

Junie 2018
56
Argentynse
en
plaaslike
praktyke
in proewe vergelyk
N
a wederkerige besoeke van afgevaardigdes van
Graan SA en Argentinië in 2010 – van Argentinië en Suid-
Afrika onderskeidelik – is daar ooreengekom om die
Argentynse direkte manier van plant in gewasredidue met
nou plantrye en hoë plantdigthede in Suid-Afrika te toets.
Die primêre vereiste vir die Argentynse stelsel was dat Argentynse
geenbewerkingplanters gebruik moes word. Laasgenoemde stelsel
sou dan in verskillende produksiegebiede met die bestaande
plaasstelsels onder verskeie gewasse in terme van sekere gewas-
en grondeienskappe vergelyk word, met die oogmerk om die beste
Argentynse praktyke vir plaaslike toestande aan te pas.
Vir hierdie doel is ‘n formele ooreenkoms in 2011 tussen
Graan SA en die National Institute for Agricultural Technology
(INTA) in samewerking met die Argentina Chamber of Implement
Manufacturers (CAFMA) en Foundation: Implement Development
(CIDITER) aangegaan.
Daar is ook ooreengekom dat dit demonstrasieproewe moes wees
met geen herhalings of ander statistiese vereistes nie. Beginnende
by die 2012/2013-seisoen, het die proewe oor drie seisoene heen
gestrek en is dit in vier agro-ekologiese gebiede uitgevoer, naamlik:
Settlers, in die Springbokvlakte, met ‘n warm, semi-ariede
klimaat, op ‘n swaar klei (turf)-grond.
Nigel, met ‘n koel, humiede klimaat, op ‘n diep sandleem- tot
sandkleileemgrond.
Odendaalsrus, Noordwes-Vrystaat, met ‘n warm, semi-ariede
klimaat, op ‘n sandgrond.
Lichtenburg, met ‘n warm klimaat, op ‘n goed gedreineerde, diep
sandkleileemgrond.
Die volle omvang van die Argentynse bewaringslandbou-produk
siestelsel behels:
Totale bedekking van die grondoppervlak met gewasredidue.
‘n Wisselboustelsel van gewasse.
Plantrye moet 52 cm of nouer wees.
Plantdigtheid moet bo 38 000 plante/ha wees.
Slegs kouters moet gebruik word omminimum grondversteuring
te veroorsaak.
Plantrigting moet jaarliks met 30° roteer ten einde die totale
grondoppervlak te gebruik en ook om verskuiwing van
gewasredidue te voorkom.
Bespuiting moet teen ‘n 30°-hoek saam met die plantrye gedoen
word.
Die produsentemedewerkers, naamlik mnre Willem Groothof
(Good Hope, Settlers), Tony da Costa (Manjoh Ranch, Nigel), David
Maree (Leeuwkuil, Odendaalsrus) en Arno van Vuuren (Lichtenburg),
het ingewillig om proewe uit te voer waar die Argentynse direkte
manier van plant in stoppelreste met nou plantrye en hoë
plantdigthede met bestaande plaasstelsels onder verskeie gewasse
vergelyk word.
Die produksiepraktyke en opbrengste van die eerste drie mede
werkers van die 2011/2012- tot 2013/2014-seisoene word in ‘n reeks
van twee artikels bespreek. Die Lichtenburgproef is ongelukkig na
twee seisoene gestaak en word nie ingesluit nie.
Agronomiese praktyke op proewe
Tabel 1
tot
Tabel 3
(op bladsy 59) bevat ‘n opsomming van agrono-
miese praktyke wat in die proewe in die 2013/2014-seisoen gevolg is.
In die tabelle word ‘n duidelike onderskeid getref tussen die praktyke
wat met die Argentynse stelsel en bestaande plaasstelsels gevolg
is.
Foto 1
en
Foto 2
toon die plantaksies op Good Hope en Manjoh
Ranch met die Apache- en Pierobon-planters, onderskeidelik.
op plaasvlak
Agronomiese praktyke / Argentynse stelsel / Verskillende streke
Bewaringslandbou
Dr Danie Beukes,
onafhanklike grondkundige
Deel 1: Agtergrond en proefpraktyke
1: Die plant van graansorghum op
Good Hope met die Apache-planter.
1