

Wees veilig
– hier is wenke
“P
laasveiligheid is ’n uitdaging wat veel groter as ’n
enkele organisasie, gemeenskap of owerheidstruktuur
is,” aldus mnr Dan Kriek, president van Agri SA.
Kriek sê in Agri SA se jongste verslag oor
plaasveiligheid: “Die werklikheid van plaasaanvalle is skrikwekkend
en ’n mens word geskok deur elke voorval – ongeag hoeveel maal jy
daarmee gekonfronteer word”.
Die veiligheidslessenaar van Vrystaat Landbou (VL) het slagoffers
van plaasaanvalle in dié provinsie ondervra en gevind dat aanval
lers hulle vooraf deeglik dopgehou het en inligting oor hul roetine,
hul honde en veiligheidstelsels gehad het.
“Navorsing toon dat plaasaanvalle meestal goed beplan en uitge-
voer word, dus word die moontlikheid van sindikate en
georganiseerde groeperings nie uitgesluit nie,” sê dr Jane Buys, vei
ligheids- en risiko-analis van VL.
Volgens statistiek wat deur Agri SA bekend gemaak is, het die mees
te plaasaanvalle die afgelope vyf jaar in die Noordwes Provinsie
(24%) voorgekom, gevolg deur Gauteng (21%) en KwaZulu-Natal
(15%).
“Tog staan die boerderygemeenskap nie alleen in die stryd
teen misdaad nie en met ’n bondgenoot soos die Agri Securitas
Trustfonds maak produsente steeds planne om hul eie en hul
plaaswerkers se veiligheid te verseker. Die Trustfonds maak vir jare
reeds ’n finansiële bydrae tot boereverenigings om hulle by te staan
in die stryd teen plaasaanvalle en misdaad,” sê mnr Kobus Visser,
direkteur: Landelike veiligheid en provinsiale sake by Agri SA.
Prof Rudolph Zinn van die Departement Polisiepraktyk aan Unisa
en voormalige polisieluitenant, doen omvangryke navorsing oor
residensiële rooftogte. Hier is enkele van sy bevindings:
Agt uit elke tien rooftogte word uitgevoer met die hulp van
werkers en voormalige werkers.
Booswigte kan die huis vir so lank as twee weke dophou.
Die meeste aanvalle vind tussen 19:00 en middernag plaas,
wanneer huismense TV kyk, kosmaak of ontspan.
97% van die rowers is gewapen.
Gewapende bendes bestaan gemiddeld uit vier lede.
Enigiemand wat sigbaar welaf is (en ’n groot huis, duur juwele
en spogmotors het) is ’n teiken.
Die gemiddelde inbreker is tussen 19 jaar en 26 jaar oud.
Gemiddeld 30% van alle aanvallers het voorheen gemoor of sal
nie huiwer om te moor nie.
Slegs 17% van aanvallers is buitelanders.
Die gemiddelde rower is by 103 rooftogte betrokke voor hy in
hegtenis geneem word.
Rowers word afgeskrik deur elektriese heinings, rigstrale
(
beams
), geslotebaan-TV en klein honde binne-in die huis. Hulle
word nie noodwendig afgeskrik deur alarms en gewapende
reaksiedienste nie.
SA Graan/Grain
het met kenners op dié gebied gesels en die
volgende lys wenke uit die gesprekke saamgestel.
Bly binne en ontbied hulp as jy snags vreemde geluide buite
hoor. Rowers wil jou uit jou veilige ruimte (blyplek) kry en doen
dinge soos brandstigting of oopdraai van krane om jou na buite
te lok. Skakel die binneligte af en gebruik nagsigapparaat om te
kyk wat buite aangaan. Reageer vanuit jou veilige ruimte.
Ken jou bure en handhaaf goeie betrekkinge. Hulle is die naaste
en kan jou die vinnigste bereik in geval van nood. Hulle kan
ook sien as enigiets verdag voorkom. Sorg dat jy hul tele
foonnommers ken.
Sluit aan by ’n buurtwag of -patrollie (veiligheidsnetwerk). As
daar nie een in jou omgewing is nie, neem leiding en stig een.
Bly waaksaam. Moenie dink dat jy nie aangeval sal word nie;
dit gebeur oral.
Mense op plase en hoewes het dikwels ’n vaste roetine. Dit
kan positief én negatief wees. Verander jou roetine in jou
onmiddellike omgewing van tyd tot tyd, maar onthou dat roetine
in ’n gemeenskap daartoe kan bydra dat mense vir mekaar
uitkyk. As jy en jou buurman byvoorbeeld elke oggend by
p
l
a
a
s
s
e
k
u
r
i
t
e
i
t
Kollig
Karina Muller,
SA Graan/Grain
medewerker
Cut losses with
PRECISION
Plant with
VISION
Process Monitor
for Air Seeders
• Area
• Speed
• Tacho up to 4 axles
• Alarm on each function
• Easy to install
• Bin / Tank full
• Bin / Tank empty
Proudly Made
in South Africa
Tel: 012 345 3193
Fax: 012 345 6763
Web: www.electrolee.co.za
Email: info@electrolee.co.za
Sales: sales@electrolee.co.za
Planter Monitor
• Seed per 100m per row, seed population
• Hectares worked and much more
• Easy to install and maintain
• Fertiliser and turning of axles
• Can be applied to most planters
• Real tough, rust and water resistant