

Takel dié
uitdaging
op ’n ander manier
A
lhoewel plaasaanvalle en die diefstal van vee die voort
bestaan van ’n boerdery-onderneming bedreig, is die
diefstal van kommoditeite nóg een van die groot uitdagings
waarmee produsente gekonfronteer word. In 2015 het
Vrystaat Landbou ’n verslag gepubliseer waarin aangeteken is dat
meer as 80% van kommersiële produsente in dié streek deur die
diefstal van saad, mielies, diesel of ander kommoditeite geraak is.
Dit wil voorkom asof die meeste sulke voorvalle snags plaasvind
wanneer kriminele sonder inmenging toegang tot die produkte het.
Vragmotors wat met graan gelaai is en op die land gelaat word of
in oop gebiede naby silo’s geparkeer word, is ’n maklike teiken. ’n
Produsent in die Ermelo-omgewing vertel dat hy genoodsaak was
om sekuriteitsmaatreëls in plek te stel nadat al 36 planterbakke op
die land oornag leeg gesteel is.
Volgens ’n dosent in penologie aan Unisa, word hierdie tipe mis
daad nie behoorlik aangemeld nie, omdat diefstal net geklassifiseer
word as diefstal by jou woning óf sake-onderneming. ’n Paar
liter diesel wat uit ’n trekker gesteel word, val nie in een van dié
kategorieë nie. Die diefstal van kunsmis uit store en saad uit
saadbakke of selfs mielies vanaf ’n leweringswa, kan ook nie hier
onder ressorteer nie.
Voorsorgmaatreëls word
die oë agter jou kop
Vanweë die groot omvang van grond wat beveilig moet word,
bly dit ’n uitdaging om ’n plaas te beveilig. Dit is bykans onmoontlik
om die hele gebied te polisieer om te verseker dat geen graan,
saad, kunsmis of diesel voete kry nie. In ’n artikel op Maroela Media
gee AfriForum en verskeie sekuriteitsmaatskappye raad oor die
beveiliging van plase. Een daarvan is om vertrouelinge, wat inlig
ting oor onwettighede wat plaasvind of beplan word verskaf,
te vergoed.
Volgens mnr Kyle Condon, die eienaar van D and K Management
Consultants and Investigations, is dit belangrik om eers die uitdaging
te diagnoseer voordat enige stappe gevolg word om sekuriteitstel
sels te installeer. Hulle metode is om risiko te verminder deur
intelligensie – óf eenvoudig gestel deur ’n geheime ondersoekdiens
wat inligting kan verskaf wat nie algemeen beskikbaar is nie.
“Die uitdaging is nie wat gesteel is nie, maar wie dit doen, wanneer
die misdaad plaasvind en waarom dit gedoen word,” sê hy. Nadat
dié inligting uitgesnuffel is, kan die nodige toerusting geïnstalleer
word om die skuldiges vas te trek.
Deur werkspanne op plase te infiltreer – met gehuurde “spioene”
as deel van die personeel – het hulle bevind dat die skuldiges
hoofsaaklik werknemers en/of kontrakwerkers is wat dit vir finan-
siële gewin doen.
Volgens mnr Gary McKay, hoof van kommersiële bedrywighede van
Fidelity ADT Commercial, is daar verskeie opsies om hierdie tipe
misdaad te bekamp.
Alarmstelsels en kameras by silo’s en stoorfasiliteite kan die
produsent onmiddellik in kennis stel indien ongemagtigde
persone rondbeweeg.
Die installering van rigstrale (
beams
) en bewegingsensors kan
geïnstalleer word. Sommiges het ’n omvang van tot 1 km.
GSM/GPRS sein-opsporingstoestelle wat selfoonseine kan
opvang sodra dit binne die omvang van die toestel is. Indien
die misdadiger ’n selfoon byderhand het, kan hierdie stelsel die
produsent waarsku indien daar ’n indringer op die land is. Hier-
die toestel maak dit ook maklik om vas te stel waar ’n misdadiger
op jou eiendom wegkruip.
Daar is ook battery- of sonkragaangedrewe mobiele op
lossings beskikbaar. Hierdie toestelle, wat dien as mobiele
bewegingopsporing en alarmstelsels, kan op die lande of
waar nodig by trekkers, saadbakke en ander implemente
opgestel word.
p
l
a
a
s
s
e
k
u
r
i
t
e
i
t
Kollig
Louise Kunz,
SA Graan/Grain
redaksiespan
’n Plan word uit nood gebore
Met die hoë brandstofpryse kom die diefstal van diesel meer algemeen voor.
Nadat mnr Chris Davel van Johannesburg self deurgeloop het met diefstal uit
sy trokke, het hy ’n sif ontdek wat dieseldiefstal kan voorkom.
As ’n entrepreneur het hy gou besef dat dit ook ’n oplossing kan bied
vir die landbouwêreld. Sy ontwerp het aan hom ’n eerste plek tydens
NAMPO 2018 se Boerepatentekompetisie in die afdeling: Gemodifiseerde
Gereedskap besorg.
Tans ry hy die land vol om sy trekkerdieseldiefstalbeveiliger te bemark. Hier
die toestel is ’n permanente staalsif-insetsel vir trekkers wat in die nek van
die dieseltenk inpas. Die brandstoftenk se bestaande prop pas daarop. Die
sif word van 5 mm dikte staal vervaardig en met gom of klinknaels vasgesit.
Dit verhoed dat brandstof met ’n pyp uit die tenk gesuig kan word.
Vir meer inligting, kontak hom by 072 634 1900.
35
Octob
er 2018
Chris Davel met sy peutervrye siwwe vir dieseltenks in
trekkers en vragmotors.
Foto:
Landbouweekblad