

Van geen- tot strookbewerking
– spoedsonthalwe
T
er wille van spoed in ’n immer-krimpende plantvenster
het ’n familieboerdery van Kokstad in KwaZulu-Natal van
geenbewerking na strookbewerking oorgeskakel. Mnr Guy
Holmes boer saam met sy pa, Trevor, op die plaas Inungi,
op die Transkei-grens. Hulle verbou uitsluitlik mielies – beide op
droëland en onder spilpunt.
Holmes sê hulle het al minstens agt jaar gelede van konvensionele
na geenbewerking oorgeskakel. Dít het ’n enorme kostebesparing
bewerkstellig; onder meer gebruik hulle nou die helfte van die diesel
wat hulle vroeër gebruik het. Hierdie besparings was benewens
ander betekenisvolle voordele, soos ’n herlewing in grondgesond
heid en die feit dat kontoere spoedig nie meer nodig was om afloop-
erosie in die bek te ruk nie.
Hulle boer op beide eie en huurgrond in die omgewing van Kokstad
en Cedarville. Hul lande is uiters uiteenlopend – van plat lande tot
dié met skerp hellings. Tans plant hulle jaarliks ongeveer
1 250 ha mielies per jaar, waarvan sowat 250 ha onder spilpunt is,
met normaalweg rondom 600 mm tot 800 mm reën per jaar.
Hul gemiddelde opbrengs op droëland is ongeveer 10 t/ha en
onder die spilpunte rondom 12 t/ha tot 14 t/ha.
Ryp soms tot in November
“Ons plantvenster is klein en dit voel asof hy net al hoe knapper
word,” sê Holmes. Dikwels is daar net 20 dae om al die hektare
mielies te plant om seker te maak hulle spring die ryp vry. Hulle het
onlangs weer ryp en sneeu in November gekry – en dit ryp dikwels
nog tot in Oktober.
In planttyd word daar dwarsdeur die dag en nag geplant. Soms
was dit al nodig om binne twee weke al die hektare geplant te kry.
“Ons het voorheen geenbewerking gedoen, maar ek vind dat ’n
strookbewerkingsplanter die werk aansienlik vinniger doen. Met
die geenbewerkingsplanter waar die kunsmis op die planter is,
gaan dit veel stadiger. Met ’n 12-ry-planter kon ek in ’n 24-uur-
dag met geenbewerking 60 ha tot 70 ha geplant kry. Met die
strookbewerkingsplanter, sonder die kunsmis op, plant ek 150 ha in
’n 24-uur-dag.”
93
October 2018
Op plaasvlak
Bewaringslandbou
Plantvenster / Planttyd / Presisie
Marleen Smith,
SA Graan/Grain
medewerker
Doen wat vir jou werk
“Doen wat tans biologies en ekonomies die beste vir jou in jóú stelsel is en op jóú plaas werk,” sê dr Hendrik Smith,
bewaringslandboufasiliteerder van Graan SA.
“’n Monokultuurstelsel mag ekonomies-gewys die winsgewendste wees, maar ’n multispesie-dekgewasmengsel op ’n
deel van die lande vir ’n deel van die jaar kan die uitdaging van ondergrondse versuring en voedingstofhersirkulering
– soos dié van kalium – mettertyd ondervang,” meen dr Smith.
“Strookbewerking is net soos geenbewerking ’n bewaringslandboupraktyk. Dit het egter sy eie uitdagings en sonder die
res van die herlewingslandboupakket werk dit nie optimaal nie,” verduidelik hy.
’n Integrale deel van hierdie pakket is spesiediversiteit, en om die beste gewasmengsel vir jou plaas te vind om grond
gesondheid te laat herleef en onkruidweerstand te onderdruk.
1a: Guy Holmes in een
van sy lande.
Foto:
Cobus Burger
1b: Guy en sy seuntjie,
Matthew, in
’
n sojaboonland.
1a
1b