

91
October 2018
Om alle oesreste vir veevoer te benut en niks op die grond agter te
laat nie, is teenproduktief.
‘n Deklaag van slegs 3 ton oesreste per ha het die afloop van
reënwater in ‘n wetenskaplike proef in die Noordwes Provinsie in
een seisoen met 186 mm verminder. Dié water is genoeg om die
opbrengs van mielies met minstens 2 t/ha te verhoog. Sou die 3 ton
oesreste as winterweiding gebruik word om vleis te produseer, is
dit onwaarskynlik dat dit die ekonomiese waarde van 2 ton mielies
per ha sal klop.
Die belangrikheid van ‘n deklaag word ook elders in die wêreld
beklemtoon. Suid-Amerikaanse kundiges beveel aan dat met
die oorskakeling na bewaringslandbou, ‘n dekgewas eers op die
konvensionele manier gevestig moet word met die uitsluitlike doel
om ‘n deklaag te skep. Geenbewerking begin dan in die daar
opvolgende seisoen met die oesreste van die dekgewas.
Sodra ‘n deklaag aanwesig is, beskerm dit die grond en dien ter
selfdertyd as ‘n gestadigde bron van voedsel vir mikro-organismes
wat vervolgens weer ‘n bydrae lewer om die grondorganiese
materiaal op te bou en die grond se aggregaatstabiliteit te herstel.
Omdat ‘n infiltrasiekors nie onder ‘n deklaag vorm nie en die
aggregaatstabiliteit herstel, bly die infiltrasietempo van water hoog
en bied die grond ook beter weerstand teen erosie.
Die onderskepping en opberging van reënwater verhoog dus. Dié
beginsels word in
Foto 1
, wat gedurende Maart in een van die
Ottosdal No-till Klub se proewe geneem is, duidelik.
Stappe vir sukses
Om mislukkings met die oorskakeling na bewaringslandbou te
beperk, is dit noodsaaklik om van die volgende stappe te neem:
Bestudeer eers beskikbare inligting om bewaringslandbou te
verstaan. Besoek suksesvolle produsente en neem kennis van
wat hulle doen en waaraan hulle hul sukses toeskryf. Dan is
daar die internet wat maklike toegang bied sonder ‘n uitgebreide
soektog. Graan SA se webwerf bevat ‘n groot volume inligting
en skakels na waardevolle inligting (
http://www.grainsa.co.za/
grain-research/conservation-agriculture
).
Maak seker jou grond het nie fisiese of chemiese beperkings,
soos ‘n verdigting of ‘n lae pH, nie. Stel die beperkings eers reg
voordat bewaringslandbou toegepas word.
Stel vas watter planttegniek (pen of skottel) suksesvol op jou
grond behoort te wees.
Probeer om ‘n deklaag met die eerste gewas te skep; hierin is
die plant van multispesie-dekgewasse die beste. Oorspronklik
is gereken dat minstens 30% van die grondoppervlakte deur
plantreste bedek moet word. Tans is die siening dat hoe groter
die bedekking, hoe voordeliger vir die produsent.
Resultate van die Ottosdal No-till Klub se proewe, wat deur
Graan SA gekoördineer en deur die Mielietrust befonds word,
toon duidelik dat mielie-opbrengste waar bewaringslandbou reg
toegepas word, gelyk aan of hoër is as die opbrengste van mie
lies waarvan die grond konvensioneel bewerk is. Dié waarheid
het ongelukkig nog nie by ‘n groot aantal produsente, wat
skepties teenoor bewaringslandbou staan, tuisgekom nie.
Grondkompaksie
Volgens die Ottosdal No-till Klub is grondkompaksie een van die
grootste uitdagings van bewaringslandbou om te oorkom. Weens
dekades se bewerking is die grondstruktuur vernietig en kompakteer
grond – veral dié met ‘n sanderige tekstuur – maklik. Die indruk
bestaan dan dat dié gronde nie vir bewaringslandbou en die
gepaardgaande geenbewerking geskik is nie.
Uit hul ondervinding is dié No-till Klub van mening dat be
waringslandbou op alle grond in die Noordwes Provinsie suksesvol
kan wees indien dit reg aangepak word. Die volgende stappe word
aanbeveel:
Begin bewaringslandbou deur ‘n planter, wat met tande toegerus
is vir die plasing van kunsmis en die skep van ‘n “saadbed”,
te gebruik. Die werkdiepte van die tand kan van 150 mm tot
250 mm wissel – afhangende van die grondtekstuur. Hoe
sanderiger die grond, hoe dieper behoort die bewerking te
wees. Eksperimentering met die werkdiepte van die tand is vir
elke plaas nodig.
Soos organiese materiaal oor jare in die bogrond onder
bewaringslandbou toeneem, verminder die kompaksiekwes
baarheid van die grond en kan die werkdiepte van die tand
vlakker gemaak word.
Die ideaal waarna gestreef word, is om ‘n planter wat met
kouters, eerder as tande, toegerus is te gebruik, aangesien
kouters die grond aansienlik minder as tande versteur.
1: Die verskil wat bewa
ringslandbou aan grond
teweegbring is hier duidelik
te sien. Aan die linkerkant is
die grond onder geenbe-
werking met ‘n deklaag
van sowat 50%, met geen
sigbare erosie nie. Aan die
regterkant is die grond
konvensioneel bewerk, met
‘n beperkte infiltrasiever-
moë en is erosie wat deur
die afloop van reënwater
veroorsaak is, duidelik
sigbaar: Reënwater wat vir
graanproduksie verlore is.
1