

Dit beteken hy kan met een, pleks van twee, planters die werk
gedoen kry.
Presisie kardinaal
Die jongste John Deere-planter wat ten volle vir presisie toegerus
is, met ’n driepunt-aanhegting wat verdere presisieplant op hul
lande met die hellings bevorder, word gebruik. Hy vind dat dié
planter makliker in die bergagtiger dele met kleiner lande bestuur
kan word as wat die geval is met ’n groot geenbewerkingsplanter.
Outomatiese stuur met GPS op die trekker is, volgens hom, in die
stelsel noodsaaklik.
Holmes, wat op die plaas grootgeword en skoolgegaan het, sê hulle
het ’n paar jaar gelede, toe vleisbeespryse op ’n laagtepunt was,
begin om al hul weiding vir gewasproduksie aan te wend. Deur
beeste te verkoop en meer saaigrond by te huur, het dit die boerdery
binne drie jaar vanaf ’n skaars winsgewende onderneming met
200 ha lande tot op die heersende 1 200 ha plus se gewasproduksie
geneem.
Hulle berg ’n groot deel van hul oes op die plaas en hul
opbergingskapasiteit is tans 8 000 ton.
Vroeër het hul sojabone beproef, maar vind dat mielies steeds die
gewas is wat konstant die beste in daardie klimaat vaar.
“Danksy verminderde bewerking en presisietoediening het ons
oor die jare ons stikstoftoediening aansienlik gesny,” sê Holmes.
Bekalking en die gebalanseerde toediening van fosfate en kalium bly
egter vir hom besonder belangrik.
Versuring
Sy grondkundekonsultant, mnr Cobus Burger van die firma SGS,
meen ook dat bekalking van die grootste belang is in ’n stelsel soos
dié wat Inungi toepas.
“Ondergrondse versuring tref geenbewerkingsprodusente, wat
die kalk net op die grond uitstrooi, dikwels onverwags,” sê Burger.
“Met strookbewerking kan die kalk egter op die bewerkte rye diep
neergesit word, wat dié uitdaging verlig,” meen hy.
Volgens hom is nog ’n uitdaging met geenbewerking dat
voedingstowwe soos kalium ondergronds ontgin word, maar nie
aangevul word nie. In Holmes se stelsel kan hy die kalium vóór
planttyd ondergronds bandplaas en met planttyd het hy die opsie
om bykomende kalium toe te dien.
Burger sê geenbewerking het vir die Holmes’e reeds merkbare
verbeterings bewerkstellig. Hul bogrond het reeds verdonker, maar
die hindernis was tyd – hulle wou graag voor plant hul kunsmis in die
grond kry.
op plaasvlak
Bewaringslandbou
Van geen- tot strookbewerking
Die verskil in toerusting
Strookbewerking vereis veel meer presisie as geenbewerking.
Geenbewerkingsplanters het ’n skyf of kouter vooraan die planteenheid, wat deur oesreste en die grondoppervlak sny om
die saad neer te sit. ’n Drukwiel volg dan gewoonlik om die saadvoor toe te maak.
Met strookbewerkingsplanters word bemesting en onkruidbeheermiddels gewoonlik apart toegedien en as die presisiebe-
heer op die ry nie perfek is nie, kan dit tot verhoogde koste lei, wat meebring dat die kool nie meer die sous werd is nie.
Strookbewerking voeg voorts suurstof tot die stelsel toe, wat die ontbinding van organiese materiaal kunsmatig versnel
– anders as met geenbewerking.
In koue gebiede, soos in Kanada en die noorde van Amerika, verhit strookbewerking wel die grond – waar die vorming van
’n beter saadbed as met geenbewerking, ontkieming aanhelp.
2a tot 2c: Só lyk presisieplant. Selfs op die Holmes’e se hellingagtiger lande kry hulle dit met GPS en presisietoediening van kalk
en bemesting reg om mielies só presies op die ry met strookbewerking te vestig en gelyk te laat opkom.
Foto’s: Cobus Burger
2a
2b
2c
Oktober 2018
94