidum

– 2002

Bipyridyliums (D)

12 000

Conyza bonariensis

– 2003 Bipyridyliums (D)

Glisiene (G)

40 000

50 000

Plantago lanceolata

– 2003 Glisiene (G)

2 000

* Skattings soos gedoen deur die HRAC se Wes-Kaapse werkgroep

* Skattings soos gedoen deur HRAC se Wes-Kaapse werkgroep

Graan SA/Sasol fotokompetisie

– Fred Beck 2014