

Oktober 2018
44
Kwaliteit van insette
– benader aankope só
Corné Louw,
senior ekonoom, Graan SA
Inset
-oorsig
op plaasvlak
d
it is weer sulke tyd: Tyd vir die aankoop en toediening
van insette. Produsente spandeer jaarliks miljoene
rande aan produksie-insette. Waarom dan kanse vat
met die kwaliteit daarvan?
Graan SA staan jaarliks sy lede by om ondersteuning
te verleen met die beslegting van insetdispute, waar die kwaliteit
van insette skade aan die lid se oes veroorsaak het. Die afgelope
seisoen was weer eens ’n bewys daarvan toe heelparty inset
uitdagings by Graan SA aangemeld is.
Wenke vir die aankoop
en gebruik van insette
Die gebruik van ongetoetste insetmiddele en die aankoop van in
setmiddele by onbekende verspreiders, stel produsente jaarliks
aan groot risiko’s bloot. Let op die volgende wenke wanneer
insetmiddele aangekoop en gebruik word:
Maak seker dat die insetverskaffer ’n erkende maatskappy is
met ’n bewese rekord.
Sorg dat alle aanbevelings sover moontlik op skrif gestel en
veilig bewaar word.
Hou rekord van alle aankope.
Gaan die kwaliteit van die insetmiddel na.
Wanneer saad behandel word, moet dit deur die saadmaatskappy
self of met gesertifiseerde saadbehandelingstoerusting ge-
doen word.
Wanneer landbouchemikalieë aangekoop word, maak seker:
Die middel is geregistreer onder Wet 36 van 1947 vir die doel
van gebruik;
die maatskappy wie se middel dit is, lid van CropLife is;
dat die verspreidingsmaatskappy lid van CropLife is; en
dat die agent gekwalifiseerd is.
Dit gee ekstra gemoedsrus as ’n maatskappy waarby aange
koop word, ’n lid van ’n sambreelorganisasie is, byvoorbeeld vir
saad, SANSOR; vir kunsmis, Fertasa, vir landbouchemikalieë,
Croplife en vir Landboumasjinerie, SAAMA.
Raadpleeg die 2018 MIG-publikasie van die LNR-Graangewasse.
Gebruik oor die algemeen klein kontrolepersele om nuwe inset
middele te toets alvorens dit op groot skaal gebruik word. Moenie
’n nuwe middel op al jou hektare gebruik nie.
Wat Rhizobium-bakterieë betref, is dit belangrik dat slegs ge
registreerde (L-registrasie onder Wet 36 van 1947) entstowwe
gebruik word. Die spesifieke produk moet ook verkieslik deur die
betrokke saadmaatskappy wie se saad geplant word, aanbeveel
word. Moenie nuwe produkte op groot skaal gebruik nie.
Produsente wat hul entstof wil laat toets om seker te maak dat
dit lewensvatbaar is, kan die LNR-Plantbeskermingsnavorsing
(Roodeplaat) hiervoor kontak by 012 808 8138 of stuur ’n e-pos na:
Francina Bopape by
PhalaneF@arc.agric.za
Poppie Mthimunye by
MthimunyeP@arc.agric.za
Dr Ahmed Hassen by
HassenA@arc.agric.za
Hoe gemaak as kwaliteitsuitdagings
wel ervaar word?
Wanneer uitdagings met die kwaliteit van ’n inset vermoed of
ondervind word, moet die volgende stappe gevolg word:
Kontak so gou moontlik die verteenwoordiger van wie die
insetmiddel aangekoop is en dring op ’n ter plaatse ondersoek
aan. Hou ook rekord van datums en gesprekke.
Versamel en stel soveel moontlik inligting op skrif, neem foto’s
of maak video-opnames om later na terug te verwys.
Daarna moet die volgende stappe oorweeg word indien die
uitdaging nie opgelos is nie. Moenie te lank hiermee wag nie.
Hoe langer gesloer word, hoe ’n groter uitdaging raak dit om te
bewys dat dit kwaliteitsuitdagings is wat skade veroorsaak het.
Lede kan Graan SA in kennis stel indien die maatskappy nie
die nodige aandag en oplossings vir die betrokke uitdagings
verskaf nie.
Tree in verbinding met ’n onafhanklike wetenskaplike om ’n ter
plaatse ondersoek te doen.
Saad
Ingeval ’n produsent steeds vermoed dat daar uitdagings met
die saad is wat hy aangekoop het nadat die saak reeds met die
verteenwoordiger en die maatskappy wat die saad verskaf het,
opgeneem is, kan hy die Departement van Landbou, Bosbou en
Visserye kontak. Dié departement sal dan ’n handelskontrole-
ondersoek doen ingevolge die Plantverbeteringswet.