

NAMPO Kaap
se toekoms lyk BLINK
’n
Nuwe NAMPO-seisoen het aan-
gebreek. Toe die helder Overberg-
son op Woensdag, 12 September,
oor die groen koring- en goudgeel
ka olalande digby Bredasdorp Park kop
uitsteek, het Graan SA se werk en deelname
in die Wes-Kaap se graangebiede ’n nuwe
era begroet.
Met professionele, hartlike ontvangs en
dienslewering het Graan SA en die Bre-
dasdorp Park NPC, ’n see van voertuie van so
ver soos Limpopo, die Vrystaat en Gauteng
in die Overberg sien inrol. Altesaam 16 245
besoekers het NAMPO Kaap bygewoon. Dit
is 100% meer as waarvoor begroot is en
oor die drie dae is miljoene rande se
transaksies beklink. Uitstallers, verskaffers,
besoekers en media is dit eens: Die nuweling
het gekom om te bly – en te groei.
Die eerste NAMPO Kaap word uit alle
oorde as ’n reusesukses beskou. By die
netjiese, skoon terrein en uitstallokale
was daar trekkerdemonstrasies, demon-
strasieproewe, lewende hawe, skeerhok- en
skeerdemonstrasies, ’n wolproduksieskou,
’n leersame damesprogram, ’n jeugskou,
Nasie in Gesprek
-paneelgesprekke en nuwe
werk- en voertuie, te kies en keur.
Volgens mnr Jannie de Villiers, HUB van
Graan SA, lê die grootste waarde van ’n
jaarlikse ekspo in die Wes-Kaapstreek in
die ongelooflike netwerkgeleentheid wat dit
bied.
Nuwe vennote, verskaffers en deurbrake in
tegnologie en produkte word ontdek, pryse
word vergelyk en ekspowinskope aangeskaf.
“Hier praat ons oor ’n koppie koffie oor
oplossings en het ons 'n geleentheid om
aan landbou se beeld, as tegnologies-ge-
vorderde voedselvervaardiger, te bou.”
De Villiers sê Graan SA het as ’n vennoot
by NAMPO Kaap betrokke geraak. “Ons
bring ons kundigheid, ondervinding en
sagtewarestelsels en as infrastruktuur-
bestuurders lê Bredasdorp Park NPC
se bydrae in hul verhouding met die
plaaslike leiers en gemeenskap en hulle
dienstenetwerk,” sê hy.
23
November 2018
GRAAN SA
Terugblik op NAMPO Kaap
1: Een van die Boontjieskraal Landgoed-spanne onder leiding van Richard Krige by NAMPO Kaap
was Martin Julies, Noal Williams, Johannes Hoofd, Cobus van Schoor, Dirk Cupido, Adam Mosses,
Dawid Januarie en Godfrey Theunissen.
2: Dié drie manne van Van Zyl’s Damme digby Ladismith in die Klein Karoo was opgewonde
en uitgesproke oor die wye keuse van nuwe tegnologie: George Masango, Daniël van Wyk en
Jakobus Peceur.
JAN GREYLING,
SA Graan/Grain
medewerker
Deel 1
1
2