

43
October 2018
van die plaaslike verbruik meer as 13% vir
die seisoen is, sal dit ’n groter impak op die
volgende seisoen se aanbod hê. Hoe groter
dié persentasie is, hoe minder volatiel
behoort die mark vir die nuwe seisoen se
produksie te wees.
Mielies
Grafiek 1
toon die plaaslike verbruik,
eindvoorraad en die eindvoorraad as ’n
persentasie van die plaaslike verbruik van
mielies sedert die 2000/2001-seisoen.
Die inligting in Grafiek 1 wys duidelik
dat die oordragvoorraad van mielies die
afgelope twee jaar skerp toegeneem het,
nadat dit gedurende die droogte van die
2016/2017-seisoen redelik laag was.
Die oordragvoorraad wat aan die einde
van die 2017/2018-seisoen gerapporteer
is, was ongeveer 36% van die plaaslike
verbruik, terwyl die verwagting vir die
2018/2019-seisoen is dat die oordrag
voorraad ongeveer 34% behoort te wees.
Dit is hoë eindvoorraad, aangesien dit
ongeveer 2,6 keer meer is as die ongeveer
13% waarmee die mark redelik gemaklik is.
Sojabone
Sojaboonproduksie het die afgelope twee
jaar skerp toegeneem en die 2017/2018-
en 2018/2019-seisoene is gekenmerk deur
twee agtereenvolgende rekordproduksie
syfers van 1,316 miljoen ton en 1,558 mil
joen ton onderskeidelik.
Hierdie skerp toename in die plaaslike pro
duksie, het die toename in die plaaslike
verbruik ver oorskry – wat sojaboonvoorrade
in Suid-Afrika laat akkumuleer het. Daar
kan duidelik in
Grafiek 2
gesien word dat
die sojabooneindvoorraad die afgelope
twee seisoene ook tot nuwe vlakke toe
geneem het.
Na verwagting sal die sojabooneindvoor
raad vir die 2018/2019-seisoen ongeveer
654 000 ton wees – wat ongeveer 55%
van die plaaslike verbruik verteenwoordig.
Dit is ongeveer 4,2 keer meer as die voor
raadvlakke waarmee die mark in terme van
beskikbare voorraad aan die einde van die
bemarkingseisoen gemaklik is.
Die groot oordragvoorraad, tesame met
die nuwe seisoen se produksie, sal lei tot
nog groter voorrade wat die vraag-en-
aanbodbalans meer uit proporsie sal trek en
laat oorhel na die aanbodkant toe.
In die plaaslike sojaboonmark sal een van
twee belangrike gebeure moet plaasvind
om die balans tussen vraag en aanbod weer
te herstel:
Die plaaslike verwerking sal drasties
moet toeneem (daar is genoeg mark
spasie daarvoor).
Die surplus sojabone sal uitgevoer moet
word (markprys sal na uitvoerpariteit
moet daal).
Sonneblomsaad
Die plaaslike sonneblomsaadverbruik het
die afgelope twee seisoene bevredigende
groei getoon en het nuwe rekordvlakke
bereik – wat positief vir die plaaslike
sonneblomsaadmark is. Die plaaslike ver
bruik van sonneblom – veral die pers
daarvan vir olie en oliekoek – het vir die
eerste keer gedurende die 2017/2018-
seisoen die 850 000 ton-vlak oorskry. Na
verwagting sal hierdie vlakke in die
2018/2019-seisoen weer oorskry word.
In
Grafiek 3
word geïllustreer dat die
sonneblomsaadeindvoorraad oor die afge
lope twee jaar ’n afwaartse tendens be-
leef het.
Na verwagting sal die eindvoorraad vir
die 2018/2019-seisoen ongeveer 12% van
die plaaslike verbruik wees.
Grafiek 3: Plaaslike sonneblomsaadverbruik, eindvoorraad en eindvoorraad as persentasie van
plaaslike verbruik.
Bron: SAGIS
Grafiek 4: Plaaslike sorghumverbruik, eindvoorraad en eindvoorraad as persentasie van
plaaslike verbruik.
Bron: SAGIS
Grafiek 5: Plaaslike grondboonverbruik, eindvoorraad en eindvoorraad as persentasie van
plaaslike verbruik.
Bron: SAGIS