Previous Page  37 / 132 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 37 / 132 Next Page
Page Background

Produk

Min

CFU/ml

Bakterieë

N – Faktor

Raklewe

Dosis / 100 kg

sojasaad

Behandelings dae

voor planttyd

2 x 10^9

1

12 Maande

300 ml

1 Dag

6.5 x 10^9

2

18 Maande

300 ml

21 Dae

6.5 x 10^9

4

18 Maande

300 ml

21 Dae

1 x 10^10

3

12 Maande

400 ml

60 Dae

Rizo-Liq Soybean

‘n vloeibare entstof bevat OSMO-beskermingstegnologie wat verseker dat

die produk tot 10 keer meer bakterieë as tradisionele vloeibare entstowwe bevat. OSMO-

beskermingstegnologie verander die manier waarop ons sojaboonsaad behandel. Die

tegnologie maak dit moontlik vir boere om opbrengspotensiaal te verhoog en die

sojaboonsaad 21 dae voor planttyd te behandel.

Nitro-Liq Soybean

entstof is 'n premium vloeibare entstof met rhizobiumbakterieë in hoë

lewensvatbare bakteriese tellings per ml van die produk. Die produk is perfek vir 'n produsent

wat op soek is na 'n ekonomiese behandeling wat die vermoë het om die saad te behandel en

wat binne 24 uur geplant kan word.

Signum Soybean

vloeibare entstof bevat twee baie gevorderde tegnologieë - seingenerasie

en OSMO-beskerming. Signum bevat 'n hoë konsentrasie van rhizobiumbakterieë en verskeie

seinmolekules om die infeksieproses van die bakterieë in die plant te versnel, wat die proses

van stikstofbinding verhoog. Die seinmolekules stimuleer ook die verdedigingsmeganismes

van die sojaboonplant teen siektes en klimaatstres.

Elite Soybean

vloeibare entstof bevat MMP (Microbial Membrane Protection)-tegnologie wat

ons toelaat om sojaboonsaad op 'n industriële wyse tot 60 dae voor planttyd te behandel.

MMP se groot deurbraak maak hierdie bakteriële formulering taaier en meer versoenbaar

met swamdoders en nuwe industriële tegnologie.

144 Avenue 2,

Modder East Orchards, Delmas

T: +27 (0) 82 738 0080

E: orders@mbfi.co.za

W: www.mbfi.co.za

Nitro-Liq

- L8986

Bradyrhizobium japonicum

2x10⁹CFu/ml,Act36of 1947 -

Rizo-Liq

- L8738

Bradyrhizobium japonicum

6.5x10⁹CFu/ml,Act36of 1947;

-

Signum

- L8988

Bradyrhizobium japonicum

6.5x10⁹CFu/ml,Act36of 1947;

Elite

- L8925,

Bradyrhizobium japonicum

1x10¹⁰CFu/ml,Act36of 1947.

Navorsing wat in Australië gedoen is, het bewys dat die opeenvol­

gende gebruik van dieselfde voor-opkomsonkruiddoder of die ge­

bruik van té lae dosisse, kan lei tot weerstandsontwikkeling teen

piroksasulfoon (Busi

et al

, 2014). Die stelling is soveel te meer geldig

by raaigras wat reeds weerstand teen ander groepe onkruiddoders

ontwikkel het, in welke geval weerstand teen piroksasulfoon vinniger

sal ontwikkel.

‘n Verdere gevaar wat die ontwikkeling van weerstand teen een van

die voor-opkomsonkruiddoders inhou, is die feit dat daar kruisweer­

stand teen die ander voor-opkomsmiddels (Busi en Powles, 2013)

kan ontwikkel. Indien dit gebeur, kan dit verreikende gevolge vir die

volhoubare produksie van koring in die Wes-Kaap inhou. Kruisweer­

stand is waar een onkruid weerstandig raak teen meer as een on­

kruiddoder met verskillende meganismes van werking.

Vaalskraalhans

Vaalskraalhans (

Conyza bonariensis

) kom wyd verspreid in gewas­

verbouingsgebiede voor op onversteurde grond, langs paaie, stop­

pellande, sowel as in meerjarige gewasse soos druiwe, kern- en

steenvrugte. Die saad ontkiem in die winter en groei dan in ‘n roset

voordat die plant begin opstaan sodra die lente begin. Weerstand in

vaalskraalhans is in 2003 bevestig teen die nie-selektiewe onkruid­

doder glifosaat (Groep G), sowel as die skroeimiddels parakwat en

dikwat (Groep D).

Wat die uitdaging groter maak, is dat nie-selektiewe onkruid­

doders die basis van ‘n onkruiddoderprogram in boordgewasse

vorm. Afwisseling van onkruiddodergroepe is ‘n groot uitdaging.

‘n Onkruiddoder wat wel in boordgewasse gebruik kan word, is

glufosinaat ammonium wat ook nie-selektief is en ‘n alternatiewe

meganisme van werking het.

Mengsels kan ook met nie-selektiewe onkruiddoders en produkte

wat terbutielasien bevat gemaak word, of deur MCPA in die meng­

sels te gebruik. In rygewasse is die opsies ook beperk, aangesien

die meeste gewasse in oes staan wanneer die onkruid beheer

moet word. Parakwat, of ‘n mengsel van glifosaat en 2,4-D kan, in­

dien moontlik, met valarms toegedien word om goeie bedekking te

verseker en om te verhoed dat die onkruid saad vorm.

Tydsberekening van die toedienings is ook krities, aangesien vaal­

skraalhans makliker beheer word wanneer dit in die roset-groei­

stadium is. Hoe groter die plante is, hoe moeiliker raak die beheer

daarvan. Dít is een van die groot uitdagings van goeie beheer in ry­

gewasse.

Vir enige navrae, kontak dr Elbé Hugo by

elbe.hugo@syngenta.com

wat ook die voorsitter van HRAC-Suid-Afrika is.

Verwysings

Busi, R, Gaines, TA, Vila-Aiub, MM and Powles, SB. 2014.

Inheritance of evolved

resistance to a novel herbicide

(pyroxasulfone). Plant Science 217 - 218 (127 - 134).

Busi, R en Powles, SB.

Cross-resistance to prosulfocarb and triallate in pyroxysul-

fone-resistant

Lolium rigidum. Pest Management Science. 69: (2013) 1 379 - 1 384.

Herbicide Resistance Committee. No date.

Guidelines to the management of herbi-

cide resistance. www.HRACGLOBAL.com.

Die risiko van

weerstandige onkruide

Fokus

Geïntegreerde plaagbeheer