

41
October 2018
Inligting met betrekking hiertoe is uiters
belangrik, aangesien die verskillende rol-
spelers in die mieliemark hul bemar
kingsbesluite daarop skoei. Die weeklikse
invoer- en uitvoersyfers van die fisiese
handel wat plaasvind (fisiese invoere en
uitvoere) is een van die aspekte wat saam
met heelwat ander inligting (soos weeklikse
produsentelewerings en maandelikse ver
bruiksyfers) deur die Suid-Afrikaanse
Graaninligtingsdiens (SAGIS) bekend ge
maak word.
Hierdie syfers dra alles by
tot die deursigtigheid van die
plaaslike mieliemark. Dit is van
kardinale belang vir die op
timale funksionering van die
plaaslike mark – en om enige on
gerymdhede in die plaaslike mark
te voorkom.
Die invoer en uitvoer van
graan vind nie oornag plaas
nie. Die verskeie aspekte wat
daarmee gepaard gaan, strek
van die aankoop daarvan deur
internasionale lande op tenders
tot ander logistieke reëlings.
Die uitvoere is daarom reeds
’n geruime tyd voor die fisiese
aanvang daarvan in proses.
Aangesien slegs die fisiese
weeklikse handel aan SAGIS
en die mark gerapporteer was,
is ’n gaping in die inligting ge
identifiseer in terme van die
vooruitskouing van die moontlike
handel. Die vryemark kan slegs
optimaal funksioneer indien al die rolspe-
lers in die mark toegang tot dieselfde
inligting het. Graan SA het derhalwe ’n
aansoek ingedien dat die intensies van
handel (invoere en uitvoere) ook deur
SAGIS gerapporteer word.
Die Minister van Landbou, Bosbou en
Visserye het hierdie statutêre maatreël
gedurende Mei vanjaar goedgekeur en
die eerste inligting in hierdie verband is
einde Junie vir die eerste keer deur SAGIS
gerapporteer. Hierdie syfers toon die
invoere en uitvoere wat vir die agt weke
nadat die datum vir die nuutste fisiese
uitvoere gerapporteer is, beplan word.
Wat beteken
hierdie syfers?
Aangesien die handelsintensiesyfers, wat
nou deur SAGIS bekend gemaak word,
nuut in die plaaslike mark is, is daar nog nie
heeltemal sekerheid oor die gebruik en die
impak daarvan op die mark nie.
Die syfers weerspieël nou agt weke vooruit
se beplande handel (invoere en uitvoere).
Dit sluit tans net uitvoere in, aangesien daar
huidiglik ’n surplus mielies in die mark is
en geen invoere plaasvind nie.
Grafiek 2
toon die fisiese SAGIS-uitvoere,
tesame met die uitvoerintensies wat
ook deur SAGIS gerapporteer word. Die
weeklikse fisiese uitvoere is gerapporteer
tot en met die week geëindig 17 Augustus
vanjaar en die seisoen tot op datum se
kumulatiewe uitvoere vir die tydperk is
gerapporteer as 1,125 miljoen ton.
Die uitvoerintensies verteenwoordig die
daaropvolgende agt weke se inligting,
wat by die fisiese uitvoere gevoeg word.
Daarvolgens behoort die totale uitvoere tot
en met die week geëindig 12 Oktober 2018
ongeveer 1,4 miljoen ton te wees.
Dit dui op ’n verdere ongeveer 275 000 ton
se uitvoere wat in die daaropvolgende agt
weke kan plaasvind. Voor die publika
sie van die handelsintensiesyfers
was die hoeveelheid mielies wat ver
der uitgevoer sou word ’n ope vraag
en almal in die mark het nie toegang
tot hierdie inligting gehad nie. Die
fisiese syfers sou eers gerapporteer
word wanneer die uitvoere reeds
plaasgevind het – en die mark kon
dit nie vroegtydig in die berekeninge
verdiskonteer nie.
Ten slotte
Alhoewel die inligting soos dit nou
gepubliseer word redelik nuut in die
plaaslike mark is, is Graan SA van
mening dat hierdie inligting ook vir
produsente van groot waarde sal
wees, omdat hulle dieselfde inligting
as die res van die mark betyds tot
hul beskikking sal hê. Hierdie inligting
sal ook bydra tot die deursigtigheid
van die plaaslike mieliemark, aan
gesien dit meer detail inligting gee oor
die faktore wat die vraag en aanbod
van die plaaslike mark beïnvloed en
ook ’n impak op plaaslike pryse het.
Onthou: Hierdie intensies weerspieël nie
werklikhede totdat dit werklik plaasgevind
het nie, aangesien daar weens verskeie
redes steeds veranderinge kan plaasvind.
Dit moet steeds gesien word as ’n riglyn
wat wel kan verander.
SAGIS toon wel enige veranderinge in die
syfers op ’n weeklikse basis en hierdie
syfers moet voortdurend dopgehou word
wanneer berekeninge gedoen word.
“
Die vryemark kan
slegs optimaal
funksioneer indien
al die rolspelers in
die mark toegang
tot dieselfde
inligting het.
“