

October 2018
Om te
skiet
of
nie te
skiet
nie
D
ikwels word gevra wat die regte
van wettige vuurwapeneienaars
is. Dit is ’n uiters geldige vraag,
aangesien daar van vuurwapen
hanteerders verwag word om koelkop in
alle situasies te bly – selfs waar hul
geliefdes se lewens in gevaar is.
’n Vuurwapeneienaar het die reg om ’n
persoon te skiet wat ’n onmiddellike be
dreiging vir sy lewe of dié van iemand
anders inhou – of lewensgevaar vir ander
inhou sou die persoon nie gekeer word
nie. Vuurwapeneienaars kan volgens Ar
tikel 49 van die Strafproseswet slegs tot
hierdie stap oorgaan as daar geen ander
redelike wyse is waarop hy homself of
ander kan beskerm nie.
Mnr Nico Economakis, wapenhandelaar
en sekretaris van die Noordwes Praktie-
se Skietvereniging, waarsku dat wapen
eienaars nie die sneller moet trek bloot
om iemand af te skrik nie. “Wanneer jy wel
skiet, hou aan skiet tot die lewensbe
dreigende gevaar ophou.”
Wat dan?
As ’n indringer geskiet is, wat staan die
wapeneienaar te doen? Economakis beveel
aan dat die toneel onveranderd gelaat
word. “Die beste is om die wapen presies
daar waar jy was toe jy geskiet het, neer
te sit en dan die polisie te ontbied. Moenie
aan die toneel peuter nie. Dit is raadsaam
om ’n regsverteenwoordiger te skakel en
geen verklaring sonder regsadvies af te
lê nie. Moet jou ook nie teësit as die poli-
sie jou arresteer nie.”
Volgens Economakis maak die wet nie
melding van watter tipe wapen in dié geval
gebruik moet word nie.
’n Vrou mag byvoorbeeld haar egge
noot se wapen in ’n lewensbedrei
gende situasie gebruik.
’n Vuurwapen mag snags, buite die
wapenkluis, in ’n slaapkamer gehou
word. Dit mag in ’n voertuig wees – mits
die wapeneienaar ook in die motor is
– maar mag onder geen omstandig-
hede in die motor gelaat word nie; selfs
nie in ’n kluis in die motor nie.
Die Wapenwet bepaal dat ’n wapen
buite sig (versteek onder klere) in
’n holster gedra moet word. Daar is
verskeie tipes holsters in die handel
beskikbaar – hetsy vir die gordel, kuit,
skouer of bors.
Oefen gereeld
Economakis raai vuurwapeneienaars aan
om by ’n skietklub aan te sluit en wel vir
die volgende redes:
Wapeneienaars kry só die geleentheid
om met hul wapens te oefen en ver-
troud daarmee te raak.
Wapeneienaars het via die klub toe
gang tot die nuutste inligting oor
wapenwette en dies meer.
Die klub of geaffilieerde vereniging kan
met wapenlisensie-aansoeke help.
“Die grootste fout wat ’n wapeneienaar kan
maak, is om ’n wapen te besit waarmee hy
nie vertroud is nie.” Hy meen as iemand ’n
wapen besit, maar nooit daarmee oefen
nie, dit beter is om ’n krieketkolf te gebruik.
Dit is verder belangrik dat wapeneienaars
die beste ammunisie koop wat hulle kan
bekostig en gereeld skiet, sodat ammunisie
nie oud raak nie (dit moenie ouer as ses
maande wees nie). Wapeneienaars moet
verseker dat die ammunisie wel doeltref
fend in hul wapen werk; daarom is
gereelde oefening noodsaaklik.
p
l
a
a
s
s
e
k
u
r
i
t
e
i
t
Kollig
Karina Muller,
SA Graan/Grain
medewerker
en mahemspesies oor die laaste tien jaar
met 90% afgeneem het weens on
oordeel
kundige gebruik van honde.
Hoewel daar voldoende wetgewing in plek
is – soos die Veediefstalwet, Wilddiefstal
wet, Omgewingsbestuur: Biodiversiteits
wet, Dierebeskermingswet, Strafproseswet
en Natuurbewaringsordonnansies – word
dit bloot deur onwettige jagters geïgnoreer.
'n Groot aantal van dié sake word nooit
opgelos nie en lei tot frustrasie aan die kant
van die grondeienaars. Agri SA maan egter
in hul verslag dat uiterste versigtigheid aan
die dag gelê word.
Die verslag waarsku veral teen vigilante
optrede, wat tot vervolging kan lei. Die
organisasie beveel aan dat die polisie on
middellik geskakel word wanneer grond
eienaars honde wat verwoesting saai, op
hul plase aantref. Grondeienaars word ook
aangeraai om hul veiligheidsnetwerke om
hulp te skakel.
Die SAPD raai aan dat die honde, indien
moontlik, gevang word en aan die DBV
oorhandig word. Sommige natuurbewa
ringsordonnansies laat wel toe dat die
honde geskiet word, maar die SAPD beskou
dit as ’n waagstuk. Hoewel grondeienaars
die reg het om in selfverdediging te skiet om
hul eiendom te beskerm, kan dit negatiewe
gevolge hê.
Agri SA gee die volgende riglyne:
Maak bewyse bymekaar en beskerm die
misdaadtoneel tot die polisie opdaag.
Moenie die saak met moontlike getuies
bespreek nie.
Neem foto’s.
Kontak natuurbewaringsorganisasies
en die DBV, wat honde kan konfiskeer.
Open ’n saak van doelbewuste saak
beskadiging as honde skade aangerig
het.
As jag voorheen op die grond toege
laat is, moet ’n wettige proses gevolg
word om bure, inwoners en lede van
die gemeenskap in te lig dat dit nie
meer die geval is nie.
Graan SA/Sasol fotokompetisie
– Charlotte Pistorius 2017
Wapeneienaars moet gereeld oefen sodat hul
vertroud is met hul wapens.
39