

45
October 2018
Kontakpersone
Oos-Kaapse streeksverteenwoordigers
Gerald Jack (Port Elizabeth) by 041 484 2725
Felicity Daniels (Port Elizabeth) by 041 484 2725
Vrystaatse streeksverteenwoordiger
Zanele Buhlungu (Bloemfontein) by 051 406 0967
Gautengse streeksverteenwoordiger
Christo Botha (Pretoria) by 012 319 6139
Wes-Kaapse streeksverteenwoordiger
Christo Gouws (Stellenbosch) by 021 809 1709
Produsente word aanbeveel om rekord van lotnommers of ko
denommers te hou, aangesien indieningsmonsters van alle saad
lotte by die betrokke geregistreerde saadlaboratoriums waar
kwaliteitskontrole uitgevoer word, vir dispuutondersoeke beskikbaar
is. Tydens die aankope van saad behoort ’n ontledingsertifikaat
ten opsigte van die kwaliteit van die spesifieke saadlot wat deur ’n
geregistreerde saadlaboratorium uitgereik is, aangevra te word.
Ons raai produsente ook aan om die fisiese sak en etikette wat aan
die sak aangebring is, te bewaar, sowel as die faktuur wat uitgereik
is vir die aankope van die spesifieke lot. Om bloot ’n saadmonster te
hou, sal in vele gevalle nie goed genoeg as bewys wees nie, maar ’n
geseëlde sak saad sal wel kan dien as ondersteuning.
Kunsmis
Produsente moet daarop let dat daar ál meer ongetoetste produkte
in die mark beskikbaar raak. Moet nie op groot skaal nuwe middels
gebruik nie.
Produsente word aangeraai om hul kunsmis onafhanklik te laat
toets. Dit is uiters belangrik dat kunsmismonsters reg geneem
moet word. Kunsmismonsters om kunsmiskwaliteit te toets,
moet in samewerking met die kunsmismaatskappy geneem word.
Produsente kan in dié verband vir Graan SA, Fertasa of vir William
Deale direk kontak vir die neem en ontleding van monsters om
die kwaliteit daarvan te toets. William se kontakbesonderhede is
083 947 2389 of
wideale@gmail.com
.
Ingeval ’n produsent steeds vermoed dat daar uitdagings is
met die kunsmis wat hy gekoop het – nadat die saak met die
kunsmismaatskappy opgeneem is – kan hy Graan SA skakel of
’n klagte direk by die Registrateur van Wet 36 van 1947 aanhang-
ig maak.
Landbouchemikalieë
Die kwaliteit van landbouchemikalieë (aktiewe bestanddele) kan
by die Suid-Afrikaanse Graanlaboratorium (SAGL) getoets word.
Kontak Cecilia Breedt (Crop Protection Division – SAGL) by
Cecilia.breedt@sagl.co.za
, 012 807 4019 X 2023 of 082 458 9327.
Diesel
Indien produsente vermoed dat daar uitdagings met dieselkwaliteit
is – veral in gevalle van moontlike paraffienkontaminasie, kan hulle
die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) skakel vir die monitering
daarvan.
Kontak Russell Allison (SAID) by
rallison@sars.gov.za
.
Indien produsente self hul diesel wil toets, kan die webtuiste
www.dieseltesting.co.za
besoek word of 087 575 3568 geskakel
word om die toetsinstrumente aan te koop.
Vrywaring
Sover moontlik is alles gedoen om die akkuraatheid van hierdie inligting te verseker. Graan SA aanvaar egter geen
verantwoordelikheid vir enige skade of verliese wat gely word as gevolg van die gebruik van hierdie inligting nie.
Dit is redelik in lyn met die minimum
hoeveelheid wat aan die einde van die
bemarkingseisoen beskikbaar moet wees
– en waarmee die mark redelik gemaklik sal
wees. Indien die eindvoorraad as persenta-
sie van die plaaslike verbruik na onder
12% daal, behoort die mark betreklik meer
sensitief te wees vir enige faktore wat
moontlik die produksie vir die komende
seisoen kan beïnvloed.
Sorghum
Grafiek 4
op bladsy 43 toon die plaaslike
sorghumverbruik, eindvoorraad en eind
voorraad as ’n persentasie van die plaaslike
verbruik. Volgens Grafiek 4 is die sorghum
eindvoorraad as persentasie van die plaas
like verbruik steeds redelik hoog, alhoewel
dit sedert die 2014/2015-seisoen skerp
gedaal het.
Na verwagting sal die sorghumeindvoor-
raad vir die 2018/2019-seisoen ongeveer 21%
van die plaaslike verbruik wees. Dit is redelik
hoog en die mark behoort nie so sensitief
vir produksie-omstandighede te wees nie.
Grondbone
Die plaaslike grondboonmark se eindvoor
raad het die afgelope twee jaar weer
aansienlik toegeneem vanaf die vlakke
waarop dit in die 2016/2017-seisoen was. Die
plaaslike grondboonmark is relatief klein in
terme van produksie en verbruik en verlede
seisoen se bevredigende plaaslike produksie
het die plaaslike eindvoorraad aan die einde
van die 2017/2018-seisoen laat toeneem tot
en met 62% van die plaaslike verbruik.
Na verwagting sal die eindvoorraad vir die
huidige seisoen (2018/2019) ongeveer 44%
van die plaaslike verbruik wees (
Grafiek 5
op
bladsy 43).
Ten slotte
Dit is noodsaaklik om die eindvoorraad van
die verskillende gewasse in gedagte te hou,
aangesien dit ’n kardinale rol in die nuwe
seisoen se vraag-en-aanbodsituasie speel.
Die eindvoorraad van die een seisoen is
beskikbare voorraad wat oorgedra word
na die volgende seisoen. Saam met die
nuwe seisoen se produksie dra dit by tot
die beskikbare voorraad.
Hoe meer die eindvoorraad vir die seisoen
is, des te meer sal dit bydra tot die volgende
seisoen se voorraad, wat beteken dat
die plaaslike vraag-en-aanbodsituasie in
die daaropvolgende seisoen weer makliker
in ’n oorskotsituasie kan inbeweeg. Dan
sal die pryse vir die betrokke gewas onder
druk wees, aangesien oorskotte in die
mark daartoe lei dat die mark nader aan
uitvoerpariteit verhandel.
Die meeste van die plaaslike somergrane
se eindvoorraad vir die 2018/2019-seisoen
is kommerwekkend hoog – slegs sonne
blomsaad se verwagte eindvoorraad vir
die seisoen is redelik in lyn met normale
omstandighede.
Graanmark-oorsig