

Junie 2018
50
op plaasvlak
Deel 5
Luan van der Walt,
landbou-ekonoom, Graan SA
saamgevat
Na-stroopbemarking
Reeks
Neem mark in geheel in ag
i
n die voorafgaande gedeeltes van dié kort reeks – wat ge
strek het oor die afgelope vier maande (Februarie tot Mei)
– is hoofsaaklik gefokus op na-stroopbemarking, wat ingesluit
het: Die agtergrond vir na-stroopbemarking, faktore wat in
gedagte gehou moet word wanneer dit oorweeg word, die
verskillende alternatiewe wat oorweeg kan word en ook
praktiese voorbeelde om die berekeninge daarvan te verstaan.
Hierdie gedeelte is ‘n samevatting van die reeks om die faktore wat
in gedagte gehou moet word wanneer na-stroopbemarking gedoen
word, uit te lig.
Agtergrond
Die volatiliteit van Suid-Afrikaanse graanpryse is, onder andere,
een van die groot uitdagings waarmee plaaslike graanprodusente
gekonfronteer word, wat ‘n noemenswaardige impak op hul wins
gewendheid kan hê. Dit is juis as gevolg van dié volatiliteit dat
graanbemarking en -verskansing kernbelangrik is. Daarom moet
seker gemaak word wat die verskeie alternatiewe is wat vir dié
doeleindes beskikbaar is.
Die bemarking en/of verskansing van graan kan hoofsaaklik in
twee hoofkategorieë verdeel word, naamlik voorseisoenverskan
sing en na-seisoen- of na-stroopbemarking.
Voorseisoenbemarking of -verskansing verwys na wanneer sekere
posisies in die mark as beskerming teen ongunstige prysbewegings
ingeneem word om sodoende prysrisiko te bestuur.
Na-stroopbemarking verwys na die bemarking van graan wat
plaasvind wanneer dit reeds gestroop is. Die stoor van graan met die
oog daarop om dit later te verkoop, is sekerlik een van die bekendste
na-stroopstrategieë wat aangewend word. Ander strategieë wat
spesifiek vir dié doeleindes aangewend kan word, is ook beskikbaar
en sluit die gebruik van afgeleide instrumente op die Safex-mark in.
Indien daar, om welke rede ook al, nie genoeg voorseisoenverskan
sings in plek is nie en die uitdaging van lae graanpryse teen
strooptyd kop uitsteek, speel na-stroopbemarking ‘n kritieke rol in
die winsgewendheid van die boerdery. Dit is belangrik om kennis
te dra van die verskillende bemarkingsalternatiewe wat oorweeg
en uitgevoer kan word – ten einde voordeel te trek sou die mark
deur die loop van die seisoen meer gunstig verhandel en kan bydra
tot ‘n beter prys en beter winsgewendheid.
Wat is die doel daarvan?
Een van die belangrikste aspekte wat in gedagte gehou moet word
by na-stroopbemarking, is wat die doel daarvan is. Wanneer die
doel van ‘n na-stroopbemarkingstrategie bekend is,sal dit jou in ‘n
meer gunstige posisie plaas en kan jy die regte besluite neem oor
die strategieë wat jy wil volg.
Die hoofdoel is dus om ‘n beter prys vir die geproduseerde graan
te realiseer. Dit kan deur middel van verskeie alternatiewe bereik
word – wat strek vanaf die fisiese stoor van die graan tot en met die
gebruik van afgeleide instrumente op die Safex-mark.
Hou in gedagte dat risikobestuur met die gebruik van dié strate
gieë steeds van kardinale belang is en alhoewel produksierisiko
aansienlik laer met na-stroopbemarking is, omdat daar reeds ‘n
aanduiding is van hoeveel tonne vir verkoop beskikbaar is, moet
die hoogste moontlike prys met die minste moontlike risiko daaraan
verbonde steeds die oogmerk wees.
Produsente moet hul ook vergewis van die risiko’s verbonde aan
die gebruik van die verskillende strategieë. Hulle moet ook seker
maak hul weet wat die onderliggende faktore is waarop gelet moet
word wanneer hulle dié besluite neem.
Faktore waarop gelet moet word
Daar is ‘n reeks faktore waarop gelet moet word wanneer na-
stroopbemarkingstrategieë oorweeg en gebruik word. Dié wye
reeks faktore strek vanaf die onderliggende faktore wat grootliks
die beweging van die markprys deur die loop van die seisoen be-
hoort te bepaal, tot en met die impak wat die verskillende strategieë
op die besigheid kan hê.
Van die vernaamste aspekte waarop gelet moet word, word
vervolgens bespreek.
Prys- en risikobestuur
Oor die algemeen is graanpryse onder normale omstandighede
die laagste tydens strooptyd wanneer graan gelewer word. Daarom
moet alternatiewe strategieë gevolg word om ‘n beter prys te
realiseer.
Aangesien die doel van bemarking is om pryse te bestuur son
der om groot risiko’s aan te gaan, moet seker gemaak word dat
die risiko’s verbonde aan die strategie in ag geneem word en