

Oktober 2018
42
op plaasvlak
Somergrane:
Waar staan
plaaslike voorraadvlakke?
Luan van der Walt,
landbou-ekonoom, Graan SA
Graanmark
-oorsig
13 September 2018
v
raag en aanbod is in die plaas-
like graanmarkte die beduidend
ste fundamentele aspek in die
bepaling van plaaslike pryse.
Daarom is dit vir produsente
belangrik om die vraag en aan
bod van somergrane in gedagte te hou
wanneer hulle besluite vir die nuwe seisoen
neem.
Met die nuwe seisoenbeplanning en aan
plantings wat voorlê, is die eindvoorraad
van die verskillende gewasse ’n belangrike
aspek vir produsente om te oorweeg. Die
eindvoorraad verteenwoordig die hoe
veelheid graan (onverbruikte graan) wat
aan die einde van die bemarkingseisoen
beskikbaar is en wat daarom na die volgen
de bemarkingseisoen toe oorgedra word.
Die eindvoorraad word uitgedruk as ’n
persentasie van die plaaslike verbruik ten
einde dit meer in perspektief te plaas vir
die ontleder van die inligting. Die algemene
duimreël in die plaaslike mark is dat die
beskikbare voorraad aan die einde van
die bemarkingseisoen ongeveer 45 dae
(1,5 maande) se verbruik moet verteen
woordig.
Dit beteken die eindvoorraad as persenta
sie van die plaaslike verbruik ten minste
ongeveer 13% moet wees. Indien die
eindvoorraad minder as 13% is, is dit
laag en behoort dit, in terme van prys, ’n
ondersteunende faktor in die mark te wees.
Die mark behoort ook in so ’n geval vir
die nuwe seisoen se produksie heelwat
meer sensitief te wees vir aspekte wat die
produksie-omstandighede negatief kan
beïnvloed, soos byvoorbeeld die weer.
Indien die markeindvoorraad as persentasie
Grafiek 1: Plaaslike mielieverbruik, eindvoorraad en eindvoorraad as persentasie van
plaaslike verbruik.
Bron: SAGIS
Grafiek 2: Plaaslike sojaboonverbruik, eindvoorraad en eindvoorraad as persentasie van
plaaslike verbruik.
Bron: SAGIS