

Oktober 2018
40
Nuwe in- en uitvoerinligting:
Wat beteken dit?
S
edert die deregulering van die
bemarkingswet in die laat 1990’s
geld die vryemarkstelsel in die
plaaslike graanmarkte. Dit het ver
oorsaak dat die hele dinamiek rondom die
bemarking van graan vir produsente – en
ook vir ander rolspelers in die bedryf
– wesenlik verander het, aangesien el
ke rolspeler in die bedryf nou self ver
antwoordelik is vir die bemarking van
sy graan.
Dit het voldoende inligting in die mark
uiters noodsaaklik gemaak, aangesien
genoegsame inligting die basis is waar
vandaan die verskillende rolspelers in die
mark besluite neem. Die vryemarkstelsel
kan net optimaal funksioneer indien alle
rolspelers in die mark toegang het tot
dieselfde inligting – veral rakende aspekte
wat die vraag en aanbod beïnvloed,
aangesien dit een van die belangrikste
fundamentele aspekte is wat die prys en
uiteindelik die besluitneming van die rol
spelers in die bedryf beïnvloed.
Hoe funksioneer die mark?
Onder normale omstandighede oorskry
plaaslike produksie gewoonlik plaaslike
verbruik, wat beteken Suid-Afrika is ge
noodsaak om ander bestemmings vir die
mielies wat nie plaaslik verbruik word nie,
te vind. Hierdie mielies word uitgevoer
na ander bestemmings wat wel ’n groot
vraag na mielies het. Daarom moet Suid-
Afrika in terme van uitvoere met ander
internasionale lande soos die VSA en Suid-
Amerika meeding.
Die internasionale mielieprys speel der
halwe ’n beduidende rol in die plaaslike
markpryse. Wanneer daar, om een of ander
rede, in die plaaslike mark uitdagings is
wat tekorte in die plaaslike mark veroorsaak,
moet Suid-Afrika mielies invoer vanaf een
of ander internasionale bestemming.
Alhoewel die plaaslike mielieprys tot ’n
groot mate die internasionale tendense
volg, veroorsaak die plaaslike vraag-en-
aanbodsituasie in die mark dat pryse
teen óf uitvoerpariteits- óf invoerpariteits
prys verhandel.
Grafiek 1
toon die plaaslike mieliepryse
teenoor die in- en uitvoerpariteitspryse.
Die plaaslike markpryse is uiters sensitief
aangesien dit tussen ’n invoer- en uitvoer
pariteitsprys verhandel, wat groot prysbe
wegings in die mark kan veroorsaak indien
wesenlike veranderinge in die plaaslike
vraag-en-aanbodsituasie ontstaan.
Indien die relevante inligting met betrek-
king tot hierdie aspekte nie betyds in die
mark beskikbaar is nie, kan dit tot groot
verliese vir markdeelnemers lei.
In- en uitvoere
Duidelik speel die internasionale handel
van mielies ’n groot rol in die plaaslike
mark – hetsy dit aan die invoer- of aan
die uitvoerkant van die mark is.
Die plaaslike vraag-en-aanbodsituasie kan
daarom wesenlik verander na gelang van
die handel wat plaasvind – en pryse kan
gevolglik ook skerp daarop reageer.
op plaasvlak
Handelsintensies / In- en uitvoere
Bemarking
Luan van der Walt,
landbou-ekonoom, Graan SA
Grafiek 1: Plaaslike pryse gemeet teen Amerikaanse pariteitspryse van mielies gelewer
in Randfontein.
Bron: Graan SA
Grafiek 2: Weeklikse fisiese uitvoere en uitvoerintensies vir mielies.
* Intensies
Bron: SAGIS