

53
June 2018
aanspreek deur die kilogram graan wat per millimeter water
geproduseer word, meer diepgaande te ontleed.
Eko-doeltreffendheid
Die konsep van eko-doeltreffendheid beteken die doeltreffende
en volhoubare gebruik van hulpbronne in akkerbouproduksie en
grondbestuur, met die strategie om meer voedsel te produseer
sonder om meer grond, water en energie-gebaseerde insette te
gebruik. In die proses is dit egter belangrik om nie net die negatiewe
ekologiese impak te minimaliseer nie, maar ook om gewasproduksie
te maksimaliseer en eko-stelseldienste te verbeter.
Agtergrond
In Suid-Afrika word ongeveer 90% van die hektare waarop
mielies geplant word, onder droëlandtoestande gedoen – wat die
belangrikheid van die optimale benutting van die water en grondvog
beklemtoon. Die doel van die reeks artikels wat hierop volg, is om die
beginsel van die berekening te verduidelik sodat produsente dit self
kan doen en meer en meer in hul eie boerderye en omstandighede
kan toepas.
Dit is ook belangrik dat produsente nie net die berekeninge doen
nie, maar dat hulle ook die inligting daadwerklik ontleed en tendense
daaruit kan aflei ten einde vas te stel of daar jaar-op-jaar verbeteringe
in die doeltreffendheid van produksie waargeneem kan word.
Produsente moet ook hul eie situasies en doeltreffendheid meet aan
die werklike potensiaal en ook vergelyk met ander gedeeltes van
die land – of selfs in dieselfde streek – om vas te stel of hul bo of
onder die gemiddelde is. Dit sal produsente dwing om meer
indringend na oplossings en alternatiewe te kyk.
In die res van die reeks sal daar gemiddeldes uit verskillende
gebiede van die land se produksie-areas met mekaar vergelyk
word op grond van reënvalgemiddeldes wat vanaf verskillende
weerstasies van die Landbounavorsingsraad (LNR) in die gebiede
verkry is – en ook gemiddelde opbrengsdata wat vanaf die Nasio
nale Oesskattingskomitee (NOK) verkry is. Dit behoort verteen
woordigende gemiddeldes in die verskillende streke te weerspieël.
Produsente word daarom aangemoedig om hul eie data te verwerk
en daarmee te vergelyk. Daar gaan ook in sekere gedeeltes van
produsente se inligting gebruik gemaak word. Indien daar produ
sente is wat bereid is om inligting vir die skryf van die artikelreeks
met ons te deel, is hul welkom om met ons in verbinding te tree.
Die berekeninge
Alhoewel daar ‘n groot aantal verskillende veranderlikes is wat in
gedagte gehou moet word in die berekening van die kg graan/mm
beskikbare water, is dit wel noodsaaklik dat daar konsekwentheid
in die berekening daarvan is. Die inligting tot die produsent se
beskikking is een van die faktore wat wel ‘n invloed het op die
formule wat gebruik word.
Die inligting wat in die res van die reeks artikels gebruik gaan word,
is maandelikse reënvalsyfers soos gemoniteer deur die verskillende
weerstasies verskaf deur die LNR-Grond, Klimaat en Water (GKW),
asook die NOK se opbrengsinligting per seisoen vir ‘n spesifieke
streek. Die seisoen is bereken vanaf Augustus tot April – met die
aanname dat 20% van die reën wat gedurende Mei tot Julie val, deel
vorm van die volgende seisoen se plantbeskikbare water.
Reënval per seisoen = (mm reën Augustus, jaar 1 tot April, jaar 2) +
(20% x mm reën Mei tot Julie, jaar 1)
Kg graan/ha = NOK-opbrengs x 1 000
Kg graan/mm water = kg graan/ha/reënval per seisoen
Ten slotte
Die hoofdoel van die reeks artikels sal wees om meer lig te werp op
die beginsels vir die berekening van waterverbruiksdoeltreffendheid
in graanproduksie. Dit is belangrik dat produsente hierdie bere
keninge doen en hulself meet aan die norme wat beskikbaar is
ten einde vas te stel of hul eie effektiwiteit en doeltreffendheid bo
of onder die norm (potensiaal) is en dan vas te stel wat die redes
daarvoor kan wees.
Verskeie internasionale studies het al aangedui dat die potensiaal
vir mielieverbouing tussen 15 kg en 20 kg graan/mm water/jaar is.
Die gemiddeld vir Suid-Afrika is ongeveer 8 kg graan/mm water/jaar
en die gemiddelde in verskillende streke van die land sal in die
volgende gedeeltes van die reeks bespreek en aangedui word.