Previous Page  30 / 132 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 30 / 132 Next Page
Page Background

September 2018

28

Olieboom, kankerroos, purperwinde

– die drie sondebokke

O

lieboom, kankerroos en purper­

winde is drie onkruide wat tot

afgradering van graan kan lei.

Die effektiewe beheer van dié

onkruide is heelwat makliker gesê as gedaan

en bly vir menige produsent ‘n kopseer.

Olieboom

Olieboom (

Datura species

) is ‘n eenjarige

onkruid wat ‘n wydverspreide probleem­

onkruid in verskeie gewasse in Suid-Afrika is

(

Foto 1

). Die olieboomplant is ‘n uiters sterk

groeier en daarom ‘n sterk mededinger vir

water, voedingstowwe en lig.

Datura

-saad ontkiem gewoonlik saam met

die mieliesaad, maar omdat hierdie onkruid

regdeur die seisoen tot en met die eerste

harde ryp teenwoordig is, kan oliebome tot

met graanvullingstadium ‘n invloed op die

mielieplante hê.

Elke olieboomplant van die

Datura ferox

-

spesie (groot stinkblaar) kan 100 plus saad­

kapsules vorm, elk met 200 tot 300 sade.

Die saad wat deur een olieboomplant per

hektaar geproduseer word, is genoegsaam

om te veroorsaak dat die graan wat van

daardie land afkomstig is, afgekeur word.

Hierdie onkruid is ongewens in graan weens

die giftige aard van die plant (veral van die

saad) en gevalle van vergiftiging van mens

en dier is al aangeteken. Dit is daarom krities

dat produsente hierdie onkruid effektief

beheer.

‘n Goeie onkruidbeheerprogram wat daarop

fokus om die vestiging van hierdie onkruid

in ‘n land te beheer, is die eerste stap om

te verseker dat oliebome nie hand uitruk

nie. Kundiges is dit eens dat olieboom nie

alleenlik met voor-opkomsonkruiddoders

doeltreffend beheer kan word nie. Die mees

effektiewe beheer word verkry met na-

opkomsonkruiddoders.

Dit is noodsaaklik om ‘n bymiddel by die

na-opkomsonkruiddoders te voeg om die

penetrasie van die onkruiddoder te be­

vorder. Die korrekte identifikasie van die

tipe olieboom wat beheer moet word, is

noodsaaklik vir effektiewe beheer omdat

daar verskeie onkruiddoders vir die beheer

van olieboom in mielies geregistreer is.

Daar moet seker gemaak word dat die

gekose onkruiddoder wel die relevante

olieboomspesie wat in die spesifieke land

voorkom, sal beheer. Omdat

Datura

-spesies

uiters gehard is, moet dit so gou moontlik na

opkoms beheer word. Die tydsberekening

van so ‘n bespuiting moet goed beplan

word om te verseker dat laat ontkiemende

oliebome ook beheer word, anders is op­

volgbespuitings nodig.

Die optimale tyd om ‘n onkruiddoder toe te

dien vir die beheer van sodanige onkruid

is tussen die twee- tot sesblaar-stadium.

Soos met alle onkruide sal groter plante

minder doeltreffend beheer word deur na-

opkomsonkruiddoders. Wanneer chemiese

beheer nie effektief was nie, moet daar van

meganiese verwydering gebruik gemaak

word of moet dit met die hand uitge-

skoffel word.

Slegs een

Datura

-saadjie word per kg

mieliesaad toegelaat tydens gradering.

Indien daar

Datura

-saad in die graan is, is

dit raadsaam om self eers die saad te laat

sif voordat dit gelewer word, omdat daar

‘n fooi van ongeveer R100 gehef word vir

elke siftingsproses per ton graan wat deur

graansilo’s gedoen word. Wanneer onkruide

nie effektief beheer is nie, kan meer as een

siftingsproses nodig wees om die giftige

saad te verwyder.

Kankerroos

Kankerroos (

Xanthium strumarium

L.) is ‘n

belangrike onkruidplaag in ‘n groot aantal

kontantgewasse soos graangewasse en

Fokus

Dr Maryke Craven, Marlene van der Walt

en

dr Jeanetta Saayman-du Toit,

LNR-Graangewasse, Potchefstroom

1: Olieboom.

1

Geïntegreerde plaagbeheer