

Hoe
vergelyk
landbouchemiese
pryse met verlede jaar s’n?
o
p internasionale markte, veral in China, het pryse van
aktiewe bestanddele van landbouchemikalieë die af
gelope tyd uitermate gestyg.
Die rede wat hiervoor aangevoer word, is dat die
Chinese regering tans besoedelingswetgewing besonder
streng implementeer. Heelwat aanlegte word as gevolg hiervan ge
sluit en dit het die aanbod van aktiewe bestanddele beperk en pryse
opgejaag. Dit is belangrik om in ag te neem dat ‘n groot aantal van
die multinasionale maatskappye se produkte nie vanaf China
ingevoer word nie en daarom nie dieselfde stygings deur behoort
te gee nie.
In die Wes-Kaap maak landbouchemikalieë tussen 16% en 20% van
‘n koringprodusent se lopende produksiekosterekening uit, terwyl
dit in sekere dele van die somergewasproduserende dele onder 5%
uitmaak. Produksiepraktyke soos geenbewerking, asook die uitda
ging van onkruiddoderweerstand in die Wes-Kaap, het veroorsaak
dat kostes van landbouchemikalieë uitermate styg.
Deurlopende monitering van insetpryse is krities om seker te maak
die regte prys vir die regte kwaliteit betaal word. Plaaslike graan- en
oliesadeprodusente betaal reeds invoerpariteit vir die meeste van
hul insette – wat dit ‘n groot uitdaging maak om met internasionale
eweknieë te kompeteer.
Hoe groter die koste aan landbouchemikalieë, hoe belangriker is dit
dat produsente die regte prys vir hul landbouchemikalieë betaal.
Suid-Afrika voer basies 100% van sy landbouchemiese behoeftes
in; daarom speel internasionale pryse en die wisselkoers ‘n bepa
lende rol in die samestelling van plaaslike pryse. Nie net dít nie, hoe
die finale produk vanaf invoere tot by die eindverbruiker, die koring
produsent, beweeg, speel ook ‘n bepalende rol.
In hierdie artikel word tendense in internasionale landbouchemiese
pryse uitgewys en ook met gemiddelde plaaslike prystendense
vir landbouchemikalieë vergelyk. Kyk hoe jou tendense hiermee
vergelyk en gee gerus aan ons terugvoer daaroor.
Corné Louw,
senior ekonoom, Graan SA
Inset
-oorsig
op plaasvlak
Junie 2018
48
ONKRUIDDODERS – JAAR-OP-JAAR-VERANDERINGS IN DOLLARTERME (APRIL 2017 TOT APRIL 2018)
APRIL 2017
APRIL 2018
%-VERANDERING
$/TON
$/TON
Glifosaat (95%)
3 893
4 307
+10,6%
Asetochloor (92%)
2 623
4 055
+54,6%
Atrasien (97%)
2 694
3 822
+41,9%
Metolachloor (97%)
3 411
4 428
+29,8%
Trifluralien (95%)
4 390
4 832
+10,1%
R/$
13,46
12,09
-10,2%
ONKRUIDDODERS – JAAR-OP-JAAR-VERANDERINGS IN RANDTERME (APRIL 2017 TOT APRIL 2018)
APRIL 2017
APRIL 2018
%-VERANDERING
R/TON
R/TON
Glifosaat (95%)
52 396
52 067
-0,6%
Asetochloor (92%)
35 309
49 022
+38,8%
Atrasien (97%)
36 260
46 203
+27,4%
Metolachloor (97%)
45 916
53 540
+16,6%
Trifluralien (95%)
59 083
58 418
-1,1%
Tabel 1: Onkruiddoderpryse.