

37
Tel: (011) 615-6421/677-2100
FORD, FIAT, NEW HOLLAND
and MASSEY
mekaar verbyry, is dit gerusstellend en wanneer jy hom die dag
nie sien nie, behoort jy ’n oproep te maak om te hoor of alles
reg is.
Wees versigtig met die deel van inligting oor jou perseel en
gewoontes. Huis- en plaaswerkers is dikwels ’n uitdaging,
omdat hulle daardie inligting aan kriminele oordra. Dit is
raadsaam dat werkers nie moet weet dat daar ’n kluis, wapens,
kontant of enige ander waardevolle items in jou huis is nie. Daar
was al gevalle in misdaadondersoeke waar foto’s van items
soos kluise en alarmstelsels op die selfone van werkers gevind
is – waar dié inligting aan aanvallers deurgegee is.
Moenie enigiemand in diens neem voor sy identiteit en
agtergrond nie vasgestel is nie. Hou rekord van mense wat
vir jou werk en sorg dat jy foto’s van hulle en afskrifte van hul
identiteitsdokumente het.
Sorg dat die ondergroei van bome (naby die woning) skoonge
sny is, want dit kan ’n skuilplek vir misdadigers wees.
Gebruik gruis in jou erf of om jou huis as vroeë waarskuwings
teken.
Daar moet behoorlike beligting buite wonings wees.
Outomatiseer hekke – veral op kwesbare punte soos by die
ingang na die plaas of woning. Dit verseker dat inwoners nie
hoef uit te klim nie. In meeste gevalle sal dit nodig wees om
sonpanele en batterybystand aan die hekmotors te koppel
– veral by verafgeleë hekke. Moet nooit onnodig lank by ’n hek
vertoef nie – dit is die ideale plek vir ’n lokval. Moet nooit uitklim
as ’n outomatiese hek nie wil oop- of toemaak nie. Dit kan ’n
teken van ’n lokval wees.
Beskou sekuriteit in “lae”: Laag een is elektriese heinings en
outomatiese hekke, laag twee buitebeskerming met kameras en
laag drie beskerming binne die woning.
Werk ’n noodplan uit en maak seker elkeen in die gesin weet
hoe hy of sy in geval van nood moet optree.
Indien jy iemand op jou eiendom betrap, moet daar ’n dossier
by die polisie geopen word en ’n klag soos diefstal, betreding of
poging tot roof gelê word.
Meld alle verdagte persone of voertuie by jou naaste polisie
stasie of veiligheidsnetwerk aan.
Werkers of vreemdelinge moenie regstreekse toegang tot ’n
erf hê om by ’n deur aan te klop nie. Bring ’n interkomstelsel by
die hek aan. Te dikwels is plaasmense al oorval deur misdadigers
wat voorgegee het dat hulle werk soek of iets wil koop.
Vergoed vertrouelinge wat inligting oor onwettighede verskaf
en moedig werkers aan om inligting oor verdagte omstandig
hede bekend te maak.
Met dank aan mnre Christiaan Heafele
(Mooirivier Beskerming), Nico Economakis
(Frontier Wapens) en Jaco Faurie (Doringkruin
Buurtwag, Klerksdorp).
Termiese beeldkameras (asook die termiese beeldkamera-
handmodelle) werk besonder goed in groot, oop ruimtes wat
swak belig is.
’n Toestel kan ook op enige elektriese omheining aangebring
word, wat jou onmiddellik in kennis stel van die presiese plek
waar daar met die heining gepeuter word.
Die koste om voorsorgmaatreëls teen diefstal in plek te stel, is
geweldig hoog, maar kan op die lange duur die behoud van die
boerdery-onderneming verseker.
Verwysings
Vrystaat Landbou Veiligheidslessenaar. 1 Oktober 2016.
Impak van misdaad op
’n veilige en volhoubare kommersiële landbousektor in Virginia
. Beskikbaar by:
http://vrystaatlandbou.co.za/english/images/media/persverklarings/2015/MIS
DAAD-IMPAKSTUDIE-OP-GEORGANISEERDE-LANDBOU-VIRGINIA.pdf.
Rademeyer, A. 5 September 2017.
35 wenke om veilig op jou plaas te wees.
Beskikbaar by:
https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/35-wenke-om-veilig-op-
jou-plaas-te-wees/.
Landbouweekblad
. 8 Augustus 2013.
Wat kos misdaad op plase
. Beskikbaar by:
https://www.netwerk24.com/landbou/Argief/wat-kos-misdaad-op-plase-2017
0915
.
Takel dié
uitdaging
Graan SA/Sasol fotokompetisie
– Amanda van Blerk 2017