

Oktober 2018
90
Voorkom
dié foute
met bewaringslandbou
W
eens die volhoubaarheid van bewaringslandbou word
dit vanaf vele verhoë aangemoedig en bevorder.
Heelwat produsente laat vaar dan hul konvensionele
graanproduksiepraktyke en begin “geenbewerking”
toepas – wat soms nie slaag nie.
“Geenbewerking werk nie by my nie” is ‘n uitspraak wat dan
gemaak word. Duidelik is dié produsent teleurgesteld in be
waringslandbou en val dan weer terug op konvensionele grond
bewerking wat grondagteruitgang bevorder en die volhoubaarheid
van graanproduksie ondermyn. Waar lê die probleem? Is die
grond dalk nie geskik vir bewaringslandbou nie, of het iets iewers
skeefgeloop?
Die grootste oorsaak van mislukkings
in die toepassing van bewa
ringslandbou is, volgens die Argen
tyne, nie die grond of klimaat soos
wat dikwels aangevoer word nie,
maar dit kan in die meeste gevalle
aan onkunde toegeskryf word. On
kunde oor grond en verkeerde per
sepsies oor die vereistes van en hoe
bewaringslandbou toegepas moet
word, is hier by ons waarskynlik ook
vir vele mislukkings verantwoordelik.
Só beweer ‘n produsent by ‘n
byeenkoms dat hy ernstig is oor
bewaringslandbou en sy grond nie
meer bewerk nie. Dit word nou net
eenmalig in die vroeë lente 5 cm
diep met ‘n skottelimplement be
werk. Die doel van die bewerking is
om plantreste met die grond te meng
sodat dit vinnig kan afbreek, enige
onkruid te vernietig en belangrik:
Om die infiltrasie van reënwater te
bevorder.
Duidelik word twee van die drie beginsels van bewaringslandbou,
naamlik minimum grondversteuring en die behoud van oesreste op
die grondoppervlak nie nagekom nie. Onkunde oor die gevolge van
bewerking op die grond word só geopenbaar.
Oesreste op die grondoppervlak is aansienlik meer werd as in die
grond, aangesien dit, onder meer, die grond teen erosie beskerm en
die infiltrasie van water bevorder.
Bewerkings kan wel die infiltrasie van water bespoedig, maar dit
is gewoonlik vir ‘n bitter kort periode. ‘n Dun kors of seëllagie vorm
gewoonlik vinnig tydens die eerste reënbui op die grondoppervlak
van meeste bewerkte gronde sonder ‘n bedekking. Dié kors is
minder as 1 mm dik en vertraag die infiltrasie van water dan ernstig.
Gevolglik begin van die reënwater afloop, wat dan veroorsaak dat dit
vir graanproduksie verlore gaan en terselfdertyd erosie van die los
grond tot gevolg het.
Die boonste lagie grond is ook waar grondorganiese materiaal
opbou – mits dit nie versteur word nie. So, selfs geringe en
“onskadelike” versteuring van die bogrond sal verhoed dat
grondorganiese materiaal opbou.
Minimum versteuring van die grond
Bewaringslandbou bestaan uit drie beginsels wat saam korrek
toegepas moet word. Die eerste beginsel is minimum grondver
steuring en, indien moontlik, geenbewerking. Konvensionele grond-
bewerking met ploeë, skottel- en tandimplemente word dus nie in
bewaringslandbou toegepas nie. Slegs die bietjie grondversteuring
wat deur die planter tydens die plasing van die kunsmis en saad
veroorsaak word, word toegelaat.
Die Verenigde Nasies se Voedsel
en Landbou-organisasie hand
haaf hierin ‘n bitter streng
maatstaf. Sodra die wydte van
die versteuring wat deur die
planter veroorsaak word meer
as 15 cm is, kwalifiseer dit nie as
bewaringslandbou nie.
Strip-till
,
wat die grond gewoonlik wyer
as 15 cm versteur, kwalifiseer
daarom nie as bewaringsland-
bou nie.
‘n Uiters nadelige gevolg van
bewerkings is dat dit die ag
gregaatstabiliteit van die grond
– dit is die binding van grond
deeltjies aan mekaar, oftewel
grondstruktuur – aftakel en
vernietig. Gronddeeltjies is dan
los van mekaar en word maklik
deur water- en winderosie
weggevoer. Boonop is dit die
waardevolste gedeelte van die
grondprofiel, naamlik die grond
op die oppervlak, wat eerste
deur erosie weggevoer word. Die sleutel hierin is grondorganiese
materiaal wat nie kans kry om op te bou en aggregate te vorm nie.
Deklaag
Nog ‘n verkeerde persepsie is dat bewaringslandbou uit slegs
geenbewerking bestaan en dat ‘n deklaag van oesreste, hoe karig
of tydelik van aard ook al, nie nodig is nie. Die tweede beginsel van
bewaringslandbou bepaal juis dat ‘n deklaag van oesreste op die
grondoppervlak gelaat moet word.
Die belangrikheid van die deklaag word gewoonlik onderskat en die
afwesigheid van ‘n deklaag is waarskynlik in ‘n groot aantal gevalle
een van die grootste oorsake vanmislukkingsmet bewaringslandbou.
In konvensionele gewasstelsels word oesreste gewoonlik vir veevoer
gebruik. En dit is ook die betoog van produsente dat die gebruik van
oesreste vir ‘n deklaag, ten koste van die vee is.
op plaasvlak
Mislukkings / Beginsels / Deklaag
Bewaringslandbou
Dr André Nel,
onafhanklike akkerboukundige
“
...die afwesigheid
van ‘n deklaag is
waarskynlik in ‘n groot
aantal gevalle een van
die grootste oorsake
van mislukkings met
bewaringslandbou.
“